Daar is min dinge wat so oulik is as ‘n baba diertjies. ‘n Handvol geel dons wat ‘n hoender gaan word of die platbek skugterheid van ‘n baba makou. Daar is hondjies wat so hulpeloos en dom lyk en babakatjies wat astrant en nuuskierig ondersoek instel. Klein pienk varkies wat jy glad nie as bacon kan sien nie. Daar is ook kalfies wat skaam flikvlooi of ‘n lammetjie wat agter hulle ma’s moet gaan skuil. Almal een ding in gemeen. Reg om enige mens se hart te steel en jou te oortuig dat jy ‘n dieretuin wil hê.
Dit is net hier wat die paw-paw die waaier slaan en een vet gemors veroorsaak. ‘n Redelike mens sal koppies krap en dreig om te steel. Dit gaan net by dreigemente bly, want ‘n redelike mens neem eers die diertjie se welsyn in ag. Kan hy/sy die nuwe baba bekostig, het hulle plek vir die nuwe baba, gaan hulle sorg vir spuite en mediese voorsorg? Natuurlik onthou hulle realiteit ook. Gaan hulle met die tienerstreke kan saamlewe en gaan hulle nogsteeds mal oor die baba wees wanneer die baba groot is?
Ongelukkig kry ‘n mens ook diegene wat opsluit die baba soek, omdat dit so oulik is. Die baba word soos ‘n menslike baba groot gemaak. Die baba raak groot en is skielik nie meer so oulik nie. Daar kom ‘n nuwe baba wat soveel ouliker is. Die ouer baba moet plek maak vir die volgende. Van hopeloos te veel aandag, is die enigste aandag wat die ding nou kry ‘n skop hier en ‘n skel daar. Saam met al die oud-oulike babas van die verlede. ‘n Hoop verwaarloosde ex-babas wat iemand se selfsug moes voed.
Dit is nie ‘n sonde om nie van diere te hou nie. Los hulle in vrede as dit die geval is. Sou jy egter besluit om ‘n dier deel van jou lewe te maak, is dit ‘n lewenslange verbinding. Een waar jy versorging, liefde en ‘n huis moet verskaf tot jy of die dier julle laaste asem uitblaas. Nie net tot die babavet verval nie.
Watter vereistes behoort voornemende troeteldier eienaars aan te voldoen?
Breinvasbrand: Wat is ‘n alpakka?
Breinlosbrand: Olga was reg met Babs Laker.
Wie runnik saam?