Heksie in die Langpad

18 03 2011

Hallo Maatjies

Ek wil gaan duimloop al die pad maan toe.  :mrgreen:  Ek het op die VT gesien hoe ander maatjies dit doen.  Hulle gaan staan langs die pad en steek dan hulle pinkies uit.  😯  Die karre stop dan om die maatjies ‘n roltrap te gee.  😆

Partykere is die karre bang om vir die heksies te stop.  😡  ‘n Heksie moet dan lang wag vir nog ‘n kar.  😉  As ‘n heksie se koekosie weghardloop, dan moet sy net haar elmboog wys.  😆  Al die karre gaan dan baklei dat die heksie saam met hulle kan ry.  😯  Njannies, ek is nie ‘n heks wat lieg nie. 

👿  Merriegriet dink weer sy is Koningin By.  GRRR!!!!  Sy sê ek mag nie duimloop nie of sy dan gaan sy vir Ouma Heldina gevertel.  😡  Sy is ook ‘n regte klokkietong.  Ek dink ouma Heldina betaal haar.  Merriegriet is tog arm.  😀  Ek is ryker, slimmer en baie mooier as sy.

Hoe kan ek duimloop sonder dat sy my ruik?  🙂  Het julle enige idees maatjies?

Tata en soet wees hoor.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

18 03 2011
Olga

LAVIGA HEKS!!
Dit is baie gevaarlik om duim te gooi en te ryloop. Ari tog. Jy sal jou keel afgesny kry.
JY DOEN IT ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE NIE!!!

18 03 2011
Laviga Heks

Hoekom mag almal duimloop, maar ekke mag nie!! Dit is onregbarig!! Boe hoe hoe!

18 03 2011
toortsie

Vigatjie, dis net dommes wat duimloop!!! En jy is slim. Moenie dit doen nie. Nee man, vat eerder jou besempie en vlieg met hom maan toe! Jy het mos ‘n sterk besem.
O ja, ons wil nie he jy moet duimloop nie omdat ons lief is vir jou, weet jy?

19 03 2011
Laviga Heks

Dit is nie so lekker om met my besem te vlieg as om te ryloop nie. Boe Hoe Hoe Hoe!!!

19 03 2011
Olga

laviga as jy ryloop eni mense poep of rook stink dit. As jy op jou besem gaan, hoef jy niemand se stink te ruik nie.

20 03 2011
toortsie

Ons gaan darem vreeslik huil as jy ryloop en een of ander skelm heks doen lelike dinge met jou!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: