Getroud sonder parool

28 03 2011

Die filosofie agter ‘n huwelik is seker baie eenvoudig.  Twee mense wat ringe ruil en dan een word om die res van hulle lewe saam deur te bring.  Bla Bla Bla saam met ‘n emmer vol kots.  Veral ten opsigte van die mense wat dit baie letterlik opneem. 

Ek sweer daar is mense wat glo dat hulle die helfte van elke asemteug aan hulle ander helfte moet afstaan.  Dit is asof hulle nie ‘n volle skoot asem kan kry as hulle nie elke oomblik van elke dag bymekaar kan deur bring.  Natuurlik is dit seker nutteloos om met iemand te trou as jy verbete aan jou vryheid as ‘n enkellopende gaan vasklou.  Natuurlik moet daar tyd saam deur gebring word en weeg die een waarmee jy getroud se belange nogal swaar. 

Beteken dit nou opsluit dat julle nou mekaar se spieëlbeeld moet wees?  Dat julle alles uit een mond moet sê, presies dieselfde belangstellings moet hê en alles saam moet doen?  Beteken ‘n trouring dat ‘n brein nie meer onafhanklik kan werk nie? 

As dit die geval is, is die liefde oftewel ‘n huwelik dan, ‘n tronk.  Daar is ‘n gesegde dat selfs ‘n goue kou nog steeds net ‘n hok is.  Dit ontneem jou van jou vryheid.  Daar kan seker geredeneer word dat jy die dag wat jy trou vrywillig jou vryheid opgee.  Hoe vrywillig kan dit wees as jy die heeltyd opgepas word? 

Dit is waarop dit vir my neer kom.  Die mense wat elke beskikbare oomblik van elke dag opsluit saam met jou huweliksmaat moet deurbring, misbruik liefde as ‘n verskoning om tronkbewaarder te speel.  Liefde sal mos nie verwater om ‘n uur weg van die ander deur te bring nie?  Hoekom anders sou ‘n man byvoorbeeld daarop aandring om vinger alleen tussen 4 vroue te kuier?  Of ‘n vrou wat nooit van rugby gehou het nie, opsluit saam na elke wedstryd gaan?

Ongeag van hoe oulik jou man of vrou is, daar is tye wanneer ‘n Y chromosoom ‘n vereiste / oorbodig is. 

Dit is tog maklik om iemand te dwing om aan jou getrou (en getroud) te bly.  Tog lê die sukses van ‘n huwelik daarin dat die paar ongedwonge by mekaar bly.  Selfs word hulle nie die heeltyd opgepas nie.

Is ek ‘n verbitterde oujongnooi of laat sommige mense jou ook naar word?

Breinvasbrand:  Met wie was Elizabeth Taylor twee keer getroud?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Monopoly.

Advertisements

Aksies

Information

18 responses

28 03 2011
seegogga

Elizabeeth taylor was 2x getroud met Richard Burton.

28 03 2011
Olga

eerste.
Richard burton.
Wee jy grieters, fr manny het sondag gepraat dat vas nie soseer gaan om minder kos te eet nie. Hy se n ou gifbek soos die uwe sal God meer behaag deur n vas van kritiek, te vas deur nie gif te spoeg nie, te vas deur nie te praat wat nie goed is nie. Toe kon ek die waarde van so n vas insien. Maar wragtig, tussen jou en vodacom is dit groot moeite om nie gal te braak nie.

28 03 2011
Olga

skuus krappie, dit het alweer 18 minute geduur vir my 5c om deur te gaan. Dit nogal van my selfoon af.

29 03 2011
leonvonmoltke

Niks in huwelike is baie eenvoudig nie 😉

29 03 2011
demoerin

As jy nie iemand in ‘n verhouding kan vertrou nie (of as jy iets doen wat aanleiding gee tot die feit dat jy nie vertrou kan word nie) is julle albei besig om julle tyd te mors.

29 03 2011
J W W

Wel, vir my is my vryheid BAIE belangrik – ek sal nie survive as ek so baye tyd met iemand moet deurbring nie, ek stel my onafhanklikheid hoog op prys.

Van die beste huwelike wat ek al gesien het, van ouer paartjies wat al baie baie jare saam is, is dat beide mekaar spasie gee en vrye tyd gun om sy eie ding te doen, maar gemeenskaplike vertroue is die sleutel in die gevalle.

:mrgreen:

29 03 2011
Twilight

Ons was gister 14 jaar getroud en het mekaar baie geluk gewens dat ons dit al so lank met mekaar uithou… Nee wat, ek grap! Eintlik was die huwelik redelik “effortless” tot hier. Ons doen soveel goed as moontlik saam – veral omdat ons kinders nog klein is en ons voel ons het hulle mos nie gehad sodat al vier van ons elke dag sy eie rigting spat nie en omdat die tyd wat ons saam het as gevolg van Dirk se werksprogram maar min is. Maar ek weet dit sal later heel moontlik verander. Die kinders sal meer onafhanklik word en mens se allokasie van tyd sal verander. Ons hoef nie 24 uur ‘n dag in mekaar se oë te kyk nie, maar dit is ook tog lekker om goed saam te doen. Daar is stokperdjies wat ons NIE deel nie – Dirk is liewer vir sport doen en kyk as ek. Die kere wat hy tyd kry om altletiekklub toe te gaan, stuur ek hom in vrede. Of golf speel. En ek sal makliker in die tuin grawe of DIY goed aanpak as Dirk. Maar ons is albei mal oor musiek en luister dit graag saam of ek sal klavier speel en hy sing. En “shop” doen ons graag saam – al is dit net in vensters kyk en droom 🙂 Dirk is een van die rare mans wat nie ongeduldig raak met vrouens se lus vir inkopies doen nie. Ons ry ook graag rond en kyk na mooi plekke. Of gesels sommer net. Ons stem beslis nie oor alles saam nie, maar ons is op dieselfde golflengte.

29 03 2011
BB

Ek het nou ‘n laaaaaang comment geskryf – en ja… weg is hy 😕
Lang storie kort: elke diertjie sy plesiertjie. Elkeen maak soos hy wil. Ek het 2 huwelike agter my waar my mans se persoonlike ‘spasie’ en ‘onafhanklikheid’ erg misbruik is 😦 (en nee, ek is baie beslis en alles behalwe ‘skuldig’ daaraan.)
Nou het ek ‘n Liefie wat ons verhouding ernstig opvat. Dalk té in sommige mense se oë – maar met die beste intensies en vrek goeie redes.
Tyd kan jy nie koop nie. Verlore tyd nie opmaak nie. Ek sê vir niemand om dit só te doen nie. Ek skryf aan niemand voor hoeveel ruimte genoeg is vir ‘n gesonde verhouding. Ek weet net ek het een van die gesondste verhoudings in my verwysingsraamwerk. En ek is vrek dankbaar daarvoor.

29 03 2011
PlaasJuppie

Om committed aan iemand te wees (en dit beteken nie noodwendig ‘n ring nie) is allermins om daardie persoon 24/7 te moet oppas, want dan is dit ‘n tronk soos jy tereg sê.

Om committed te wees aan iemand beteken wel dat jy 24/7 in jou maat se geselskap WIL wees. Dit beteken ook dat jy jou maat die vryheid bied van tyd saam met sy/haar vriende te spandeer en sy/haar belangstellings uit te leef, maar dat jy met afwagting sal uitsien na julle saamtyd daarna.

Ek is committed aan my Lyfie, en na twintig jaar (ses getroud) is ek steeds bly om haar te sien as sy smiddae van die werk af kom. Ek hou steeds haar hand vas as ons sit en TV kyk en WIL ek steeds elke vry oomblik saam met haar spandeer, want more is sy dalk nie meer daar nie. As dit iemand siek laat voel is ek jammer, want vir my is dit soos dit hoort.

29 03 2011
Seekat

Alles in die lewe het seisoene in die eerste ruk van n huwelik dit is die eerste 2 tot 5 jaar kan nie vergelyk word met die 20 ste tot 26ste jaar van n huwelik nie. As jou kinders klein is is dit tyd om kinders groot te maak gaan hulle skool is dit weer n ander seisoen. Dan is daar die seisoen waar jou eie ouers of skoon ouers doodgaan en dan verander jou eie uitkyk op die lewe en weet jy dat jy eendag self daardie pad gaan loop. So as jy na n huwelik kyk moet jy eers vasstel waar is hulle seisoen nou want ek dink dat die een is nie veel anders as die ander nie dit is net waar is jy in die seisoen van jou lewe.

Spandeer jy baie tyd saam met my vrou ja so veel as moontlik 24 uur nee want ek moet werk. Weet sy wat jy elke oomblik doen nee vertel jy haar meestemaal hoekom nie alles nie? want daar is sekere goed wat net mans verstaan en dit is n mors van tyd om dit te probeer verduidelik vir n vrou. Dink jy sy vertel jou alles? ek weet nie ek dink dat sy met verloop van tyd my alles vertel maar soms hoor ek net wat ek wil. Nog n mans kwaal. Stry julle? natuurlik anders was die lewe vervelig as almal net saam stem. Wie se standpunt word dan aanvaar? Myne natuurlik en my vrou dink natuurlik dat haar standpunt aanvaar word.

Hoe ouer ons verhouding word hoe makliker word dit. In die begin was daar baie passie met lekker groot argumente maar die opmaak was alles die moeitewerd. Ek is net oor een ding baie bly dit is dat ek net een huweliks maat het en nie nodig gehad het om weer van voor te begin het nie. Ek het baie simpatie met sulke mense.

29 03 2011
Gerda.J

Getroud hoef nie op lewenslange tronkstraf uit te loop nie. ‘n Woordjie vanraad van ‘n gek wie dit destyds nes julle nou nie gevat het nie.
kyk na jou liefie se familie opset. is pa op ‘n voetstuk en me sy kneg? is pa die koning van die huis? is sy klere beter as ma en die kinders sn? ry hy en net hy sy kar? is ma die tierende, bitterbek teef? is ma bang vir pa? is ma een mens voor pa maar iemand anders as hy nie by is nie? is pa / ma se woord absoluut wet? moet alles pa of ma se way of die highway wees? as alles nie pa / ma se way is nie,, vat hy / sy die pad, raak geweldadig of soek die pad in ‘n drank / pil bottel? is pa / ma die absolute pateet / dapper stryder / held om alll die aandag te kry?
ek sien! jou liefie is nie so nie? PAS OP! hy / sy lieg vir jou. want someday soon, is die MIDDILJARE KRISIS mrt julle. die krisis is wanneer pa / ma binne ons baklei om uiting. dan word jy eendag wakker en vee die slaap uit jou oe en besef EEK IS MET SKOONPA / SKOONMA of met ‘n mengsel van albei getroud.
kyk maar goed of jy kans sien vir skoonpa / skoonma later in jou liefie se lyf in jou lewe.
Amen.

29 03 2011
Xena Phoenix

Hallo Almal

Hopelik kom ek nou weer by my blog uit. Dankie vir almal se bydraes.

Ek dink my grief kom by die TE uit. Julle weet, wanneer ‘n mens ‘n girls’ dag beplan en die STAAN reken dat die girls moet piekniek hou waar hy visvang. Ek meen asb. Is ons 5 jaar oud wat net onder toesig kan speel?

29 03 2011
Olga

wie was so plesierig?

31 03 2011
toortsie

Ek glo as mens getroud is, is dit belangrik dat jy wel dinge saam doen. NIE ALLES NIE!! Ek sien my man saans, of as hy dalk deur die dag toevallig by die huis kom draai en ek is toevallig hier. Ek weet gewoonlik nie waar hy is nie, en ek vertrou hom. Maar mens kan maklik verval in glad nie dinge saam doen nie. Dis net so gevaarlik.
Ek glo dat as mens ‘n gesonde verhouding het, en die man kry “STEAK” by die huis, het hy nie nodig om “TAKE-AWAYS” elders te soek nie.
As ons mekaar respekteer en ons huwelik as belangrik ag, is daar sekere dinge wat ons nie doen nie, en dalk sekere plekker waarheen ons nie gaan nie. Ons doen dit uit selfrespek en uit respek vir mekaar. Ons het nie nodig om die hele tyd opgepas te word nie.
Ek hou daarvan om dinge saam met my man te doen. Ek hou nie daarvan om alleen vakansie te hou nie. Maar BESLIS nie elke minuut van die dag nie! Dan gaan ek EN HY mal word!!
RUIMTE en BALANS!!!

1 04 2011
seegogga

gaan lees maar bietjie wat Kalil Gibran oor die huwelik se. Baie goeie beskrywing

1 04 2011
40 dae vas « Toortsie se Blog

[…] reaksie op my skryfsel van gister, wys Sonlig my op ‘n opmerking wat Olga gemaak het by Herriemerrie. Dit lui as volg: “Wee jy grieters, fr manny het sondag gepraat dat vas nie soseer gaan om […]

1 04 2011
Xena Phoenix

Ek moet dit dalk net duidelik stel dat ek nie iets teen ‘n normale, gesonde huwelik het nie.

Ek verwys spesifiek waar die eggenoot die ander heeltemaal vir hulle self opeis. Die uitgangspunt is gewoonlik jaloesie en die uitkoms kan ‘n nagmerrie raak. ‘n Obsessie met jou maat, vrees dat jy hom/haar gaan verloor of vervreemding van ‘n maat se familie en vriende is katastrofies. Dit is hoe iemand dan oor 2 jaar gemartel kan word sonder dat iemand iets besef. Jaloesie het niks met liefde te maak nie.

1 04 2011
toortsie

Het dit darem van die begin af so verstaan! Het ons reaksie gelyk dat ons anders dink?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: