Hallo Maatjies
Tannie Ougat het my huiswerk gegee en julle weet mos dat ek ‘n plukgetroue heks! 😀 Ek doen altyd my huiswerk. 😛
Tannie Ougat het gesê ek moet speel dat ek ‘n Jufheks is. 🙂 Ek gaan eendag wanneer ek groot is ‘n jufheks wees en daarom moet ek baie skool-skool speel. 😉 Julle mag almal saam speel, maar onthou dat ek die jufheks is! 😈 Dit is later julle se beurt.
Julle moet my vragies vra en ek moet antwoord. Ek is ‘n slim heks, ek ken al die antwoorde.
Tatta Maatjies.
Wie runnik saam?