Gauteng Bestuurders

29 12 2010

Ek is nie ‘n getroue Gautenger nie.  Iewers het ek met die verloop van jare geleer hoe om soos ‘n gesoute Gautenger te bestuur.  In die land van Rome moet jy mos maak soos die Romeine.  As jy nie die ongeskrewe reëls van die provinsie volg nie, gaan jy elke dag gevloek word.  Gautengers het nog geduld met die besoekers aan die provinsie, maar daar is geen genade met een wat ‘n GP kar rondry nie. 

Gautengse bestuurders is natuurlik in geen ander provinsie welkom nie.  Hulle word as verwaand, arrogant en uiters slegte bestuurders gesien.  Niemand kla natuurlik as die Gautengse geld soos water stroom nie, maar dit is ook al van Gauteng wat goed en reg is.  Geld is stom, maar almal het ‘n bek vol van hoe daardie geld verdien word.  Maar ek dwaal af . . .

Gauteng bestuurders word besonders haastig gesien.  Ek stry nie, almal sal haastig wees as jy op ‘n gereelde basis ‘n uur of 3 vassit in die verkeer.  Mens kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie, as jy ‘n tydjie kan spaar met jou voet in die hoek, dan vat jy dit.  Blykbaar neem die verkeer op die hoofpaaie jaarliks met 21 000 karre toe.  Dit klink verskriklik, maar volgafstand is ‘n luukse.  Jy moet doodeenvoudig leer hoe om ‘n ruimte optimaal te benut.  Almal is haastig, as jy nie indruk nie, gaan jy eers in Bloemfontein of Polokwane die nodige afrit kan neem. 

Alles praktiese redes hoekom Gautengers ry soos hulle ry.  Dit is natuurlik voordelig ook.  Dit moet ‘n positiewe invloed op jou reflekse hê en dit hou jou op en wakker.  Dit is ook ‘n uitstekende manier om te ontstres.  Dit help jou ook natuurlik om senuwees van staal te kweek. 

Natuurlik is dit ver van logies vir die ander provinsies.  Plekke wat dink dit is ‘n verkeersknoop was daar meer as twee karre gelyk by ‘n robot is.  Hulle sien net nie die voordele van die Gauteng-bestuur in wanneer hulle saam met jou ry nie.  Hulle is veral blind wanneer jy nie by ‘n kruising wil kamp in hulle dorpe nie en vinnig deurskiet nie.  TSK!

Wat het geword van gasvryheid en leer van nuwe vaardighede?

Hoe voel julle oor Gautengse bestuurders?

Breinvasbrand:  Wie is die premier van Gauteng?

Breinlosbrand:  Anaphylaxis, hoewel DMI se beskrywing is ook reg.


Aksies

Information

12 responses

29 12 2010
demoerin

Nomvula Mokonyane

Ek dink ons is wakker bestuurders, ons leer om die hele tyd te weet wat om jou aangaan.
Baie Durbaniete wat ek teëkom sê egter ons GP’s bestuur beter as hulle.

30 12 2010
Xena Phoenix

Baie Kapenaars erken dit ook. Dit altyd vir my skokkend – hoe stadig die Kapenaars ry. Letterlik al die tyd in die wereld.

29 12 2010
iNmYwOorde

Genade Merrieperd ek wat van ‘n plattelandse dorpie is sal natuurlik glad nie aard in die stad nie….as mens daar bestuur voel dit kompleet of jy in ‘n miernes is…jy ry net koes koes…genoeg om enige mense van sy sinne te dryf….

29 12 2010
inmywoorde2011

Genade Merrieperd ek wat van ‘n plattelandse dorpie is sal natuurlik glad nie aard in die stad nie….as mens daar bestuur voel dit kompleet of jy in ‘n miernes is…jy ry net koes koes…genoeg om enige mense van sy sinne te dryf….

30 12 2010
Xena Phoenix

Wel, daar is mense wat sal redeneer dat ons nie mense is nie, maar rotte 😉 Ry in die stad is glad nie so erg nie. Dit is amper soos chicken speel, terwyl almal weet dat jy brieke in jou kar het. 😆

Baie welkom hier.

29 12 2010
ekisanna

Dis nes jy daar skryf Merrie, haastig en blykbaar onbeskof vir ons plattelanders, GPs dan vriendelik word. Hulle almal waai vir my so asof hulle my ken, maar dis gewoonlik net met die middelvinger en so nou en dan sit hulle darem die wysvinger by. Haastige, maar vriendelike mense.

29 12 2010
ekisanna

Shit! Hierdie keyboard! Die hele middelste deel van my comment waar ek verduidelik hoe ek met kenmerklike plattelandse rustigheid en vriendelikheid bestuur het weggeraak.

30 12 2010
Xena Phoenix

Anna

Dit is maklik. Kap hulle vingers af en stuur hulle hel toe. Hulle is ook nie welkom in Gauteng nie.

29 12 2010
Nikita

Ek het byna 6 jaar ‘n gedeelte van die BenSchoeman/ N1 gery en moet se daar was kere [veral as ek heel regs gery het] dat ek gevoel het soos daardie kat! [paniekerig!] Jy kry bestuurders en bestuurders en dis daardie tweede groep wat die padvarke is. Ek laaik jou foto hierby, dit se als. 🙂

30 12 2010
Xena Phoenix

Ek is bly dat jy dit oorleef het. In die regterbaan moet jy laagvlieg! 😉

29 12 2010
Wille Kjind q

Eish! Ek het geen geduld en jaar soos ‘n besetene rond. Ek was al ‘n paar keer inni Kaap en wil my polse elke keer met ‘n nat buskaartjie sny. Ek moet seke eendag leer om staaaaaaaaarig te ry ma oooooo weeeee…… Dit sal seke eendag op ‘n reen dag wees 😈

30 12 2010
Xena Phoenix

Of eendag wanneer jy oud is en in die regterbaan kan kruip!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: