Westerse Ridders

22 03 2011

Aan die een kant het on Muammar Gaddafi.  Kolonel Gaddafi het in September 1969 Koning Idris omver gegooi en heerser van Libië geword.  Hy is dus al amper 42 jaar lank die heerser van Libië.  Onlangs het sy mense teen hom in opstand gekom.  Hulle soek hom nie meer nie.  Frankryk en Amerika het binne dae gereageer om sy regering omver te gooi met militêre optrede. 

Hier het ons nou Robert Mugabe.  Hy is in 1980 tot eerste minister van Zimbabwe verkies en het in 1987 president geword.  Daar word in sekere kringe gefluister dat hy tussen 1982 en 1985 massamoord onder die Ndebele’s gepleeg het.  Die demokratiese verkiesing in so vroeg as in 2002 was as onregverdig verklaar.  In 2008 het die MDC regverdig gewen en Mugabe het geweier om die uitslag te aanvaar.  Raai wat het die Weste gedoen?  So te sê niks.

Daar is seker subtiele verskille.  Gaddafi het Libië ‘n pyn in die gat van die weste gemaak, veral met sy openlike steun aan Moslem terroriste groepe.  Mugabe neuk net in Zimbabwe aan, hy kan nie juis bekostig om iets anders te doen as om te praat nie.  Gaddafi is stinkryk, met bates reg oor die wêreld.  Meestal het hy dit bekom met bekende sake vennootskappe in die Weste.  Mugabe, hoe hy ookal van sy land roof, is nie juis besonders ryk nie.  Gaddafi se bates kan gevries word of gevat word, Mugabe se bates is nie juis iets om oor huistoe te skryf nie.  Gaddafi is ‘n Moslem en Mugabe noem homself ‘n Christen. 

Gaddafi skiet sy teenstaanders uit sy pad uit.  Mugabe gooi hulle in die tronk, rand hulle aan of keer hulle bloot om te gaan stem.  Libië is omtrent 25 keer sterker per inkomste per kop as Zimbabwe.  Zimbabwiërs is stadig maar seker besig om van die honger te vrek (behalwe die wat in SA is), dalk met die hulp van die Weste.  Al waarmee hulle Mugabe al ooit in toom probeer hou het, was met sanksies.  Wat net die man op straat geraak het.  Mugabe is skotvry. 

As die Weste wil inmeng, hoekom net met Gaddafi?  Is dit nie tyd om Mugabe in sy slaap te gaan verwurg nie?  Dalk omdat daar al lank ‘n verskoning gesoek is om Gaddafi aan te val?  Miskien omdat hulle nou weet dat Gaddafi nie kern of biologiese wapens het nie?  Pay back? 

Hoekom enigsins met militêre optrede begin?  Dit gaan net die man op straat benadeel en niemand gaan wen nie.  Hoe moeilik kan dit nou wees om Gaddafi (en sy seuns indien nodig) en Mugabe persoonlik self gaan uithaal?  Het die groot wêreldmagte nie mense opgewasse vir die taak nie?  Moet hulle opsluit ‘n hele land verwoes om by die vrot plek uit te kom?

Dapper nogal.  Vernietig die onskuldiges omdat hulle nie by die groot kanonne kan uitkom nie?  Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wat is besonders oor Gaddafi se 40 lyfwagte?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Naomi Cambell.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

22 03 2011
Olga

eerste!

22 03 2011
Olga

ghadaffi se 40 lyfwagte is (of dalk was?) almal pragtige, maagdelike vroue.

22 03 2011
Olga

die westerse moonthede se swat teams is almal te besig in die een of ander fliek om gaddafi uit te haav. Verder is sy gat te wit om hom te laat voortgaan. Dit maak dat hy nie so vermaaklik is soos n opgeleide sirkusapie nie. (gaan kyk maar die kleur) daarom word hulle gelos totdat hulle mense van hulle ontslae raak. Kyk ma na idi amin. (take note zoem zoem) Dis om van naar te word.

22 03 2011
leonvonmoltke

Ten minste kan mens nou Al Jazeera ook kyk.

22 03 2011
demoerin

Seker omdat Mugabe nog so ‘n dekade van regeer agter Brother Leader is? Ook dalk omdat die AU in Zimbabwe se geval (met SA in die stuur) niks met Zim foutvind soos met Libië nie?

23 03 2011
Anna

Een groot verskil tussen Gaddafi en Mugabe is dat Mugabe nie oor natuurlike oliebronne die septer swaai nie. Persoonlik glo ek dis die rede vir die snelle optrede.

23 03 2011
Seekat

Moet jou nie misgis nie Mugabe het in die Kongo diamantmyne gehad of hy dit nog het of nie die weet ek nie. Hy het sy weermag gebruik om die bates vir hom te beskerm. Dit is die ouens wat hy n plaas elk beloof het vir betaling. Op die oomblik het hy Platinum myne. Daar is n Blanke Suid afrikaner wat die goed vir hom bestuur daar is n lasbrief uit vir sy arestasie as hy enige anderland as Suid Afrika besoek sal hy gearesteer word. As ek my nie mis nie is Mugabe se bates al lankal gevries in die buiteland sy kinders wat in ander lande gestudeer het was terug gestuur en die lede van sy paty se kinders ook. Dit is al n hele ruk terug wat dit gebeur het en of dit nog van krag is weet ek nie. Ek het nerens gehoor dat dit verander het nie. Daar was al in Britanje gegrap en gese dat hulle vir Mugabe n Britse burger moet maak en hom soontoe laat trek dan kan hulle hom so uit Zim uit kry en dan kan die ou sy aftree jare daar deurbring en Zim kan aangaan sonder hom.

Ek mag my misgis oor die goed hier maar ek is amper seker dit is die geval met Mugabe en enige een wat hom help. Die wereld sanksies en wat ook al maatreels teen hom is nog van krag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: