Koekies Eet

30 12 2010

Daar is min dinge so aangenaam soos tuisgebakte koekies.  Verslind gaan jy dit verslind, die vraag is net hoe.   Eers moet jy jou drinkdingetjie regkry.  Koffie of ‘n glas melk, maar daar is mense wat sweer by tee.  As jy wil werk warm sjokolade ook en ek het as kind niks oorgekom om die koekie met ‘n koeldrank af te sluk nie.  As jy iets sterkers verkies, kan ek nou nie regtig iets aanbeveel nie.  ‘n Soetwyntjie sal seker werk. 

Koekie eet is ook nie so eenvoudig soos dit klink nie.  Party mense moet dit eers in ietsie doop en dan die deurweekte stukkie op presies die regte oomblik hap.  Ander gril hulle dood as die koekie nat is en nog ander kan die krummels wat agtergelaat word nie uitstaan nie.  Daar is ook die mense wat vreeslik gesteld is op etiket wat dit as onbeskof beskou. 

Hoe hou jy van jou koekies?  Hoe eet JY ‘n Oreo?  Wat is jou gunsteling koekies en bak jy dit ooit self?

Breinvasbrand:  Wanneer was Oreo’s ontwikkel en geproduseer?

Breinlosbrand:   Demoerin was reg met Nomvula Mokonyane.


Aksies

Information

7 responses

30 12 2010
Wille Kjind q

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!

30 12 2010
Olga

tweede. Ek bak deesdae omtrent net vir die feestyd. Ek hou van vlakoekies, maar my huismense hou niks daarvan nie. Ek dunk my koekies.

31 12 2010
inmywoorde2011

Hey Olga…ek is ook gek na vla koekies maar dit moet tuisgebak wees….laat weet net wanneer jy bak en ek is daar….

30 12 2010
Olga

oreos was 1912 ontwikkel en word sederdien geprodusefr.

30 12 2010
demoerin

Ek hou van daai vla koekies wat met die versiersuiker aanmekaargeplak is. Mmmmm. Jy doop hom net vinnig in die koffie om die koffiesmaak by te kry. Ek sal by die tuisnywerheid moet stop vanmiddag 😆

30 12 2010
Xena Phoenix

More More

Ek is nou honger vir koekies.

30 12 2010
Grappie

Haarkapster aan dogtertjie in die salon wat staan en koekies eet , staan soontoe jy gaan hare op jou koekie kry , Ja tannie ek weet en tieties ook

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: