Tannies Legende

24 03 2011

Elizabeth Taylor is gister aan hartversaking oorlede – sy was 79.  Sy is ‘n tannie wat met twee Oscars op haar kaggelrak kon spog.  Nog ‘n aktrise uit die goue jare van Hollywood gewees, voordat hulle van een skande na die volgende gespring het.  Dalk nie heeltemal waar nie, Liz is dalk verantwoordelik daarvoor dat huwelike in Hollywood nie juis die toets van tyd deurstaan nie.  Sy het 7 verskillende mans en 8 huwelike gehad.  Sy was ook ‘n intieme vriendin van Michael Jackson.  Wat dalk die meeste van haar uitstaan was haar skoonheid.  Ek onthou artikels in die 90’s waar joernaliste nog steeds haar skoonheid besing het. 

Dit is my punt.  Taylor het in die 70’s laas ‘n groot rol in iets vertolk – voordat ek gebore is.  Sy het in 1996 van Larry Fortensky geskei.  Ek dink baie vroue sal hulle voortande gee om te lyk soos sy in haar 70’s, maar dit is beslis nie meer die Liz van die sestigs nie.  Sy was eintlik maar ‘n  heldin van gister.  Maar . . . toe sy nog gewoel het, het sy legendaries genoeg geword dat haar dood gister die wêreld geskok het.  Jong en oud weet nog steeds wie is Liz Taylor. 

Is daar nog van haar soort?  Mense wat nog met ons is, maar wat waarskynlik een of ander tyd die pad van alle vleeslikes moet volg?

Zsa Zsa Gabor is sedert 2010 in en uit die hospitaal.  Nadat sy haarself op 4 Maart 2011 ontslaan het, het dokters haar ‘n 50/50 kans gegee om nog ‘n jaar te lewe.  Haar een been is bo haar knie afgesit weens kankeragtige groeisels en sy het geweier dat haar ander been ook in die slag bly.  Sy was in 1997 laas aktief, maar dan weer, sy is al 94 jaar oud.

Sophia Loren is self ‘n tannie wat aanspraak kan maak op een van die wêreld se mooiste vroue ooit.  Sy is skop nog, in haar huis in Switzerland.  Sy is 76 jaar oud, maar sover ek kan sien is nog heel gesond.

Dan is daar Joan Collins, wat 77 jaar oud is.  Dit lyk asof sy in Engeland woon saam met ‘n man wat 32 jaar jonger as sy is.  Dit blyk ook dat sy nog heel gesond is.  Joan Collins het mos in die begin jare in Egoli haar merk gemaak.  Sy het ook verskeie boeke geskryf.

Ek sal nooit vergewe word as ek nie Barbra Streisand noem nie.  Dalk nie ‘n skoonheid nie, maar mense het hulle huise verkoop om van haar konserte by te woon.  Blykbaar gaan sy die jaar nog aan ‘n nuwe fliek begin werk.  Sy is 68 jaar oud. 

Ek gaan met Liza Minnelli afsluit.  Dalk nie so oud soos die ander dames nie, maar ook al by aftree ouderdom (65).  Sy blyk ook nog om gesond en aktief te wees.

Spesiaal vir Demoerin 😉

Tina Turner (71) aka The Queen of Rock ‘n Roll is al 50 jaar plus in die musiek bedryf! Tina is die jongste van drie sisters. Sy het met Ike Turner getrou wie haar die “stage” naam Tina Turner gegee het. Hy het haar mishandel, geslaan, verkrag en selfs met sigarette gebrand… Tina het selfs al probeer selfmoord pleeg deur 90 slaappille te drink en toe van hom af weggehardloop. Maar die Tannie is vandag sterker as ooit en sal altyd onthou word vir haar bene, wille hare en Simply the Best stem!! So wat is haar geboorte naam?

File:Tina.Orlando2008.JPG

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

24 03 2011
demoerin

Ahhhh Sophia! Where do you do to my lovely?
En waar is Tannie Tina (71)? En een van die beste Tannies ooit, en sy werk nog Shirley MacLaine (76) en, Judy Dench (76)…sy werk ook nog.

24 03 2011
demoerin

Interesante brokkie… Liz se eerste man, Conrad Hilton (ja van die hotelle) en sy stiefma….you guessed it, Zsa Zsa Gabor het ‘n verhouding gehad terwyl sy nog met sy Pa getroud was.

24 03 2011
demoerin

Die ding met Liz is, sy het iets gedoen. Was nie net ‘n pretty face nie. Onthou Liz was groot vriende met Rock Hudson en Freddy Mercury, sy het ‘n HIV AIDS foundation gestig toe die res van die wêreld nog hulle gesigte weggedraai het / of nie eers daarvan geweet het nie.

24 03 2011
Olga

rus in vrede ta lizzie.

24 03 2011
Sonlig

Ek besef dood is maar deel van die lewe, maar jinne! Dink julle nie dis nogal ‘n swart jaar sover vir die vermaaklikheidswêreld nie?

24 03 2011
toortsie

Dankie Merrie, dit was nou regtig baie interessant. Ek het dit geniet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: