Liewe Raad

23 03 2011

Iemand het eendag iets gesê van dat raad min ander waarde het as om dit aan te gee aan die volgende persoon.  Die punt is seker dat raad oor die algemeen onbruikbaar is.  Die persoon op die wal is dalk die beste roeier, maar hy / sy weet selde hoe om hulle spane deur die water te trek.  Dit is dus oor die algemeen ‘n goeie idee om enige vraag – gevraagd of ongevraagd – met ‘n knippie sout te neem.  Soos enige inligting of siening wat jou pad kruis. 

Raad is egter nie altyd nutteloos nie.  Soms vertel iemand jou iets, wat so goed soos evangelie is.  ‘n Stukkie wysheid wat jou baie probleme, drama, hartseer en / of verwyt kan spaar.  Die vraag is hoe om dit uit te ken tussen al die ander bogstories wat soms aan jou opgedis word? 

Daar is ‘n teorie dat iemand net raad vra wanneer hulle eintlik reeds weet wat hulle te doen staan en eintlik net bevestiging daarvan soek.  In dieselfde asem, kan daar ook gesê word dat raad net gevolg word dat as die ontvanger daarin glo.  Miskien word dit beter gestel deur te sê dat die raad vir die ontvanger moet sin maak.  Dit is natuurlik vir die ontvangers wat moeite doen om die raad wat aan hulle gegee word te kritiseer. 

Die beste raad wat ek al ooit gekry het, is om myself nooit te second guest nie.  Die eerste besluit / antwoord, dus die een wat soort van natuurlik kom is meestal reg.  Ek moet erken dat ek dit nie altyd volg nie.  Daar is tye wat ek die antwoord beredeneer en dan in my eerste instink twyfel.  En glo my, wanneer ek die eerste reaksie aanpas maak ek droog.  Met die verloop van tyd het egter geleer om nooit in te meng wanneer iets reg voel nie. 

Vandag wil ek by julle weet wat is die beste raad wat julle al ooit ontvang het?  Volg julle dit altyd?  Wat was die slegste raad wat julle ontvang het en wat was die uitkoms daarvan?  Watter raad was jy die blyste dat jy dit nie gevolg het nie?

Breinvasbrand:  Volgens Langenhoven, hoekom moet ‘n mens versigtig wees om die raad van iemand te volg wat nie sy raad betwyfel nie?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Claretta Petacci

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

23 03 2011
seegogga

Eerste reaksiews is dikwels die beste, bv wanneer tussen 2 kleure gekies moet word. Vrhoudingskwessies is egygter ingewikkelder en moet eers goed oordink word- en DAN moet instink gevolg word.. Of altans, dis soos eke daaroor dink

24 03 2011
Olga

tweede!
Want die persoon wie nie twyfel nie, het die raad nog net vn 1 kant af beskou.

24 03 2011
Olga

blyste? Bele jou geld in …. Minder as n jaar later was die ander hul geld kwyt.
Beste raad? Kyk eerder in die winkelvenster as in kar se spieels wanneer jy tussen 2 karre parkeer.

24 03 2011
toortsie

Ja, Olga, dis regtig uitstekende raad – die van die parkeer. Dit werk.

24 03 2011
leonvonmoltke

Mmmm… moenie K*k en roomys meng nie, want die produk gaan nie roomys wees nie.

24 03 2011
demoerin

Bwahahaha

24 03 2011
toortsie

ek wonder wat mens daai produk kan noem??

24 03 2011
demoerin

Hierdie ewige denker vat nie sommer raad nie. Ek het al gedink my brein gaan opgebruik wees teen ouderdom 30. Iets wat my egter altyd bygebly het is ‘n boekmerk wat ons einde St.5 by die laerskool as aandenking ontvang het: Moenie bekommer oor die dinge wat jy nie het nie, verheug jou liewer in die voorregte wat jou beskore is. Ek dink dis een van die redes hoekom jy my nie eintlik ooit sal hoor kla nie, en ook een van die redes hoekom mense wat wel alewig kla my pleinweg debliksem inmaak.

24 03 2011
Sigeuner

Beste raad ooit (daar was 2) Steur jou nie aan mense wat altyd ander beoordeel nie – die uitkoms is dat ek vandag my gat afvee aan sogenaamde gesagsfigure en status. Dit beteken vir my sweet blou niks. Ek leer altyd mense ken voor ek dink ek ken hulle.
2se beste raad – van my ouers wat nie my maat goedgekeur het nie agv groot ghap in ouderdom….moenie trou nie!!!! Nou is ons 20 jaar later nog steeds gelukkig.

24 03 2011
Anna F

Raad wat altyd werk – veral in huidige ekonomiese klimaat – ” if you are in doubt , stay without!” En ‘n wysheid ( wat net tel as raad voor jy trou , want daarna tel dit onder spyt kom te laat) wat ek myself weekliks ( en soms daagliks) aan herinner is , trou is nie perdekoop nie!

24 03 2011
Twilight

“Speak your truth even if your voice shakes”. En ook dat mens ‘n besluit na die beste van jou vermoë neem op die tydstip wat jy dit neem en dat dit nie help om agterna te dink: “ek moes liewer…” nie.

24 03 2011
Twilight

Ek volg meestal bg raad en nie sommer enige raad tensy ek die logika daarvan kan insien nie. As iets dus nie uitwerk nie op grond van raad, is dit eintlik meer ‘n oordeelsfout aan my kant as dat iemand my noodwendig slegte raad gegee het. Daar is vrek baie raad wat ek maar te dankiebly was ek nie gevolg het nie. En dis soms selfs raad wat vir ander mense nog steeds beter lyk as dit wat ek wel gedoen het. Maar ek weet maar te goed dat ek ongelukkig sou gewees het as ek dit gevolg het.

24 03 2011
toortsie

Maak jou gordyne toe as die son sak. Iemand kan jou myle ver sien as jou gordyne nie toe is nie en die ligte aan…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: