St Patrick

17 03 2011

Ten spyte daarvan dat St Patrick Ierland se heilige is, hoef jy nie Iers of selfs Katoliek te wees om 17 Maart opsy te skuif om St Patrick dag te vier nie.  Dit is ‘n verskoning om groot te drink in enige taal en kultuur.  Maar wie of wat was St Patrick?

Patrick was in 387 in Kilpatrick, Skotland, gebore, as die seun van Calphurnius en Conchessa.  Patrick was as ‘n 16 jarige gevange geneem en na Ierland geneem.  Daar was hy as ‘n slaaf aan Milchu verkoop.  Milchu was blykbaar ‘n wrede meester gewees.  Patrick was verantwoordelik gewees om sy vee op te pas. 

Milchu was ‘n hoë priester van druidism gewees en Patrick het in sy tyd saam met hom alles geleer wat daar te were was oor druidism.  Hy het ook geleer om perfekte Kelties te praat.  6 jaar later is Patrick deur ‘n engel besoek en hy het besluit om te vlug.  Hy het by die kus uitgekom waar daar ‘n skip reg was om te uit te vaar.  Met ‘n gesukkel het hy reggekry om skip te klim en hy is na Britanje. 

Patrick het besluit om ‘n man van God te word.  Biskop Germain was sy mentor en paar jaar later het Patrick ‘n priester en later ook ‘n biskop geraak.  Hy is later as ‘n biskop terug gestuur na Ierland, wie se geloof stewig in hulle druids (wat is dit in Afrikaans?  Toordokters) vasgelê was. 

Patrick het natuurlik die strorie met die druids geken en kon die kennis gebruik om die Iere vir Christenskap te wen.  Hy het hulle ook geleer van ‘n drie-enige God met die hulp van ‘n kloverblaartjie. 

Daar is ook baie mense wat glo dat hy slange van Ierland af verbied het.  Hy het glo ook ander wonderwerke gedoen.  Hy het deur Ierland getoer en kerke gestig sover as wat hy gegaan het.  Hy het glo baie op Eagle Mountain berg gaan bid en vandag staan dit bekend as Croagh Patrick.  Hy is daar deur demone aangeval, maar het hulle deur gebed verjaag.  So goed, dat daar glo vir 7 jaar geen onheil in Ierland was nie.  Hy het op die berg ook verskeie beloftes van God afgebid, wat meestal rondom Ierland gedraai het.

Patrick is op 17 Maart 493 dood.  Daar het glo vir dae lank ‘n lig van die hemel rondom sy liggaam geskyn.

Patrick se bestaan, doen en late lok deesdae baie debat uit.  Hoekom kan mense nie net soms ‘n goeie storie waardeer nie?

Dink julle St Patricks Dag hoort buite Ierland gevier kan word?  Watter van ons feeste, indien enige, staan ‘n goeie kans om internasionaal te word?

Breinvasbrand:  Wat is die hoofstad van Ierland?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met 1960.


Aksies

Information

12 responses

17 03 2011
Olga

eerste.
dublin?

17 03 2011
demoerin

Hoofstad van die Republiek is Dublin.

17 03 2011
demoerin

Die Iere is so wyd verspreid oor die wêreld, mens kan nie help as om saal met hulle fees te vier nie. Beter as om 4th Julie of Guy Fawkes te vier.

17 03 2011
demoerin

…saam met hulle… ai toggie

17 03 2011
Olga

skuus dmi.
As die anc mandela dag wereldwyd wil afdwing, hkm kan ou paddy nie ook oral sy dag he nie? Ek dink buitendien hy het meer as madiba vermag. Hy het homself verhef. Die np was nie daar vir hom nie.

17 03 2011
Peggy

Katolieke is nie Christene nie. as jy terug gaan in die geskiedenis sal jy leer dat die katolieke miljoene Christene brandstapels toe gestuur het as ge volg van kettery. Kettery is afvalliges van die Katolieke geloof. As hulle Christene was hoekom het hulle soveel ware Christene vermoor.
Iets anders baie belangrik.
Baie subtiel sluip die duiwel in ons lewens in om sy vuil voet in die deur te kry en siele te steel en te vernietig… Ons besef dit nie en net om saam met haar te sing op die lied “Alejandro” maak jy jou deel van haar en die duiwel. Ons maak net die deur wyer oop vir die duiwel.
Alejandro means mans defender and protector (GOD)
Fernando means: Ardent for peace (JESUS)
Roberto means Bright and shiningly frame (HOLY SPIRIT)
Babe? The same as child.

Now you sing along.
Don’t call my name,don’t call my name Alejandro (GOD)
I’m not your child, I’m not your child, Fernando (JESUS)
Don’t call my name, don’t call my name Roberto (HOLY SPIRIT)
Alejandro, Alejandro (GOD) just let me go.

Please, please stop listening to Lady Gaga. real name Stefani Joanne Angelina Germanotta. Encourage especially your children and grand children not to listen to this woman’s music She sold her soul to the devil for fame and fortune.
Witness the birth of satan’s wife.
Met die awards nou die dag is sy binne ‘n eier op ‘n houtkruis ingedra.
‘HOW DEMONIC’
Op haar skouers is en wangbene is horings ingeplant.
Transformed BRIDE OF SATAN
Please keep her out of your homes, for in this house this family we will serve the Lord, we keep His Word in our hearts that we might not sin against our God.
As ek jou e-pos adres het kan ek die oorspronklike aanstuur met fotos.
Peggy

17 03 2011
Xena Phoenix

Peggy

Volgens die HAT is ‘n Christen iemand wat die leer van Christus volg, dus iemand wat in Jesus glo. Die Katolieke voldoen dus aan die definisie van Christenskap. Die Katolieke is beslis nie die enigste mense wat ander in die naam van Christenskap vermoor het nie.

Die Bybel beloof dat jy sal kry wat jy soek. As jy dus God in alles gaan soek, gaan jy God in alles kry. As jy die duiwel in ander soek, gaan jy die duiwel kry. Met die laasgenoemde het jou soektog na die duiwel jou tyd gekos wat jy kon gebruik het om na God te soek.

Persoonlik soek ek veel eerder na God.

18 03 2011
Sonlig

Amen!

17 03 2011
Xena Phoenix

Hallo Almal

Ek skop nog . . . net-net.

17 03 2011
Olga

ek het nog nooit n katoliek teegekom wat die duiwel vrees nie. Hul onchristelikheid het hul geleer dat God oral teenwoordig is. Dus, die duiwel lnp katvoet. Tensy n christen hom gaan soek. Go peggy, go.

20 03 2011
toortsie

Ek weet nie soveel van St Patric af nie. Maar wat ek wel weet is dat as iemand sy hele lewe aan Jesus wy (reg gespel???) gebeur daar groot dinge. Hierdie man was bereid om GROOT te gaan en ek glo dat deur hom, baie mense tot geloof gekom het.
Die term, “christen” bepaal nie jou saligheid nie, maar wel of jy Jesus as jou saligmaker aangeneem het. Net so kan ons GEEN kerk se mense kategoriseer nie. In ELKE kerk is daar mense wat Hom ken en ander wat Hom nie ken nie. Net God ken ons harte en dis AL wat tel.
Xena ek hou van jou opmerking dat jy eerder God soek. Lees ook my inskrywing oor die hel wat ek vandag plaas (toevallig, of nie??)

20 03 2011
toortsie

Sorry vir my lang kommentaar, maar hierdie dinge lê my na aan die hart, soos jy mos darem al seker raakgelees het!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: