Met verskoning aan Richard en Lochner.
Ja, daar was voorheen ‘n tyd van dramas
Waar en waneer het ons dit verloor
Dalk in die tyd wat ons besluit het dat omdat ons ‘n Afrikaanse produksie het, dit maar aan kwaliteit te kort kan skiet. Ons kan mos net die begroting blameer. Die feit dat ons goeie skrywers, goeie akteurs en al die nodige talent maak seker nie saak nie. Daar was ‘n tyd gewees waar daar nie skaam was om ‘n been hoog te lig om saam met die groot honde te pieps nie. ‘n Tyd waar ons trots en parmantig vir almal wie ons kon tong uitgesteek het.
Ek dwaal egter af. Vandat Ballade vir ‘n Enkeling die eerste keer uitgesaai was, was ek gek oor Gavin van der Berg. Let wel dat ek op daardie stadium nog nie eers in die kleuterskool was nie. Kaptein James Kerwin mag ‘n tommie gewees het, maar dit beteken nie ek het minder van hom gehou nie. Al het hy elke oggend in sy onderbroek saam met Sloet Steenkamp gehardloop. Ek het iewers besluit dat hy my absolute gunsteling akteur is.
Iewers het hy sy blou oog held rolle ingeruil op die skruk tipe. Teen die tyd kon ek sy talent waardeer, al het ek nie van die nuwe tipe rolle gehou nie. Teen die tyd wat my hormone behoorlik ingespring het, was hy nie meer die man wat hy was nie. Daar was egter niks fout met my hormone toe Ballade weer uitgesaai was nie. Glo my, die man kan wragtig enige vrou liries maak. Genoeg rede om alle planne te kanselleer wanneer hy op die kassie kom.
Soos ek met vanaand gedoen het toe ek hoor dat hy op Pasella gaan wees. Tot my innige spyt. Kyk, ek weet oud word het sekere nadele en nie baie mense verouder goed nie. Dit is nie net dat Gavin lelik oud geword het nie. Die man lyk regtig sleg!
Hy het drasties agteruit gegaan. Bleek, bewerig en uitgeteer. Ek mag natuurlik nie my bedenkinge hardop noem nie, maar dit sal my nie verbaas nie. Dit is nogal hartseer. Hy mag dalk gister se held wees, maar mens wens hom tog voorspoed toe. Dit is nie lekker om te sien hoe hy wegkwyn nie.
Ek het altyd ‘n bek vol te sê oor sterre en hulle biografië of sensasiesoeke. Alhoewel, ek sal graag wil weet wat het van die prins van Afrikaanse TV geword? Ek het al gelees dat hy finansieel niks oorgehad het en in sy kar geslaap het. Hoekom? Net as gevolg van die Afrikaanse dramas wat taboe geword het? Ek twyfel. Ek wil graag weet wat fout is en of daar vir hom omdraai is. Indien wel, hoekom het hy dit nie geneem nie.
Dit klink kras, maar hy het nie meer veel van ‘n loopbaan nie. Kom maar met alles uit – as daar iets is – en laat ander dan uit Gavin se foute leer.
Hoe voel julle? Wie was groot aanhangers van Gavin van der Berg? Wil julle graag weet wat het gebeur? Watter ander ou akteurs en sangers wonder julle?
Breinvasbrand: Wie het die rol vertolk van Jacques Mynhardt se teeflike ma?
Breinlosbrand: Alle “immortals” is weeskinders / vondelinge (babas was gevind is sonder ouers). Olga was dus amper reg.
Wie runnik saam?