Lewe met Allergie

27 12 2010

Om een of ander rede word allergie altyd met nies en loperige oë en neus verbind.  Ek self is goed bekend daarmee.  Wanneer die jakarandas blom of dit is kosmos tyd, lyk dit kompleet of ek die heeltyd tjank.  Boonop raak ek doof omdat my ore toegeslaan het en kom slaap daar elke aand ‘n vrot stink hond in my mond. 

Allergiese reaksie, wat ook gediagnoseer kan word as hooikoors of sinusitus.  Jy voel asof jy doodgaan, maar jy weet darem dat dit nie die geval is nie.  Daar is ook heelwat maniere om dit te bestuur om die simptome te minimaliseer.  Dit is nie aangenaam nie, maar dit waai gou genoeg oor. 

Aan die ander kant is daar mense wat op ‘n daaglikse grondslag moet waak teen allergie.  Ek dink nou spesifiek aan mens wat allergies is vir koring.  Klink maklik genoeg, sny koring uit.  Tot jy besef hoeveel goed het koring in.  Dit beteken nie net vermy brood en stampkoring nie.  Dit sluit koeke, terte en koekies in.  Baie stollingsagente het ook koring in.  Alle pastas is koringprodukte .  In ‘n samelewing soos in Suid-Afrika vat dit nogal toewyding om koring in geheel te vermy.  Almal aanvaar ook altyd iemand eet eiers, maar daar is heelwat mense wat allergies is daarvoor. 

Sleg voel is darem nog nie dood gaan nie.  Daar is allergië wat letterlik mense se dood in minute kan veroorsaak.  Net een ontydige by of een etiket wat jy verkeerd gelees het.  Het julle al opgelet in hoeveel produkte is daar ‘n waarskuwing dat daar moontlik neute in die produk kan wees?  Daar is selfs ‘n waarskuwing as ‘n spesifieke produk in dieselfde fabriek gemaak word as wat neutprodukte in gemaak word.  Die mense gaan nie net ‘n dag of wat sleg voel nie, hulle gaan dringende mediese behandeling benodig, mits dit natuurlik betyds is.

Kan julle julleself indink in hoe ‘n mate dit ‘n mens se lewe beperk.  Jy moet nie net weet wat al die bestandele is van wat jou voorgesit word nie, maar ook waarmee dit in aanraking kon kom?  Boonop is neute mos ook lekker.  Dit is voorwaar die straf van vadere.  Dieselfde geld vir mense wat allergies is vir seekos. 

Gee my dan eerder ‘n rooi neus en toe ore.  Ten minste kan ek nog eet wat ek wil.

Waarvoor is jy allergies?  Hoe beinvloed dit jou lewe?  Wat is die ergste allergie waarvan jy al gehoor het?

Breinvasbrand:  Wat is die algemene reaksie van mense wat allergies is vir neute as hulle daaraan blootgestel word?

Breinlosbrand:  Olga was reg met steenkool, uie en knoffel.


Aksies

Information

7 responses

27 12 2010
Twilight

Gelukkig is ek vir niks allergies nie. Ek kry hooikoors van katte, maar ek LIEF hulle en dus het ek myself grootliks immuun daarteen gemaak. Ek ken nie persoonlik iemand wat so verskriklik allergies vir iets is dat dit sy/haar dood kan veroorsaak nie, maar weet dat ouers met allergiese kinders hel op aarde het. Kinderpartytjies, pouse by die skool, kuiers by maatjies… oral kan die gevaar skuil.

28 12 2010
Olga

tweede. Allergiee is n bummer. Ek is allergies vir koring, het n lae weerrtand teen eiers, is allergies vir kathare, voelvere en alles wat ADCo se. Dit kan moontlik die bewarings middele wees wat hul gebruik.

28 12 2010
demoerin

Ek is baie gelukkig, ek is nie allergies vir enigiets nie (wel niks wat ek tot nou toe al uitgevind het nie). Ek is veral bly dat ek nie allergies vir enige kos is nie, dit sou nou ‘n ramp van enorme proporsies gewees het.

As ek nou die movie Monster in Law reg onthou, is neut-allergie reaksies ‘n uitslag, geswelde tong en lippe en respiratories (kannie asem ky nie). Ek dink dit kan so erg wees dat jou bloeddruk kan val, en jy lighoofdig kan voel of selfs uitpass. Iemand het my eend ag vertel dat die neut-allergie sorg vir die meeste allergie-sterftes.

28 12 2010
Olga

wow. Ek het gesien neut allergiee is loshande die intenste. Kos allergiee is nie maklik nie. Ek dooi oor brood en eiers.

28 12 2010
toortsie

ek is die meeste allergies vir mislike mense!! 😦
maar my neus is ook maar permanent toe. en dit gaan seker beter as ek nie brood eet nie, maar ons verbou dan koring….???

30 01 2012
Charmain

My dogter is 7 jaar oud. Was permanent siek die laaste jaar en ‘n half. Het uitgevind dat sy vir koring en grondboontjies allergies is. Is verskriklik moeilik om vir haar kos te maak. Is ‘n groot aanpassing vir die hele gesin. Waar kan ek dalk ‘n goed uiteengesit dieet plan vir haar kry?

17 01 2019
Mandie

Ek is allergies vir eiers soya produkte neute en peanuts en graan wat EET n men’s om die goed te vermy

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: