Ek wil dit nie hardop sê nie

22 03 2011

Ek word meer as net ‘n bietjie deur patrone gefassineer.  Nou nie dat ek heeldag en aldag patrone sal teken nie.  Nee, ek hou eerder daarvan om patrone te identifiseer uit die omgewing uit.  Patrone wat doelbewus gemaak is, sê niks nie.  Die wat jy vroeg kan identifiseer, kan geheime verklap wat jou baie moeite in die toekoms kan spaar.  Hoe vroeër ‘n patroon geidentifiseer word, hoe makliker kan die patroon nog verander word. 

Goed, ek maak seker glad nie sin nie.  Tog dit is presies die beginsel waarop ekonomiese en politiese voorspellings  gemaak word.  Hoe vinniger die mensdom sien waarheen iets lei, hoe vinniger kan hulle seker maak dat die verwagte resultaat nie behaal word nie.  Planne kan gemaak word wat die uiteinde kan verander.  Nuwe patrone kan vasgelê word, wat moontlik in die toekoms weer gebruik kan word indien nodig. 

Kom ons gaan gou terug na 1939 toe.  Op 3 September het Frankryk en Engeland teen Duitsland oorlog verklaar.  Die ander lande het nie juis op hulle laat wag om by die oorlog aan te sluit nie.  Binne dae het die een na die ander oorlog verklaar, Suid-Afrika het byvoorbeeld op 6 September hulle ultimatum uitgereik.  Duitsland en Italië was sedert 1936 dik met mekaar gewees.  In 1940 het Japan by hulle aangesluit wat later as spilmoondhede bekend gestaan het. 

Die situasie staan natuurlik beter bekend vandag as die Tweede Wêreld Oorlog.  Een van die ergste gebeure wat die mens al ooit oor hulle self gebring het.  Iets wat die mensdom ten alle koste wil vermy.  So sou ek in elk geval gedink word. 

Terug na die hede, waar Frankryk noudie dag besluit het om Libië aan te val in ‘n poging om Gaddafi uit sy stoel te lig.  Dit was nie lank nie en toe gooi Amerika en Britanje ook hulle gewig agter die aanvalle in.  Ek lees nou net dat Noorweë, Denemarke, Kanada en België ook lus is om saam te baklei. 

Gaddafi het al in die verlede Moslemlande en ander verdruktes gehelp toe almal weggekyk het.  Dit is nou tyd om gunste te betaal.  Libië gaan waarskynlik nie lank vingeralleen teen die aanvalle staan nie.  Lyk dit nie baie bekend nie?  Sien julle dieselfde patroon as wat ek sien? 

Wie sal weet?  Al wat met sekerheid gesê kan word is dat daar geen wenners gaan wees nie.  Ek hoop regtig ek sien net spoke. 

Breinvasbrand:  Wie was Mussolini se minnares ten tye van sy dood gewees?

Breinlosbrand:  Olga was reg met maagdelike vroue.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

22 03 2011
Olga

eerste!
Claretta petacci? Sy was in elk geval jare lank sy minnares en haar lyk was mos saam met syne onderstebo gehang.
Ari! Gedorie. Gaan s.a teen gb, vsa en frankryk baklei? Ons agbare prosi veroordeel die bakleiery ten sterkste. So waar gaan hy sy gewig ingooi?

23 03 2011
Sonlig

Ai, ek hoop ook maar dis spoke. 😦

Soos jy sê…daar kan geen wenners wees nie. Veral nie aangesien ons weermag nie eers naastenby is wat dit 30 jaar terug was nie en ons wapens by ons afgevat is nie.

23 03 2011
Olga

dit is te erg om aan te dink. Tog wil dit nes japan, nie weggaan nie.

23 03 2011
Selene Phoenix

Goeie more julle!

Ek hoop ook regtig jy sien spoke Tweeling!!
Kan nie sien dat vandag se juppies sal kan baklei nie… die ergste wat hulle al tee gekom het is ‘n pap wiel op hul luukse motor! En dan bel hulle in elk geval die AA!

Ek dink ons moet dom speel en hopenlik vergeet hulle van SA! Ons het genoeg oorlog in ons eie land!

23 03 2011
demoerin

Daar is nooit wenners nie, want dit is die man op die straat wat altyd aan die korste end trek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: