Gereserveer vir my gebruik

27 03 2011

Die mens is maar ‘n dier van gewoonte – al haat jy dit is dit iets wat maar net sowel erken kan word.  Selfs verpes jy roetine met ‘n passie, daar is goed wat maar net weer en weer gedoen sal word.  Mense sal byvoorbeeld altyd aan dieselfde kant van die bed slaap.  Hulle sal altyd op dieselfde plek gaan sit of uit dieselfde koppie drink. 

Goed en wel, in jou eie huis kan jy seker doen wat jy wil.  Tog raak ‘n mens oor die verloop van tyd gewoond daaraan om dinge op jou manier te doen.  Jy kom byvoorbeeld in die oggende by jou werk en jou kar gaan parkeer haarself op haar plek.  Wel, nou nie heeltemaal haar plek nie – jou naam staan nou nie daarop nie.  Tog parkeer jy al solank daar, dat dit netsowel met jou naam gemerk kan word.  Jy beskou dit al jare lank as jou eie persoonlike parkering.

Nie net by die werk nie.  Baie elke inkopie sentrum waar jy kom, het jy punt waar jy altyd parkeer.  By die waar jy gereeld kom, gaan parkeer die kar ook al haarself.  Jy gaan – as jy enigsins ‘n keuse het – by dieselfde tafel sit as waar jy voorheen gaan sit.  Jy gaan hou op dieselfde punt piekniek.  Jy gaan sit op dieselfde plek in die kerk.  Net om ‘n paar voorbeelde te noem.  Juis omdat dit iets is wat jy jare lank doen, het jy jou merk daarop afgesteek.  Dit behoort aan jou, al het jy nie die kaart en transport daarvoor nie. 

Alles goed en wel, tot daar een wetter (gewoonlik ‘n nuweling) opdaag met geen respek vir informele eienaarskap nie.  Dit is dan wanneer jou kar jou met ‘n rooi gesig uit die kantoor kom haal, want iemand anders staan op jou plek.  Natuurlik het hulle die volste reg om dit te gebruik, maar dit beteken nie dat ek daarvan gaan hou nie.  Dit is sulke tye wat ek dit kan verstaan hoekom mense bande stukkend steek as iemand op hulle plek parkeer. 

Natuurlik maklik genoeg om dit jou plek te hou.  Sorg dat jy ‘n paar dae vroeg genoeg is om jou terrein te verdedig.  Tsk, jy gebruik dit vir jare en kan nie net iemand anders se ruimte gaan gaps nie.  Dit vat ‘n bietjie moeite, maar kan gedoen word.  Behalwe vir die dikvellige sotte wat nie die lyne kan lees nie.  Daar is geen bril wat daarvoor help nie.

Eien jy vir jou sitplek / parkering / bekers / ruimte waarop jy eintlik geen reg het nie?  Wat is “jou goed” waaraan niemand moet karring nie?  Raak jy geirriteerd as hulle dit probeer oorneem?

Breinvasbrand:  Met watter bordspeletjie word gratis parkering geassosieer?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Molteno.


Aksies

Information

6 responses

27 03 2011
Olga

eerste!
Monopoly.
Tuurlik eien ek my parkeerplek en sitplek by die kerk toe. Al die regulars los my parkering en sitplek uit.

28 03 2011
demoerin

😆 Die mens is darem maar ‘n snaakse spesie.

28 03 2011
Olga

more, more. eintlik werk roetine goed. Dink in die geval van baba of kinders. As alles regtig op aanvraag moet gebeur. Elke uur of 2, dalk self minder, sal jy alles moet los om aan kindjie kleingoed se eise te voldoen. Elke mens na sy sin ne. Maar roetine werk vir my.

28 03 2011
Olga

wasi koerant vandag?

28 03 2011
BB

Enigste ‘ding’ van my waaraan niemand moet karring nie is my H3. (my goed is afterall my goed :mrgreen: ) Verder eien ek myself niks toe nie. Plak myself in die kerk neer op die eerste beste plek (dit maak my bes moontlik een van die ‘regmatige sitplek houers/eienaars’ se irritasies 😕 ) en parkeer altyd op die verste parkeerplek wat ek kan kry en loop eerder… ens ens.

28 03 2011
Son

Ek parkeer ook altyd op die verste parkeerplek en loop eerder die entjie, want die mens is inherent lui en almal koek altyd so na as moontlik aan die ingange. Dus, is die kanse op parkeerplek ver weg, baie goed en is die kanse dat my kar gekrap gaan word, heelwat skraler.

Daar is twee goed wat ek nie wil deel nie (behalwe nou my onderklere), dis my man en my kar. Die res kan die wêreld maar mee tekere gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: