Lunch Week 1/11

6 01 2011

Couples Theraphy

(Rangskik die terme in pare wat by mekaar pas en gee die gemeenskaplike faktor van die groep).

Rusland; Bier; Skotland; Vodka; Suid-Afrika; Tequila; Duitsland; Vodka; Mexiko; Whisky; Duitsland; Stront wat hulle maak wanneer hulle gesuip is.

Gemeenskaplike faktor?





Matriekuitslae

6 01 2011

Noem my gerus maar sinnies of bitterbek. 

Ek lees vanoggend dat die matrieks almal verras het en inderdaad beter gedoen het as die groep van 2009.  Ten spyte van die stakings is die slaagsyfer vanjaar 7 % hoër.  Nie dat 67% matrikulante wat geslaag het iets is om oor opgewonde te raak nie. 

Is dit net ek wat rot ruik?

Ek onthou oproepe van dat seker kandidate se werk met ‘n ligter hand gemerk moet word.  Ek onthou van leerlinge wat gestaak het om 25% pasella saam met hulle punte te kry. 

Ten spyte van die uitdagings en oepse van die jaar, doen hulle beter as die vorige jaar?  Teen almal se verwagtig?  Was daar dalk nie met ‘n ligter hand gemerk en ‘n Kersgeskenkie bygesit nie?

Vertrou julle die uitslae?





Aangeroepte Noodlot

6 01 2011

Ek is so effens bygelowig.  Ek skrik nie vir ‘n swart kat nie en dit pla my nie om onder ‘n leer deur te loop nie.  Eintlik is die meerderheid van my gelowies te doen met goed wat aangenaam is.  As my linkerhand jeuk is ek oortuig dat ek gaan geld kry en wanneer ek in stront trap, glo ek dat die geluk my ook sal tref.  Nie dat ek nou spesiaal in stont sal trap nie, so afhanklik is ek beslis nie van geluk nie. 

As daar een ding is waarin ek vas glo is dat ‘n mens nie die noodlot moet tart nie.  Ek is nie so seker dat ek nou die regte term het nie.  Selfopgelegde profesië is dalk beter, maar ook nie in die kol nie.  Dit is nie ‘n vloek wat jy net op jou self bring nie, maar ook soms op ander mense.  Dalk glo ek bloot net dat jy ‘n vloek oor jouself en oor ander kan uitspreek.  Dat dit wat jy vir jouself en vir ander voorspel waar kan word – en dit is nie altyd ‘n goeie ding nie. 

‘n Seun wat daagliks hoor dat hy ‘n nikswerd is, gaan groot word om ‘n nikswerd te wees.  Tensy hy besonderse wilskrag het of as daar ingryping van ‘n ander aard is.  ‘n Meisie wat vertel word dat sy pateties is met Wiskunde, gaan pateties wees.  As jy ‘n spieël breek en die 7 jaar ongeluk vrees, gaan die vrees nie ongegrond wees nie.  As daar op ‘n troue al gefluister word oor hoe lank die huwelik gaan hou, vorm die eerste krake sommer voor jou oë. 

Ek sidder soms oor wat mense hulleself toeëien in ‘n poging om simpatie te soek.  Ek weet van mense wat al voorgegee het dat hulle kanker het om geld uit ander te kry.  Daar is daardie klassieke geval van die ouma wat dood is om as ‘n verskoning te gebruik, al bly sy springlewendig op haar eie en die jongmense gas gee.  Die ergste in my oë is diegene wat vloeke en / of toestande oor hulle eie kinders uitspreek. 

Jannie is hiperaktief en eintlik is Jannie ‘n doodnormale, woelige 2 jarige.  Saartjie stel dalk vir die oomblik meer belang aan die hond se streke as haar leesles en daarom moet sy ‘n leerprobleem hê.  Ma is verveeld en nou dig sy allerhande siektes aan haar pap baba toe.  Sommer ‘n miskraam of 3 vir meer aandag.  Wie sal nou ooit weet? 

Is hulle nie bang dat die vloek die kind gaan tref nie?  Die “miskraam” waarvoor almal jou op hande dra tref jou dalk regtig.  Die bloedsiektes wat jy jou kind toedig, tref hom of haar dalk oor ‘n jaar of drie.  Kry die prentjie?

Ek kan dit dalk ‘n stap verder neem met die naam wat ‘n kind kry.  Sadness sal verseker ‘n hartseer lewe hê en Sorrow sal trane saai sover hy gaan.  Dit is een van die redes hoekom ek unieke name verkies, dit gee die kind darem ‘n kans om hulle eie sterre te soek. 

Terug na die eintlike punt van bespreking.  Persoonlik probeer ek die “Sê nou maars”, die “voorspellings” en “vloeke” nie oor ander of myself uitspreek nie.  Ek hoop altyd vir die beste en dit weer altyd so uit.  Ek sal nie eers ‘n keuse maak tussen iets soos doof of blind nie.  Dit is ‘n besluit buite my hande en ek verkies dit so.  Sou ek wel eendag voor die ondenkbare te staan kom, sal ek weet dat dit nie iets is wat ek oor myself gebring het nie. 

Hoe voel julle daaroor?

Breinvasbrand:  In Macbeth, wie was die man “not born of a woman”?

Breinlosbrand:  Olga was reg met lewersiekte.





Gerry Rafferty

6 01 2011

16 April 1947 – 4 Januarie 2011