Koerantbrokkies

25 03 2011

Die saak waar ‘n blonde jong Dr. verkrag was deur ‘n 17 jarige seun duur voort. Die Dr. se mediese rekening loop al by die R100 000 en sielkundig is sy ook nie sterk nie, sy sukkel om te werk en kon nie spesialiseer in pediater nie. Die skuldige het glo “sterk” gevoel en wens hy kan nou die tyd terug draai.

Die Fourie gesin het gister twee van hul drie seuns in ‘n motor ongeluk verloor. Die twee boeties, Nico (7) en Gerrit (13) is albei op slag dood, hulle ma Anneline (39) is ernstig beseer. Hul pa Andries (40) en middel kind Hardus (10) is lig beseer. ‘n Trok het glo in hul vasgery. Ons dink aan die familie deur die moeilike tyd 😦

Die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcír het hom Vrydag in die vroeë oggendure in Johannesburg aan die Valke oorgegee. Waar hy aangehou word weet niemand nie, dis glo vir sy eie veiligheid.

Die kinderpornografie saak duur ook voort. Dis regtig hartseer om te lees wat die kinders deur is. Die agtjarige seun wil ook askies sê vir die sewejarige meise vir alles wat hy aan haar moes doen. 😥 Hy het ook gesê sy ma was by met van die foto sessies en video opnames en het niks daaromtrent gedoen nie. Hy het dit gesê terwyl hy sy vuisies gebal het. 😥 Ek sal haar nie ‘n ma noem nie, maar hier is ‘n foto van sy ma oppad terug na die aanhou selle toe.

So sê ons maar totsiens:  Japannese inwoners van die stad Higashimatsushima begrawe rye en rye slagoffers van die aardbewing en tsoenami wat die land getref het. Sowat 26 000 mense is sover as dood of vermis aangemeld. (Kyodo News)

Elizabeth Taylor is gister middag omtreeks 14h00 begrawe… maar sy wou graag volgens haar laaste wense 15min laat wees vir haar eie begrafnis! So dit het eers om 14h15 begin 🙂 Sy was seker “fasionbly late” gewees en Gucci of iets begrawe 😉 Elton John het ook ‘n liedtjie vir haar gesing tydens ‘n konsert in Pittsburgh.

♪♫ Verjaarsdae ♪♫ Een van my gunstelinge, Sarah Jessica Parker (46) Elton John (64) en Aretha Franklin (69)

Kom ons hou duim vas vir die Proteas vandag!!!


Aksies

Information

2 responses

25 03 2011
Olga

alle simpatie aan die fourie gesin. Ai, ai, ai.
JOU LINKS KAN NIE OOP MAAK NIE.
Sien, dit is hoe inisiasieskole die klein bliksems leer om STERK te wees. Mag hy in sy volwasse lewe nooit weer sterk genoeg wees om n vrou te na te kom of te plesier nie.
My hart bloei vir japan.

25 03 2011
Selene Phoenix

Dis vreemd, ek het nou net al die links probeer en dit werk aan my kant ❓

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: