Top 5 Frustrasies

18 03 2011

Daar is goed wat net dood eenvoudig ‘n mens se niere fynmaal.  Tandartse is duur, geen mens kan bekostig om nog tande te kners nie.  ‘n Vuis in iemand se gesig is ‘n beter opsie, maar kan jou agter tralies kry sonder die keuse van parool.  Om voorwerpe te slaan help net mooi niks en kan jou dalk beseer. 

Blykbaar help dit om daaroor te praat.  Jy blaas stoom af sonder om iewers skade te doen.  Met die langnaweek op hande, is dit nou die ideale tyd om al jou griewe te lug en dan sonder bagasie dit te gaan geniet.  Die frustrasies gaan seker nie weggaan nie, maar ten minste kan ‘n mens dit vir ‘n paar dae agterlaat.

Om die bal aan die rol te sit, hier is my Top 5 frustrasies – in geen besonderse volgorde. 

  1. Goed wat nie werk soos dit moet werk nie.  Regtig, hoe moeilik kan dit nou wees.  Jy koop tog iets vir die volle gebruik daarvan – verkieslik tot daar iets anders is wat jy wil koop.  Omdat jy wil, nie omdat jy wil nie.
  2. Voorwerpe wat voetjies groei en wegloop wanneer jy nie kyk nie.  Soek mors tyd.
  3. Onsekerheid omtrent jou eie lewe.  Regtig, hoe moeilik kan dit wees om jou te vertel hoe lank iets gaan vat om te finaliseer?
  4. Drama Queens.  Nee, regtig.  Kry ‘n lewe – jy hoef nie in goed gevaar te sien waarvoor daar geen bewyse is nie.  Leer om die rillers van die normaal te onderskei en onthou dat die rillers hoogs onwaarskynlik is.  As jy verveeld is, lees ‘n boek.  Jy kan selfs iets leer.
  5. Domheid

Nou is dit julle beurt.  Laat alles uitkom, almal verdien ‘n frustrasielose naweek. 

Breinvasbrand:  Watter Supermodel was in 2000, 2005 en 2006 in die moeilikheid omdat sy iemand met ‘n telefoon / selfoon aangerand het?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Dublin.

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

18 03 2011
demoerin

Kan net Naomi Campbell wees

18 03 2011
demoerin

1. Mense wat nie kan bestuur nie
2. Mense in posisies waarvoor hul nie bevoeg is nie
3. Luiheid
4. Mense wat permanent oor alles kerm en kla
5. Stout kinders wat nie pak slae kry nie
6. Telefoonbemarkers
ens.

18 03 2011
leonvonmoltke

Ek het gister gelees (dink dit was by demoerin) dat daar wel pille vir domheid is – sianied!

18 03 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

1) As jy uit jou pad gaan vir iemand, en hulle dit vergeet, afstel of uitstel en jou nie laat weet nie!!
2) Luiheid
3) Snobs
4) Verkeersligte wat uit is
5) Iemand wat altyd negatief is
6) Ou wie saam my werk – is eintlik heel bo aan my lysie!
7) Tantrums
8) BEE

18 03 2011
Sonlig

1. Mense se (ongevraagde) opinies.
2. Wanneer ek op inligting reageer en agterna (as die pô-pô die fan strike) hoor ek het nie aanvanklik die volle storie gehoor nie.
3. Wanneer ek myself uit ‘n situasie probeer verwyder en die ding wil my nie #$%^^%** los nie.
4. Mense wat hulle probleme ander s’n probeer maak.
5. Mense wat die duiwel in alles soek en uitwys. (Sorry Peggy – nie oor jou nie. I seem to be attracting LOTS of these at the moment!!!!!)

Oef! Ek het defnitief ‘n langnaweek nodig!!!

18 03 2011
Olga

netwerk wat nie werk. Geen selfoonopvangs nie. Internet dus n grap. Dan as p.a.y.g kliente bel om te kla, dan oortuig die bastards hul ‘the problem is not signal related. The prob is ur handset.’ ek en vodacom het vandag n onderonsie gehad hier oor. Ek hou nie daarvan as die oumensies so stres oor waar hul n foon wat werk gaan uitkrap nie. Slaggate
dom donners in openbare poste.
Liegbekke.
Diere wat gelos word om te ly.

19 03 2011
Wie sal dit wees??? | Toortsie se Blog

[…] met die een tag-speletjie na die ander. En skielik is ons in ‘n woestyn!! Wat gaan aan??? Xena??? Toe ek begin blog het verlede jaar, was jy die groot uitdinker van tag-speletjies en nou hoor […]

19 03 2011
toortsie

1. Stupid vrae. Mense wat stupid vrae vra
2. As ek ‘n ordentlike vraag vra, ‘n stupid antwoord kry.
3. Mense wat LIEG! 😦
4. Ongeskikte mede-padgebruikers
5. Negatiewe mense

O ja, jy het huiswerk. Hou maar eers langnaweek as jy wil!!

20 03 2011
Twilight

1. Tiek-boks mense. M.a.w mense wat ‘n reel rigied toepas omdat dit in reel is en die rede vir die reel vergeet. Of nog erger, ‘n reel wat gebaseer is op ‘n foutiewe aanname rigied toepas.
2. Mense wat opinies van ander herhaal sonder dat hulle seker maak dit hou enige waarheid in en dit dan boonop op my afdwing.
3. Mense wat voortdonder sonder om enige iemand behalwe hulleself in ag te neem. Parkeer waar hulle lus is, ry soos hulle wil, sê wat hulle wil.
4 Manipuleerders. Veral as hulle dink ek is te dom om dit agter te kom.
5. Skinderbekke.
6. Iemand wat teen my stamp of my eenvoudig uit hulle pad stoot. Of ongeskik en onbeleefd is sonder enige rede.
7. Klakouse. (En dis my cue om net hier te stop :-))

20 03 2011
toortsie

Ja! Manipuleerders maak my @#$%&*!!!! En ek word WOEDEND as ek agterkom dat ek toegelaat het om gemanipuleer te word!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: