So kom ons tot ‘n einde van nog ‘n jaar en soos altyd sal sekere goed seker nooit verander word nie. Die Oujaar sal seker nie self sy ry kry nie, dit moet mos weggeblaas word. Al is daar heelwat wette daarteen en elke jaar oproepe dat mense dit nie moet doen nie. Party mense het nie ore en sal seker eers end kry wanneer hulle met ‘n klapper in die anus opeindig.
Ek was vanmiddag in Graskop gewees en het hierop afgekom.
Let op. Dit is ‘n stalletjie buite, waar dit onder andere ook aan die son blootgestel is. Dit is dus ‘n wesenlike ontploffings gevaar. Julle kan ook sien, behalwe vir die volume, is dit nogal menere. Daarby is daar duidelike wette omtrent die verkoop van vuurwerke, wat nogal duidelik hier beskryf word. Ek haal aan wat vir my perfek sin maak:
It is not possible for any informal sale of fireworks (hawkers, roadside or any open-air sellers) to conform with this Act. It is imperative that any informal displays of fireworks for sale or sellers of fireworks in the open air are reported to the SAPS as quickly as possible.
Ek kon dit nie net daar laat en elkeen sy brood en botter gun nie. Ek het die plaaslike polisiekantoor daarvan in kennis gestel en het so half en half moed geskep toe die konstabel so effens geinteresseerd klink. Hy het belowe om dadelik iemand uit te stuur. Dit was nie eers 10 minute nie, toe sien ek die bakkie daar verby ry. Met ‘n vervlakste polisieman wat nie ‘n blou duit omgee oor die onwettige verkoop van vuurwerke nie.
De hel met die diere. De hel met al die dronklappe wat met die vuurwerke gaan kyk hoe hulle diere kan opblaas. De hel met al die minderjariges wat dit gaan koop en moontlik ook nog hulleself daarmee gaan verongeluk. Niemand gee ‘n duiwel om nie.
Ek gaan more weer kyk en is sommer baie lus om ‘n vuurhoutjie in te gooi as die polisie nie hulle werk wil doen nie.
Vir almal wat more hulle diere moet kalm hou, sterkte. Ek hoop julle kry genade, met krag slaan julle dalk net ‘n paar mense wat dit verdien dood.
Hoe voel julle oor vuurwerke? Wat van net 10 minute op die laaste dag van die jaar? Moet ‘n mens maar die mense los om ‘n geldjie te kry soos hulle goed dink?
Breinvasbrand: Waarvoor staan TNT in plofstowwe?
Breinlosbrand: Olga was reg met 1912.
Hey Merrieperd
Ja wragtig ek dink jy moet sommer ‘n zippo daar tussen die lotte loop ingooi…die DBV gaan verseker (soos alle vorige jare – ondanks die nuwe wetgewing) weer hulle hande vol hê…voorspoed vir jou
Breinvasbrand – Tri Nitro Toluene
@XP ek het gou gou vir jou ‘n vuurhoutjie gepos.
Ek haat vuurwerke ek was dalk ‘n hond in my vorige lewe want die geraas sal my sommer deur die vensters laat spring.
Ek hoop jy kan vinnig hardloop, want as jy daai vuurhoutjie gegooi het en hy sy werk doen…..
‘n Stad wat bepande vuurwerke doen, van die soort wat jy op TV sien, is vir my mooi. maar die gemors wat elke jan rap en sy maat skiet… ag nee wat. almal staan op ‘n hoop, skiet net waar en wanneer hulle wil en kyk nie wat hulle doen nie. my hond is angsbevange met die eerste skoot wat klap
Testing 1 2 3
Yes! Uitfreakineindelik! Ek poog gou weer om my 2c te los
Ek pos nie daai vuurhoudjie nie…. Ek druk somme die grootste pyl op in hul holle en light die dem ding self!
Daar sal sal altyd ‘n poephol of 10 wees wat die goed verkoop. Die eintlikke sondebokke issi mense wat actually die goed koop. TSK! Hulle voel ‘n veer….. nee, ‘n 4k vir diere. Dis nie eens kjinners wat te stupid issi, ma groot mense! WTF! Demmit man! Ek wil inmy broek in bollie (lees k@k) as ek die nuwe jaar ingaan met 3+ ekstra honde op my erf. Ek het nou al geleer om tenminste 5 ekstra inspuitings te koop vir die honde wat by my kom skuiling soek.
Diere is soos kjinners…. Hulle het baie liefde aandag norig.
Ten slotte. Het jy daai koos se nommer plaat dalk neergeskryf? Ek sal dem seker maak dat hy gemur word
Da is ek alweer gemoderate. En ek het nie eens sooooo baja gesets nie 😕
Hallo Almal
Daardie groep was darem gister weg, maar ek is nie seker of hulle weggejaag of uitverkoop was nie.
Die ou lees seker jou blog! Toe skrik hy hom vrek toe hy sien wat jy beplan!!
Her på knull kontakt har du muligheten til å komme
i kontakt med damer og menn som bor i ditt område og du kan avtale sextreff med noen
som bor rett i nærheten av deg. Du har nok av kjedelige netter og lyst på sex
i det fri, partnerbytte eller Hardcore. Er du av den spontane typen eller kansje bare kjempe
kåt.