Daar is min dinge wat so oulik is as ‘n baba diertjies. ‘n Handvol geel dons wat ‘n hoender gaan word of die platbek skugterheid van ‘n baba makou. Daar is hondjies wat so hulpeloos en dom lyk en babakatjies wat astrant en nuuskierig ondersoek instel. Klein pienk varkies wat jy glad nie as bacon kan sien nie. Daar is ook kalfies wat skaam flikvlooi of ‘n lammetjie wat agter hulle ma’s moet gaan skuil. Almal een ding in gemeen. Reg om enige mens se hart te steel en jou te oortuig dat jy ‘n dieretuin wil hê.
Dit is net hier wat die paw-paw die waaier slaan en een vet gemors veroorsaak. ‘n Redelike mens sal koppies krap en dreig om te steel. Dit gaan net by dreigemente bly, want ‘n redelike mens neem eers die diertjie se welsyn in ag. Kan hy/sy die nuwe baba bekostig, het hulle plek vir die nuwe baba, gaan hulle sorg vir spuite en mediese voorsorg? Natuurlik onthou hulle realiteit ook. Gaan hulle met die tienerstreke kan saamlewe en gaan hulle nogsteeds mal oor die baba wees wanneer die baba groot is?
Ongelukkig kry ‘n mens ook diegene wat opsluit die baba soek, omdat dit so oulik is. Die baba word soos ‘n menslike baba groot gemaak. Die baba raak groot en is skielik nie meer so oulik nie. Daar kom ‘n nuwe baba wat soveel ouliker is. Die ouer baba moet plek maak vir die volgende. Van hopeloos te veel aandag, is die enigste aandag wat die ding nou kry ‘n skop hier en ‘n skel daar. Saam met al die oud-oulike babas van die verlede. ‘n Hoop verwaarloosde ex-babas wat iemand se selfsug moes voed.
Dit is nie ‘n sonde om nie van diere te hou nie. Los hulle in vrede as dit die geval is. Sou jy egter besluit om ‘n dier deel van jou lewe te maak, is dit ‘n lewenslange verbinding. Een waar jy versorging, liefde en ‘n huis moet verskaf tot jy of die dier julle laaste asem uitblaas. Nie net tot die babavet verval nie.
Watter vereistes behoort voornemende troeteldier eienaars aan te voldoen?
Breinvasbrand: Wat is ‘n alpakka?
Breinlosbrand: Olga was reg met Babs Laker.
alpakkga is familie van die kameel. Kleiner tipe mak lama.
eerste.
Ons is juis nou besig om deur die drama te gaan van huissoek vir ‘n klomp klein hondjies.
Ek is mal oor baba diertjies!! Daai gesiggies!! AG MOEDER!!
Ek kan nie verstaan hoe iemand ‘n baba diertjie kan seer maak nie!
Dis wat mense nie altyd besef nie, is op daai oomblik was dit ‘n goeie idee om ‘n hondtjie / katjie te kry… maar daai diertjie soek aandag, kos, mediese hulp, bed en liefde!
Ons tuin was al opgeeet, uitgehardloop en meubles gate in gevreet… hare oral waar die honde lê of skuur – maar ons is daar deur sonder om eens te dink aan “kind” weggee! Maar dan kry jy mense wat dadelik SPCA toe is binne ‘n paar weke! Dink bietjie voor jy net koop!
elektriese kabels afgekou, krag getrip, bol poe op die skoon mat. Ai, mens moet weet wat jy koop. Dis net net oulik nie. Jy moet hare op jou tande he on veral n klein hondjie groot te maak. Dis n lewenslange verbintenis met baie verpligtinge maar ook baie plesier. Nes in die geval van n baba verwek, vra ek, besin voordat jy begin.
Wat ek wens is dat baie mense verby die oulike puppy/kitten stadium wil kyk, en besef dit is ‘n baie langer as een jaar commitment. Baie mense is onbevoeg om troeteldiere te hê, net soos baie nie kinders moet hê nie.
Ek wil ‘n alpakka/lama hê. Die ander plot naby ons het mense 2 lamas, een witte en een swart een. Hulle is soooo cute, veral as hulle geskeer is.
Wil jy sien hoe lyk ‘n alpaca? kyk hier: http://toortsie.wordpress.com/2011/01/25/groot-mond/
Ag, hulle is dierbaar. Het die hele kamp vol gewei, maar toe hulle ons sien, het hulle almal nader gekom en by ons kom staan sodat ons hulle koppe kon krap.
As die persoon wat met ons gesels het, reg was… kom hulle uit Suid-Amerika. Ek dink hulle wol word afgeskeer.