Ek het onlangs weer die Highlander reeks raakgeloop en op die juweeltjie afgekom.
Tessa: After all she’s done to you, why do you care whether she’s happy or not.
Duncan: I don’t know, Tessa. She has made me laugh when there were not too many things to laugh about. Maybe that doesn’t seem important, but those are the things I remember of her.
Daar woord dikwels oor vriende gepraat. Wat jy as ‘n vriend moet doen en wat jy van ‘n vriend kan verwag. Hoe vriende deur dun en dik by mekaar staan en nooit jou sou verraai nie. Iemand wat jou deur en deur ken en altyd daar is om na jou te luister. Iemand wat jou baie goed ken en van wie jy hoe. Oor die algemeen ‘n redelike somber prentjie, juis omdat dit op die verpligtinge in donker tye konsentreer. Miskien ook omdat dit kastig ‘n sonde is om ligsinnig te wees.
Daar is tog mense wat jou met ‘n paar kwinkslae of streke uit die modder uit kan sleep. Moontlik ligsinnig en moontlik stel hulle minder as niks aan jou laste belang nie. Jy gaan dalk nie ‘n geduldige oor en ‘n bree skouer kry nie, maar dit is baie moontlik dat hulle ook gaan sorg dat jy dit nie nodig kry nie. Wie wil nou in elk geval beswaard wees as jy kan lag?
Kan dit wees dat jy die mense wat jou laat lag meer as wat redelik is vergewe? Baie moontlik, vermaak is deesdae nie goedkoop nie. As iemand jou jonk en sorgeloos laat voel, kan jy seker ‘n paar goedjies oorsien. Nie dat ‘n vriend wat jou laat lag jou noodwendig op een of ander manier gaan laat betaal nie. Hulle kan seker tog ook die soort wees wat ‘n bree skouer kan aanbied soos wat dit nodig mag wees.
Vandag wil ek by julle weet wie of wat laat jou lag? Het jy vriende wat jou op die donkerste dag kan laat lag? Vertel ons so ‘n bietjie van hulle.
Breinvasbrand: Wat omtrent hulle kinderjare het alle “immortals” in gemeen?
Breinlosbrand: JWW was reg met Meatloaf.
Wie runnik saam?