Nuttelose Inligting oor Kerskaartjies, pos en Etes

22 12 2010

Voor die tyd van smse was daar ‘n tyd van Kerskaartjies.  Ons het altyd van November rond Kerskaartjies gekry en dit was altyd oor ‘n lyn in die sitkamer gehang.  Kerskaartjies suig deesdae ver aan die agterspeen.  Snaaks hoe ons in Suid-Afrika maklik die ou goed los wanneer daar iets nuuts op die horison verskyn.  Kersfees is ‘n familiefees en waar kom familie nou ooit bymekaar sonder om te eet?  Ek het hierdie stukkies inligting gaan uitkrap.

  • In Victorianse Engeland het die mense posbodes robins genoem omdat hulle uniform rooi was.
  • Die eerste Kerskaartjies is op 9 Desember 1842 in Engeland gemaak.
  • In 1937 het Oostenryk die eerste seëls uitgereik om Kersfees mee te herdenk.
  • UNICEF het in 1949 die eerste Kerskaartjies vir liefdadigheid gemaak.
  • In Oekraïne word die Kerstafel met twee tafeldoeke gedek.  Een van die doeke is vir die afgestorwe familielede en voorvaders en die ander vir die lewendige familie.  Dat spoke nou soveel kan mors.  TSK!!
  • In navolging van die Romeine en die Middeleeue, is dit vir die Britse offisiere tradisie om die kelners te wees vir die manskappe tydens die Kersete.  Die Romeine het lank voor Kersfees mos Saturnalia gevier.  Hiëragie was op sy kop gekeer, slawe was base en die gepeupel het die stad oorgeneem.
  • Gelukkig kan tradisie tog verander as dit nodig word.  In die vroeë Engeland het hulle tradisioneel varkkop met mostert vir ‘n Kersete geëet.

Aksies

Information

6 responses

22 12 2010
Olga

gr8. My nolie se fav gereg. Ek wonder of hul pap daarmee geeet het.

22 12 2010
BB

Ek het my kerskees kaartjie van my daddy in die pos gekry aan die begin van Desember – soos elke jaar met ‘n foto op met die uitsig van sy studeerkamer in rigting die wynberge in Suid-Duitsland… hierdie jaar het hulle daai nag 50cm sneeu gehad… ek loooove sy kersfees kaartjies!
Ek stuur ook vir die familie (en ‘n paar close ou vriende) elke jaar een met ‘n foto van die kinders voorop. Die grootes weet al om te kom ‘pose’ vir dié jaarlikse geleentheid… So het ek self ook met die jare ten minste eenkeer per jaar ‘n foto van die drie saam.
Ek is vrek tradisioneel met Kersfees – van die spyskaart tot die boom, die adventskrans, die koekies bak en die hele tooty… Ek loooooooooove Kersfees!!
(ek lief net nie so baie van Krismiskoek nie – maar het ‘n paar jaar terug ‘n amazing lekker manier gekry om dit te verwerk na die allerheerlikste happies – so nou vreet ons ons knuppeldik aan krismiskoek :mrgreen:

22 12 2010
BB

(ek wou nog sê – ek het die mees beautiful Christmas tree baubles (balle) in Duitsland gekry lank gelede – daar is plek aan die een kant om ‘n stukkie papier in te skuif… ek skryf ‘n naam van die dierbares wat ek wil onthou met sierskrif op ‘n mooi papier-‘tag’ en skuif dit daar in – en hang dit tussen die ander blinkes aan die boom. Dis maar net om ons mooi herinneringe te honor.

22 12 2010
demoerin

Dit is so ‘n cool gedagte BB!

23 12 2010
JWW

Varkkop? blêg !!! Amper nou gekotz 😛

23 12 2010
Gogga

Sjoe hoe bly is ek nou hulle et kalkoene ontdek hier op die modder eiland.
Ek eet gewoonlik alles maar weet nie so mooi of daar nog mens hie is wat ‘n varkkop mooi kan gaar maak nie.

BB – Dit is die beste idee wat ek nou nog gehoor het.. Ek gaan sommer nou mooi nota papiertjies koop en jou idee “leen”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: