As dit 4 wiele het . . .

11 01 2011

Jare terug het ek die grap gehoor van Van der Merwe en die Amerikaner.  Die Yank was aan die spog oor sy plaas en het Vên vermaak met die grote.  As die Yank op die een punt van sy plaas in sy bakkie geklim en gery het, het hy twee dae nodig gehad om die ander punt van die plaas te bereik.  Vên was nie juis beindruk nie.  “Ja, Swaer!  Ek het ook so ‘n bakkie gehad.”

Ek kon vandag nie help om daaraan te dink nie.  Ek het besluit dat om die sonskyn te benut en Lucy weer vir ‘n slag te gaan skoon maak.  Ek het haar persoonlik self gery na die naaste karwassery.  Soos gewoonlik het ek gou by die ry ingeval en toe binne gaan betaal.  Daar was heelwat mense wat voor my in die tou was, almal het seker dieselfde idee gehad. 

Die mense in die Corolla voor my het my aandag getrek.  Elke keer wat die ry vorentoe beweeg het, het die man uitgeklim en die kar vorentoe begin stoei.  Die vrou het rustig gesit waar sy sit.  Die wasser en die een man agter my het gou genoeg ingespring om te help.  Elke keer wat die lyn vorentoe beweeg, moet die kar gestoot word.  Later het die manne net ingespring, met die eienaars wat in die kar sit.  Nadat dit gewas is, moes dit na die stofsuig punt toe gestoot word.  Daarna moes dit eers aan die brand gestoot word voordat die mense kon waai. 

Ek behoort seker nie daardeur geamuseer te wees nie.  Ek kon net nie dink hoekom iemand ‘n kar wat hulle so in die skande sou steek sal wil gaan was nie.  As die vuilheid pla, kon dit in die privaatheid van hulle huis gewas word nie. 

Ek het nou nie ‘n storie van ‘n kar wat my in die skande gesteek het nie.  Ek ry nie graag Toyota nie.  Het julle stories van waar julle kar julle bloedrooi laat bloos het?

Breinvasbrand:  Watter jaar is Toyota gestig?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met “al is dit net ‘n kleintjie”





Gegewe Perd

11 01 2011

Daar word gesê dat ‘n mens nie ‘n gegewe perd in die bek moet kyk nie.  Dit is ondankbaar.  Ek is dan voorwaar die ondankbaarste mens wat julle ooit die voorreg gehad het om te kruis.

Sien, ek is deesdae ‘n versamelaar van wen lotto kaartjies.  Sonder dat ek eers 1 sent gedobbel het.  Die kleinste kaartjie wat ek kry is maar net £750 000.  Per dag per epos adres – en ek het nie net een epos adres nie.  Ek sit met etlike miljoene onopgeëiste wenkaartjies.  In ponde, dollars – man, alles – behalwe Zim Dollars.

Ek kan eintlik al lankal my hut in die Amazone gehad, met al die internet toegang wat ek ooit sou benodig.  Ek kon ‘n voltydse skrywer en ‘n fotograaf in my aftye gewees het.  Dalk ‘n voltydse fotograaf wat skryf in my spaartye.  As dit alles ‘n mislukking is, maak dit ook nie juis saak nie.  Ek het al reeds meer as genoeg en daar blyk geen einde aan my goeie geluk te wees nie. 

Ai, al die voorspoed verveel my eintlik.  Hoekom voel ek nog te jonk om af te tree?  Dalk moet ek een van die eposse aanstuur wat my plek in die hemel waarborg en dan al my wildste drome gaan najaag.

Rol julle ook al in die Lottokaartjies wat miljoene gewen het?





Lunch Week 2/11

11 01 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Kool; Boontjies; Brokkoli
  2. Orkaan Katrina; Demoina; Tsunami in Indonisië
  3. Harte; Diamante; Skoppens
  4. Papa Chico; Mama Jack; Panic Mechanic
  5. Apostel Perde; Koets; Ossewa