Mooi Vergaan

26 01 2011

Met verskoning aan Richard en Lochner. 

Ja, daar was voorheen ‘n tyd van dramas 
Waar en waneer het ons dit verloor 

Dalk in die tyd wat ons besluit het dat omdat ons ‘n Afrikaanse produksie het, dit maar aan kwaliteit te kort kan skiet.  Ons kan mos net die begroting blameer.  Die feit dat ons goeie skrywers, goeie akteurs en al die nodige talent maak seker nie saak nie.  Daar was ‘n tyd gewees waar daar nie skaam was om ‘n been hoog te lig om saam met die groot honde te pieps nie.  ‘n Tyd waar ons trots en parmantig vir almal wie ons kon tong uitgesteek het.

Ek dwaal egter af.  Vandat Ballade vir ‘n Enkeling die eerste keer uitgesaai was, was ek gek oor Gavin van der Berg.  Let wel dat ek op daardie stadium nog nie eers in die kleuterskool was nie.  Kaptein James Kerwin mag ‘n tommie gewees het, maar dit beteken nie ek het minder van hom gehou nie.  Al het hy elke oggend in sy onderbroek saam met Sloet Steenkamp gehardloop.  Ek het iewers besluit dat hy my absolute gunsteling akteur is. 

Iewers het hy sy blou oog held rolle ingeruil op die skruk tipe.  Teen die tyd kon ek sy talent waardeer, al het ek nie van die nuwe tipe rolle gehou nie.  Teen die tyd wat my hormone behoorlik ingespring het, was hy nie meer die man wat hy was nie.  Daar was egter niks fout met my hormone toe Ballade weer uitgesaai was nie.  Glo my, die man kan wragtig enige vrou liries maak.  Genoeg rede om alle planne te kanselleer wanneer hy op die kassie kom. 

Soos ek met vanaand gedoen het toe ek hoor dat hy op Pasella gaan wees.  Tot my innige spyt.  Kyk, ek weet oud word het sekere nadele en nie baie mense verouder goed nie.  Dit is nie net dat Gavin lelik oud geword het nie.  Die man lyk regtig sleg!

Hy het drasties agteruit gegaan.  Bleek, bewerig en uitgeteer.  Ek mag natuurlik nie my bedenkinge hardop noem nie, maar dit sal my nie verbaas nie.  Dit is nogal hartseer.  Hy mag dalk gister se held wees, maar mens wens hom tog voorspoed toe.  Dit is nie lekker om te sien hoe hy wegkwyn nie. 

Ek het altyd ‘n bek vol te sê oor sterre en hulle biografië of sensasiesoeke.  Alhoewel, ek sal graag wil weet wat het van die prins van Afrikaanse TV geword?  Ek het al gelees dat hy finansieel niks oorgehad het en in sy kar geslaap het.  Hoekom?  Net as gevolg van die Afrikaanse dramas wat taboe geword het?  Ek twyfel.  Ek wil graag weet wat fout is en of daar vir hom omdraai is.  Indien wel, hoekom het hy dit nie geneem nie. 

Dit klink kras, maar hy het nie meer veel van ‘n loopbaan nie.  Kom maar met alles uit – as daar iets is – en laat ander dan uit Gavin se foute leer. 

Hoe voel julle?  Wie was groot aanhangers van Gavin van der Berg?  Wil julle graag weet wat het gebeur?  Watter ander ou akteurs en sangers wonder julle?

Breinvasbrand:  Wie het die rol vertolk van Jacques Mynhardt se teeflike ma?

Breinlosbrand:  Alle “immortals” is weeskinders / vondelinge (babas was gevind is sonder ouers).  Olga was dus amper reg.


Aksies

Information

9 responses

26 01 2011
Olga

eerste!!!!
Babs Laker????
Ek moet erken dat dit ‘n skok was om Gavin te sien. Wens ek het nie pasella gekyk nie. Ek het ook gewens my afspraak daag nie op nie dat ek Gavin kon sien. What a fucking let down.

26 01 2011
Olga

Grieters, dink jy in sy geval het DEUG bly staan?

27 01 2011
J W W

Hallo mense

😀

27 01 2011
Olga

more, more.

27 01 2011
demoerin

Daar leer ek nou ‘n nuwe woord – vondelinge. Cool!
Ek is mal oor Sharleen Surtie Richards, maar ek weetie of sy al onder die “ou garde” val nie. En dan was daar natuurlik Anna Neethling-Pohl, wat ek dink een van die baanbreker vrouens in Afrikaanse toneelspel was. En o ja, Sandra Prinsloo. Daar is seker nog baie waaraan ek nie nou kan dink nie.

27 01 2011
BB

Sjoe! Amper is ek nou bly ek het daai een gemis. Jip – hy was by my beslis ook ‘n groot favorite! Die stem het hom nog meer memorable gemaak.
Dis netso hartseer soos van die ou country sangers en ook Afrikaanse sangers vir wie daar nou oral ‘ten bate’ van events gehou moet word. Het hulle regtig in hulle haydays maar net nooit aan die dag van môre gedink nie? Soos Oom Edwill – die man het omtrent elke rugbytoer meegemaak die hele wye wêreld in. Hoog aangeslaan as kommentator/aanbieder amperse celeb status gehad. Hordes country’legendes’ wat virre skamele paar rand optree al is dit in ‘n scaly donker g@t van ‘n ‘joint’ waar jy nie graag gesien wil word nie. En toe? Aftree? En meteens net mooi niks gehad nie? Geen huis. Geen pensioen. Geen medies. Geen kinders of familie nie?
Ek wil wragtig nie point nie. Life happens – and sometimes sh!t happens. Maar, dit voel so of die celebs sometimes so die wave ride, dat hulle vergeet, dat as daai high-tide kom hy jou kan uitspoeg op droë grond en jou soos daai spreekwoordelike vis sal laat hap na asem.
En dan tree die ‘groot’ kunstenaars in (of is dit ‘op’) en verkoop kaartjies ten bate van (maar glo my, hulle vat steeds hulle ‘basiese’ betaling). Hoeveel van daardie ‘ruim/goedhartigheid’ is werklik opreg? Hoeveel doen dit ulitmately ook maar net weer vir publisiteit en om vir nou, vir nog ‘n ruk langer hulle eie wave te ride?
Sad…. baie sad.

27 01 2011
Charms

Agge nee man, hoe verskriklik lyk hy nie. Ek was natuurlik vasgepen voor die kassie as daai man op was. Die stem, die oë, die gesig, die hare, die alles. Dis tragies. En JA ek wil graag weet wat met hom gebeur het.

27 01 2011
Xena Phoenix

Olga

In al sy vark rolle wou ek hom nog altyd iets aan doen. Ek dink sy deug – so ver dit sy toneelspel aangaan – het bly staan. Dit is regtig hartseer om hom so te sien.

DMI

Ek dink darem Sharleen maak nog so af en toe ‘n verskyning. Sandra ook, wanneer sy lus het. Anna Neethling-Pohl was beslis ‘n baanbreker in haar veld. Natuurlik, sy is mos ook ‘n Aster.

Biebs

Dit is hartseer. Jy laat my nou aan iets anders dink. Die Country Sangers het mos oor die algemeen dayjobs gehad. Het hulle bloot nie beplan nie, of is al hulle geld in hulle kuns in. En jy het ‘n punt, hy het ‘n pragtige stem.

Charms

Hy was die moeite werd om vir by die huis te bly voor. Soos iemand my vertel het, sy het gecringe elke keer wat die kamera gister op hom was.

28 01 2011
toortsie

Ek was ook mal oor hom! Baie meer as oor die “held” wat in die Afrikaanse kamp was en mense aan sy kant gekry het en hulle dan gedrop het. Ek het gelukkig nie pasella gesien nie. Maar dit sal darem lekker wees as daar weer so ‘n lekker afrikaanse storie op die TV kom… dan sal ek ook weer TV kyk

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: