Het jy jouself al ooit as ‘n reeks moordenaar gesien? Nie? Jy het seker nog nooit in jou groen boekie, ook bekend as ‘n identiteits dokument gekyk nie. Om een of ander rede lyk almal altyd daar asof hulle uit die bose kom. Anders gestel, baie min mense sal hulle ID foto gebruik as hulle bakkies vir Facebook.
Mens moet seker dankbaar wees vir klein genades – ons leef nie meer in die donker tye nie. ID foto’s is deesdae in kleur en ‘n mens mag deesdae daarop glimlag. Boonop is dit nie meer vat wat jy kry en dankbaar nie. Jy keur jou foto goed voordat dit gedruk word. Dit behoort vir ‘n groot verbetering te sorg, met die klem op behoort. In die werklikheid, bly ‘n ID foto iets wat jy kan gebruik om kinders mee skrik te maak. Anders is ek net te ongeduldig om ‘n maand een foto na die ander te laat neem in die hoop dat ek een kry wat soos ek lyk.
Die idee van die foto is tog seker dat jy herkenbaar moet wees. Dat enige swaap sonder ‘n gesukkel jou kan eien van jou ID boek, paspoort of lisensie. Dit is dalk die sleutel, die foto’s is dalk net deur swape identifiseerbaar. Net sodra jy dink alles is swaapbestaan, kom daar ‘n nuwe swaap uit. Een wat alle beperkinge oortref en nuwe grense daar stel.
Ek was een keer so hittete toegang tot ‘n land verbied gewees omdat die persoon wat my paspoort onder oë gehad het, besluit het dat dit onmoontlik ek kan wees. Gelukkig kon ek my uit daardie een praat.
Wat help ‘n foto in elk geval as dit geneem is toe jy 16 was en jy stap al aan 70 toe? Nou dat ek daaraan dink, lyk jou foto as ‘n 16 jarige beter as wat jy op 70 sal lyk?
Hou jy van jou ID foto? Kan jy die Moslemvroue blameer wat hulle foto’s met sluiers aan laat neem?
Breinvasbrand: Wie het “Mug shots” uitgevind?
Breinlosbrand: Demoerin was reg met Vitality.
Wie runnik saam?