Wat die oog nie sien nie

15 03 2011

Jakaranda het ‘n insetsel soggens waar hulle iemand bel wat die dag verjaar.  Hulle hou nogal daarvan om ‘n kind te bel, wat gewoonlik baie skaam is en net die nodigste sê.  Nou die bel hulle vir Ruan (as ek die naam reg onthou) en kry die verrassing van hulle lewe.  Die 7 jarige parmant het nie ‘n skaam haar op sy kop nie.  Hy het die opname gesteel, letterlik.  Die omroeper moes behoorlik wal gooi om beheer oor sy program te behou.  Ruan het die omroeper selfs opgekommandeer om vir hom te sing. 

Die volgende dag is Ruan op uitnodiging by die studio – net ‘n kort besoekie voordat hy skool toe moet gaan.  Moenie dink dat hy enigsins met die studio geintimideer was nie.  Daar is geen genesing vir sy verbale diarree nie.  Hy was byvoorbeeld glad nie gelukkig toe Dianne saam met hom sy liedjie begin sing nie.  Dit is eers toe Ruan se skool genoem word, dat die luisteraars dieselfde verrassing was die omroepers die oggend gekry het.  Ruan is ‘n leerling van Prinshof skool in Pretoria.  Ruan is dus gesiggestremd. 

Ruan het egter sy merk as ‘n gewone, dalk effens parmantige, seun gemaak.  Hy het harte gesteel sonder ‘n ag shame, wat ‘n oulike blinde seuntjie.  Kom ons wees eerlik, ons is geneig om mense met gestremhede spesiale behandeling te gee.  Dalk met die beste bedoelinge op aarde – ons probeer wys dat die gestremdheid vir ons geen saak maak nie.  Tog, juis om daarvoor te probeer vergoed, wys ons juis dat die gestremdheid ons pla.  Die gestremdheid maak die individue minder mens wat op spesiale behandeling afhanklik is. 

Gee ons regtig vir mense ‘n gelyke kans om te wys wat in hulle steek?  Hoekom fokus ‘n mens altyd op dit wat die mens as ‘n tekortkoming sien?  Nie nou noodwendig net met gestremdes nie, maar met alle mense wat ons pad kruis.  Skuld ons dit nie aan mense om self te wys wat in hulle steek nie en nie wat ons dink hulle kan baasraak nie?  Elke mens moet tog sekere goed oorbrug.  Die sogenaamde normales kan dit net in meer privaatheid doen.

Ten slotte – hoekom word iemand se gestemdheid deel van hulle identiteit?  Daar word gepraat van Oscar Pistorius – die lemnaeler; Hilton Langenhoven – die blinde atleet en Terence Parkin – die dowe swemmer.  Soos die Engelse sê, is dit nie “Stating the obvious” nie? 

Dink julle gestremdes word soos volwaardige mense behandel?

Breinvasbrand: Wanneer was die eerste amptelike Paralimpiese spele gehou wat nie net oop vir oorlogsveterane was nie? 

Breinlosbrand:  John Lyly

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

15 03 2011
Olga

eerste!!!!
Mens hou daarvan om etikette uit te deel. Hoekom sal hul praat van ‘n atleet as die blinde atleet beter is? Gestremde mense word nooit soos gelykes behandel nie. Die teef vir wie my badboy werk, wil hê hy moet dr toe vir ‘n sertifikaat wat hom as kreupel sal bestempel sodat sy bbbee punte kan kry. Kan jy dit nou oorvertel? Dan sal sy seker sy salaris dienooreenkomstig verlaag. Hy het haar gevra of sy manier van stap sy werk enigsins benadeel. toe sê sy dat sy kan doen met die bbbee punte. hy het geweier en soek nou ander werk.

16 03 2011
seegogga

Ongelukkig is dit so: soort soek soort. Daarom sal daar altyd in alle lande ‘n vorm van apartheid wees. Daarom is gestremdes in die ou tyd in kranse gelaat vir roofdiere om op te eet. Baie ‘gewone’ mense weet nie hoe om gestremdes te hanteer nie. Daar is bv al vir my gevra of my vriendin ( in ‘n rolstoel EN ook die skoolsielkundige van ‘n skool vir gestremdes) ‘n koppie tee sal drink – so asof sy nie die verstand ( of mond) het om self te antwoord nie.Volwassenens weet dikwels net eenvoudig nie hoe om gestremdheid te hanteer nie., dit maak hulle ongemaklik. Dus ook die etiket. Kinders is baie beter. Hulle sal vra: Kan ek jou rolstoel stoot? Kan ek met jou krukke loop? Wat makeer jou been?

16 03 2011
demoerin

1960

16 03 2011
demoerin

Dis waar van die etiket ding – daar moet altyd ‘n bordjie om iemand se nek gehang word – partykeer dalk om te toon dat daar iets behaal is, ten spyte van. Ek het egter ‘n ongelooflike agting vir gestremde mense, en al wat hule wil doen gewoonlik is ook maar net met hul lewens aangaan.

16 03 2011
leonvonmoltke

Ongelukkig nie, al is dit baiemaal met goedbedagte rade.

16 03 2011
Selene Phoenix

Goeie more!

Dis so, as mens weet die persoon is gestrem is dit asof daai persoon niks vir homself / haarself kan doen nie – weird!

Ek het ‘n video gesien van hoe ‘n ma wat nie arms het nie, haar babatjie se doek ruil, klere aantrek en voed. Ons is wonderlik, en kan die onmoontlike doen! Wys mens net, een van ons beste swemmers het nie ‘n been nie, beste atleet het nie voete / bene nie… mens is tot baie meer in staat as wat ons dink – moet dit net besef!

16 03 2011
Olga

in sommige gevalle word n (wat noem mens n handycap in afr?) stremming as n middel tot simpatie uitgebuit. Maar dhs heeltemal onnodig. Laat hulle oplei om met die stremming te copd. Ek was die dag toe ruan in jac se ateljee was met homer oppad nelspruit toe. Hy het die radio opsluit op jac gehou. Die seuntjie se arrogansie was nogal vermaaklik. Hy is so selfversekerd. Dit het n knop na my keel gebring. Hy was duidelik van meetaf geleer om met sy strop te cope. Man, die kind is met n geeltrui gebore.

16 03 2011
toortsie

Ek stem saam

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: