Kersfees is natuurlik die ideale tyd om ons huise so ‘n bietjie op te tert en vrolik te maak. Is daar iets meer feestelik as ‘n Kersboom vol liggies? Baie mense versier ook hulle huise en tuine in die tyd. Sommer net om ander te plesier of as deel van ‘n fondsinsameling soos die liggiehuis in Danville. Hier is vir julle ‘n paar gedagtes om aan te herkou.
- Die Wêreld se grootste Kersfeesboom Struktuur was in 2009 in Brazilië bereik. Dit was 127.99 m hoog.
- Die grootste kunsmatige Kersfeesboom is ook van Brazilië in 2000. Dit was 52 m lank en was van groen PVC gemaak.
- Braziliën het ook die grootste drywende Kersfeesboom gehad – in 2007. Dit was ‘n volle 84 m hoog gewees.
- Meer as 1 miljoen akkers (404 686 hektaar met ander woorde) grond is vol geplant met Kersfeesbome (wat seker Dennebome moet wees).
- In Indië word piesangbome as Kersfeesbome ingespan.
- Die Holly bessies is giftig.
- Die grootste Kerskrekker wat 45.72 meter land en 3.04 meter in diameter. Dit was boonop funksioneel ook.
- Die grootste Kersfees kers ornament wat 3.9 meter lank en 3.1 meter in deursnee.
Ek wonder wat was in daardie cracker?
ek het ook nogal gewonder.
Kom ons raai
In alle waarskynlikheid was daar seker speelgoed en kos vir liefdadigheid gewees.
Klink offe duikboot daarin kon pas.
As ek nou baie vinnig reg uitgewerk het, kan dit amper 22 000 l petrol vat.
Ek raak nie aan ‘n vlas kersboom nie. Ek het ‘n ding dat hulle nie baie geluk bring vir my nie. Vandat ek nie meer aan hulle raak nie is die hospitaal besoeke die tyd van die jaar heelwat minder.
Ek weet dit is simpel maar ek kan darem vanaand as ek in my boodjie sit op die rivier en my gat afvries een ding minder hê om oor te worry ek het nie aan ‘n vals boom geraak nie.