Dankie tog ek is ‘n Suid-Afrikaner

25 03 2011

Goed, goed – ek weet Suid-Afrika is nie die land van melk en heuning nie.  Dit is ook nie die land van aardbewings, tsunami’s en vulkaniese uitbarstings nie.  Ons weet hoe die son lyk en ken nie regtig iets soos koue nie.  Ja, ons weet van warm kry, maar dit kon baie erger gewees het.  Ons ken reën en selfs vloede, maar dit kan meestal bestuur word.  Dit is gewoonlik binne ‘n dag of twee verby.

Eintlik ironies – in Suid-Afrika het die meeste van ons wel toegang tot melk en heuning.  Ons kan nog vleis eet, self met vet aan.  Ten spyte daarvan dat ons ons beste vrugte en groente uitvoer, het ons nog steeds toegang tot goeie kwaliteit koffie.  Ons het goeie seekos, waarvoor ons aansienlik minder betaal as ons vriende oor die waters.  Wyn en bier kan allerdaags gedrink word, sonder dat ons noodwendig as ‘n alkoholis gemerk word.  Dit hoef nie net vir spesiale geleenthede gebêre te word nie.

Ons het toegang tot die groot 5, diere wat vir baie ander net in ‘n dieretuin beskikbaar is.  Daar is selfs mense wat hulle net nog in ‘n boek gesien het.  Dit is nie al wat ons land bied nie.  Daar is nog kameelperde, jagluiperde, wildehonde, seekoeie, krokodille en bokke te kies en te keur.  Ek praat dan nou nie eers oor ons magdom van voëls en insekte nie.

Ons het van woestyne tot van die beste strande in die wêreld.  Strande wat ons ten volle kan geniet sonder om versteen op ‘n hopie te sit.  Ons het bosveld en grasvelde.  Berge, grotte en watervalle.  Ons het streke waar daar nie een huis in sig is nie.  Ons het ons oudhede waarop ons trots is en skroom nie om iets nuuts aan te pak nie.

Natuurlik is ons nog nie in die hemel nie.  Daar is hopeloos te veel geweld, misdaad en korrupsie.  Daar is te veel haat onder die verskillende bevolkingsgroepe.  Hartseer, in ag genome dat ons as ‘n vriendelike land beskou word – as ons maar net die vriendelikheid teenoor mekaar kon toon.

Dit is sleg.  Tog weet ons nog wat ‘n werklike probleem is en gaan nie op loop met iets simpels of skep kastige dramatjies om besig te bly nie.  Ons kan nog mens wees.  Mense wat hulle kan geniet sonder om so in politieke korrekheid vasgevang te wees dat ons heeltemaal verstrengel nie.

Hel, ek is bly ek is ‘n Suid-Afrikaner.  En jy?

Breinvasbrand:  In watter dorp het Ouma Beskuit in 1939 begin?

Breinlosbrand:  Olga was reg, so iemand het die saak net van een kant af beskou.


Aksies

Information

11 responses

25 03 2011
demoerin

Tina is gebore Anna Mae Bullock. Ek is te lui om terugtegaan en daar te comment 😆

25 03 2011
demoerin

Ouma het in Molteno begin bak in die groot depressie.

25 03 2011
demoerin

Ek is oor die wolke om ‘n SAner te wees. Daar is nie nog so ‘n unieke land nie. Geen ander stof tussen jou vingers voel soos die van Afrika nie. Mense is dikwels naief om te glo dat dit soveel lekkerder elders is, en dat daar elders nie ook probleme is nie.
Ons sit hier in die begin van herfs, die son skyn en die lug is blou, en dit gaan vandag ongeveer 28 grade wees…EN on gaan die black caps stoomroller!

25 03 2011
Olga

more, more.
Jy het vergeet om te se die rassehaat kom uit die regering. Eers die np, nou die anc. Hul wil nou nie eers wag vir n nuwe stad, dorp, pad, gebou of landmerk nie, nee, o, nee. Hulle hernaam, sit tolhekke op en 4k op. Viva S.A in elk geval.

25 03 2011
PlaasJuppie

In die woorde van die nimlike Leon Schuster “I love this country and it loves me…net jammer van die bleddie government!”

25 03 2011
Selene Phoenix

Goeie more!!

Ek stem, ek love dit om hier te bly – nou nie juis iewers anders gebly dat ek dit kan vergelyk nie, maar mens weet mos die gras daar ander kant is groener agv al die k@k! 😉

Ek hoop net ons kan ons diere beskerm soos ons renosters!!!
Ek is nou sommer lus en gaan ry ons land vol… baie lus vir ‘n “road trip” berge toe of see toe!

25 03 2011
Twilight

Ja wat, man! Ek is ook bly om in SA te kan bly. Onthou goed dat ons eenmaal gelees het dat die grootste oorsaak van sterfte van mense tussen die ouderdomme van (ek dink) 25-45 in Switzerland selfmoord was. Dit in ‘n land waar jy jou horlosie kan stel op die treine, min misdaad is, alles werk, dienste goed is en met wonderlike natuurskoon. Miskien verstaan gemiddelde SAners beter hoe kosbaar die lewe is.

25 03 2011
Son

Ek sal maar hier moet doodgaan, want ek wil nêrens anders wees nie. Ongeag al die Malema’s en dies meer 😉

25 03 2011
JWW

Wel, ek het nie juis veel van ‘n keuse nie… maar, behalwe die natuurskoon, is alles moertoe – ek sal verkies om in ‘n beskaafde land te bly waar dinge WERK !

26 03 2011
toortsie

Xena!!! Ek laaik hierdie inskrywing oor ‘n mik!!! Yes!!! DIS wat ons nodig het! Positiewe inskrywings.
Ja, ons woon in ‘n wonderlike land. Hier is ‘n paar probleme, maar wat, ons “handle” dit…
Ek is MAL oor ons land. In elk geval dink ek mos ek woon in UTOPIA!

16 04 2011
my land « Toortsie se Blog

[…] die realiteite waaronder ons leef en dat ek kies om positief te wees. Xena het ook ‘n regtig positiewe skrywe hieroor […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: