Boys and their toys

21 03 2011

Die interaksie tussen mans en karre kan seker ‘n wetenskap op hulle eie wees.  Kla my gerus aan vir geslagsdiskriminasie.  Sover dit karre aangaan, is vrouens maar oppervlakkig.  Voorkoms en miskien iets soos spoed of veiligheid is basies al wat tel.  Moet geen fout maak nie, baie vroue is absoluut GaGa oor hulle karre, maar hulle kar bly net ‘n kar.  Dit word nie ‘n verlenging van hulle selfs soos wat dit dikwels met mans die geval is. 

‘n Kar is nooit net mooi vir ‘n man nie.  Die skaamste van skaamste mans fluit soos ‘n voëltjie wanneer hulle ‘n droomkar moet beskryf.  Al ooit opgelet hoe al wat ‘n man is summier onder die enginkap induik wanneer iemand ‘n nuwe kar het?  Al weet hulle voor hulle siel dat hulle minder as niks weet wat daar aangaan nie en nie van vuil hande hou nie. 

Daar kan seker baie gesê word oor die verband tussen ‘n man se persoonlikheid en hulle kar.  (Heeltemaal van die pad af, wat sê die kar wat ‘n man vir sy vrou / meisie kies van sy persoonlikheid?  Is dit dalk wat hy van haar persoonlikheid dink?).  Kyk ook hoe dikwels die kar heeleerste verander wanneer die middeljare krisis kom klop.  Dit is amper asof ‘n kar in sekere gevalle moet opmaak vir ‘n minderwaardigheids gevoel.  Dit is ook seker geen wonder dat bemarking van karre meestal op mans gemik is nie.

Waarskuwing:  Dit is nou hier waar die post effens kru gaan word. 

Jare terug het ek ‘n meisie ‘n sportmodel gehoor beskryf.  Ek het al lankal die motor vergeet, maar haar beskrywing val my nog steeds op waar daar ‘n besonderse kar naby is.  Tipies was die voorkoms eintlik al wat van belang was.  Toe haar beskrywende woorde opgeraak het, kon sy net tot een gevolgtrekking kom.  “As ek ‘n man was, het ek net daar ‘n ereksie gekry.”

Ek het onlangs buitelandse besoekers rond gery en het hulle onder andere Hartebeespoortdam toe geneem.  Soos ons deur die tonnel beweeg, is daar ‘n paar Harleys wat hulle perde wou wys in die tonnel.  Ek dink hulle sou dalk tweekeer gedink het as hulle die dames se mening gehoor het.  Direk vertaal:  “Dit lyk asof iemand hulle Viagra by die huis vergeet het.”

About these ads

Aksies

Information

5 responses

21 03 2011
Olga

eerste.
Mans en karre. Ek het my fordjie in jan laat diens. Ewentwel, daar loop ek my bad boy toe raak. Terwyl ons wag stap ons toe by die vertoon lokaal in. Wow! Raak ek toe semi verlief. Kyk die kar goed deur terwyl my b b ‘spec’ noem taan my verliefdheid. Ek weet hoeveel kos my ’14′ bande, dus kan ek my hndink wat die ’18′s gaan kos. Die engin specs vertel my high performance en my verliefdheid kwyn verder. Watse versekeringspremie gaan die merrie he? Toe my noolste nolie n week later inloer (om sy wasgoed gedoen te kry) oppad na sy mina, vertel ek h6 van die kar en hoekom ek nie meer verlief is nie. Toe vertel hy my hoe banaal ek is om te rave oor so n kak kar. Hello? Hy is nou die ene wat rave oor die kar. My nolie se mina het kompetisie gekry.

21 03 2011
Olga

he, he. Ek het amper n volwaardige post vir jou ge5c.

21 03 2011
JWW

Soos wat vroulikes laaik om mooi rokke en mooi handsakke en biljuisende sal spandeer aan hare en make-up, so sal mans baie geld spandeer aan ‘n motor, en ja, ‘n kar is nie net ‘n ding om van punt A na Z te ry nie…. dit sê iets van jou status en dat jy van goeie goed hou. Ek loop eerder met die poot, voordat ek in ‘n “ekonomiese” vervelige simpel mikro klein, skreef ogie land, kar gesien word !!! :mrgreen:

22 03 2011
demoerin

Want dit is mooi. Punt. Nes ‘n mooi drie of ‘n gemokerde ses. Dit is net mooi.

22 03 2011
leonvonmoltke

Wag tot jy sien hoe gaan Veralda aan oor ‘n kar ;-)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 128 other followers

%d bloggers like this: