My Famienkies

7 01 2011

Hallo Maatjies

Ek is die varkansie by Ouma Heldina gewees.  😀  Eendag het ek, Ouma Heldina en baba Bonkie gaan niekpiek hou.  Ek en Baba Bonkie is glad nie selfsugtig nie.  😛 Sien, ek weet van groot woorde, selfsugtige hekse is heksies wat net aan hulle selwers dink.  🙂 Ons het al ons beertjies saam laat niekpiek.  😆

Skielik was daar ‘n geKAKAKAKAA en ‘n geKEKEKEKEE en ‘n geHIEHIEHIE.  :mrgreen:  Dit was toe wraggies my famienkie wat ook wou kom niekpiek het.  😈  Ek het gedink my Ouma Heldina gaat hulle met haar besem wegjaag, maar dit was toe wragtig ‘n verkassing vir my en Baba Bonkie.  :mrgreen:  My famienkies wou ook vir julle kom hallo sê. 

Hierdie is myse nefie Kwaaina.  Sy is baie soos die Kwaai Kaboutertjie en die ou Perse is tog bang vir haar. 

En hier is nefie Soete Liefna.  Sy hou baie van babatjies.  Sy gaan sing altyd vir mensbabatjies en dan droom hulle soet flieks.  Sy is Baba Bonkie se eie mamma. 

My nefie Rooila het in die rooi koeldrank geval toe sy klein was.  Sy hik en giggel baie en toor altyd alles rooi. Sy dink tog sy is Koningin By, maar ek het ‘n neus vir haar.  Sy moet net haar eie tisjoe bring. 

En hier is my ander ouma, Laviga.  Ek het altyd by haar gebly toe ek ‘n baba Heksie was.  Heksies moet altyd by hulle ouma gaan bly sodat hulle mammas baie kruiserye in die bos kan gaan soek vir al die tore.   

En hier is nefie Avika.  Sy dink sy is koos omdat sy kan vlieg, maar my besem laat my nie aarde toe val nie.  TSK!! 👿

Sien julle maatjies, ek is tog die mooiste en slimste heks van almal. 

O ja, Tannie Ougat het gevertel sy gaan my mond toeplak, maar sy vervel more.  Al die heksies wil vir haar sing.

Veels geluk tannie Ougat

Omlat jy vervel

Ons hoop daar is rooi koeldrank

Wat Rooila sal laat staan

En Baie koeke en persente

Vir nog ‘n jaar.

Tata Maatjies





Lunch Week 1/11

7 01 2011

Liedjiepret

(Geen een woord titels sal aanvaar word nie.  Die vertaalde titels van 3 liedjies is verskuil.  Identifiseer dit met die sanger.)

Snaaks hoe ‘n amptelik naam dikwels van die ware jakob verskil.  Almal weet waar baker straat is, maar Van der Merwe straat is ‘n ander storie.  Die klub aan die end van die straat beteken meer as ‘n naam.  As daar eers gebou word en dan oor strate bekommer word, kan ons almal bly waar die strate geen name het nie.

Liriekeraai

(Liedjie en sanger)

  1. humidity’s risin’
    barometer’s getting low
    according to our sources
    the street’s the place to go
  2. Raindrops falling from heaven
    Could never take away my misery
    But since we’re not together
    I pray for stormy weather
  3. I’m out of work, I’m out of my head
    Out of self respect, I’m out of bread
    I’m underloved, I’m underfed, I wanna go home
  4. I  never wanted to be your weekend lover
    I only wanted to be some kind of friend, hey
    Baby, I could never steal you from another
    It’s such a shame our friendship had to end
  5. O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
    DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
    DIE OOMPIE KERF DIE PITTE EN HY SIT DIE HELM OP
    HY SMEER HOM TOE EN STOOK HOM EN HOU DIE VOORLOOP DOP




Ou Dames met Knopkieries

7 01 2011

Reën is lekker, reën is goed, maar reën elke dag die hele dag lank vir ‘n week of langer is te nat na my sin.  Ek is ‘n Suid-Afrikaner en moet dus soms fotosinteer.  Nie baie son nie, maar net genoeg dat ek nie heeltemaal soos ‘n bleeksiel wat ek is moet lyk nie.  Buitendien haat ek nat skoene met ‘n passie en ek kan nêrens heen loop sonder om in ‘n plassie te trap nie.  Hier en daar wil ek selfs in die modder vassit. 

Nou die dag, krap ek in die boekrak by my ma rond en kom op ‘n boek van Jenny Seed af.  Die vertaalde titel is “Redding in die reën.”  Ek het dit ‘n paar keer as ‘n kind gelees en kon dit nou weer binne paar ure lees.  Dit is ‘n ware verhaal, van hoe ‘n tienermeisie in ‘n modderstorting in haar huisvasgepen word.  Die modderstorting wat veroorsaak is deur ‘n oormaat reën.  Die boek is al 20 jaar gelede uitgegee, maar dit dien tog as getuie van die vloede wat in die 80’s iewers Natal geteister het.  Ek onthou ons het ook in st 5 ‘n boek omtrent dieselfde tema gedoen.  Die titel en skrywer het my ontgaan. 

Die vloede is nie so lank terug nie.  Ek kan die beeldmateriaal daarvan nog onthou, al was ek destyds nog ‘n kleuter gewees.  Ek onthou die huise wat dakhoogte in water was en mense wat in bome vir redding gewag het.  My geheue laat my dalk in die steek (ek dink amper ek was nog nie eers skool toe in die tyd nie), maar ek dink Ladysmith was een van die dorpe wat erg getref is.  Ek het op skool foto’s gesien hoe massief die Howick valle was na die vloede.

Die was ook nie die enigste vloede waardeur Suid-Afrika al gegaan het nie.  Dit was voor my tyd, maar die dorre Karoo dorpie, Laingsburg, was op 25 Januarie 1981  omtrent deur ‘n vloed uitgewis.  Die Buffelsrivier het oor sy walle geloop, maar binne ‘n paar uur was die dorp onder water.  Mense het op hulle dak gaan sit om die water vermy, maar kort voor lank het die huise ook meegegee.  104 mense is daardie dag dood en net 21 geboue, onder andere die NG kerk, het na die vloed bly staan.

  Vloede is dus nie algemeen in Suid-Afrika nie, maar wanneer hulle verskyn is dit verwoestend genoeg.  Op die oomblik is daar reeds 30 mense in KwaZulu Natal alleen dood weens vloede.  Die reën is blykbaar nog lank nie verby nie.  Weereens ‘n bewys van hoe nietig die mens is – heeltemaal weerloos teen die elemente. 

Het julle al genoeg van die reën gehad?  Hoe benut jy reëndae tot die maksimum?

Breinvasbrand:  Watter familie was die stigterslede van Laingsburg?

Breinlosbrand:  Macduff