Lunch Week 1/11

4 01 2011

Uilspieël

(Watter een pas nie en hoekom pas dit nie?)

  1. Draadkar; Lekgoa; Snotkop
  2. Steenbok; Valentynsdag; Granaat
  3. Lady Di; Lady Marmalade; Dark lady
  4. Dalmasiër; Tier; Jagluiperd
  5. Swartbord; Banke; Selfone




Dringende Sake

4 01 2011

Die gemiddelde mens se fisiogoliese behoeftes is vir hulle van allerhoogste belang.  Dit is nie my eie wysheid nie, maar ‘n feit soos ‘n perd dat jy nie oor ander dinge begaan is nie, solank jou liggaam gelukkig is.  Vir die meeste bevoorregte mense is dit net ‘n teorie.  Jy is nooit so honger dat kos jou enigste bekommernis is nie – wel, behalwe nou die van ons wat aan niks anders dink nie.  As jy dors is, kan jy vir jou iets kry om te drink; as jy koud kry, trek jy vinnig genoeg vir jou iets anders aan.  Daar is wel een behoefte wat jou gou genoeg na jou eerste vlak terug dwing. 

Wanneer jou agtertande begin swem en jy kan nie ‘n draai gaan begin loop nie, dan is jy ten volle bewus van jou menslike behoeftes.  Vandat Eva daardie vrug van goed en kwaad bespring het, het ons mos ook boonop skaam geraak vir ons self.  Ons soek ten minste ‘n bossie, verkieslik goed weggesteek tussen heelwat ander bossies.  Daarby weet ons van higiëne, dus kan ons nou ook nie ‘n bossie gebruik wat nog nat is van die vorige besoeker nie. 

Kortom, dit is nie altyd so maklik om ‘n toilet te besoek soos wat jy dit nodig het nie.  Ideaal sal almal net by die huis wil piepie, maar dit is helaas nie altyd moontlik nie.  ‘n Publieke toilet gaan jy een of ander tyd moet aandurf.  Dit is nou natuurlik as jy een kry sonder ‘n klankie of oorblyfsels van die vorige besoeker.  Hoekom hou mense so baie daarvan om iets van hulleself agter te laat?  Is daar iets fout met my as ek seker maak dat wanneer ek by die deur uitloop daar niks van my agterbly nie? 

In jou soeke na ‘n geskikte piepieplek, wens jy soms dat jy die groot pot plant in die hoek kan gebruik.  Dit sal ten minste skoner wees.  Dit is dan wanneer diegene wat entrepreneurs is jou sien aankom.  Wat is R5 vir persoon nou as jy jou bene lam knyp?  Op die punt is jou finansies die laaste van jou bekommernisse.  As jy dan moet betaal om te pieps, dan is dit nou maar so.  Mits die R5 gebruik word om die plek skoon is.  Ironies genoeg dink hulle jy is so desperaat dat die higiëne heeltemaal vergete bly.  Die R5 is net daar omdat hulle jou dit kan vra. 

Ek kom nie oor die idee om te betaal om te piepie nie.  Daar is gewoonlik ‘n ander plan om te maak.  Ek was al by gehuggies waar hulle ‘n R5 sleuteldeposito vra.  As jy dan versuim om die sleutel terug te bring, verbeur jy jou R5.  Dit is seker regverdig.  Ek sien nou die dag ‘n plek vra R2, tensy jy hulle klient is.  Ek sou seker gedink het dit is afpersing, as ek verby my nood kon dink.  Ek was egter op die punt wel ‘n klient gewees.  Ek wonder nou, as ek 7 keer petrol ingooi, sonder om van hulle fasiliteite gebruik te maak, het ek dan 7 piepies in die bank?

Vertel so ‘n bietjie hoe gebruik julle ‘n publieke toilet?  Staan jy – al is jy ‘n sit?  Ontsmet jy sover as wat jy gaan?  Wat gemaak as daar nêrens een is nie? 

Breinvasbrand:  In Priscilla, Queen of the Desert; van wie het Adam (Felizia) ‘n aandenking in die toilet gekry?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Tina Joemat-Pettersson.