Hallo Maatjies
Heksie het nie net mense maatjies nie, ons kan dieremaatjies ook hê. Ek het hierdie week by my parratjiemaatjie gaan kuier. Sy naam is Jannerina en hy het altyd vreeslike lekker rooikoeldrank. 😆
Jannerina het my gevertel dat hy eers ‘n vissie was toe hy ‘n baba was. 😯 Amper soos ‘n vissie wat Kolletjies somtyds wil eet, net kleiner. 😀 Hulle lyk soos ‘n kolletjie met ‘n stertjie aan. Dan kry die vissie handjies en voetjie en sy strepie verdwyn amper. 😯 Dit is soos hulle parratjies word en dan heksies kan help om te toor.
😛 Maatjies, julle moet nou nie dink die vissie word ‘n paratjie getoor nie. Uhm, nee, never. Jannerina sê dit word metamorfose genoem. 😆 Sien julle hoe slim ek is, kyk net die groot woorde wat ek ken. Een van die dae gaan ek ‘n skooljuffer wees en al die maatjies slim maak.
Pattertjies hou daarvan om op groot blare op die water te sit en kwek. 🙂 Ek dink hulle sing vir die maan. Jannerina sê hulle hou baie van swem en haal deur hulle velle asem. 😯 Ek dink Jannerina jok vir my.
Ek moet nou vir Jannerina gaan leer toor. Tata, Maatjies!
Wie runnik saam?