Mense is eintlik baie voorspelbaar. Altyd op soek na iemand wat dieper agter die deur staan. Elke jaar wanneer sondaarsbelasting aangekondig word of iemand weer aan die rokerswet te karring, word dieselfde gedagtes van vooraf aan almal se kele afgedruk. Hoekom word op ons arme rokers gepik. Ons maak niemand dood deur ons plesier nie (wel, in elk geval nie onmiddelik nie). Rook breek nie huise op nie en rook lei nie gaan geweld nie (behalwe wanneer daar ‘n beduiwelde nie-roker in die omgewing is). Drank is die eintlike sondebok en die regering moet eerder daarop konsentreer en die rokers los om in vrede te rook waar hulle wil.
Geen redelike mens kan stry dat hulle ‘n punt beet het nie. Naamlik dat die misbruik van drank ‘n baie groter euwel is as ‘n gerokery. Die wortel van baie ongelukke, baie maatskaplike probleme en baie bakleiery kan vierkantig voor Bacchus se deur gelaai word. Die groot verskil is dat jy die keuse het of jy saam wil drink, maar jy het nie daardie keuse waar mense rook nie. In elk geval, die regering het geluister en die regering het besluit dat drank ook aangespreek word. Regering is seker ‘n bietjie wyd, dit is eintlik die Departament van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling.
Persoonlik het ek nie baie simpatie vir rokers of drinkers nie. Ek is wel ‘n sosiale drinker, maar ek drink nie by elke sosiale geleentheid wat ek kry nie. Ek sorg ook dat ek binne perke bly. Nogtans kan ek nie help om ‘n wenkbrou te lig oor die regering se nuwe idees nie. Ek het niks teen hulle idee dat hulle die alkohol limiet wil wegneem nie. Selfs een glas wyn het wel ‘n effek, al is dit nie nou nie juis sigbaar nie. Van daar af weet ek darem nie.
Die regering wil ‘n moratorium op verdere dranklisensies plaas. Geen nuwe restaurante en seker winkels sal nuwe drank lisensies kry nie. Mens kan seker net so goed op koffie of koeldrank kuier, maar gaan dit regtig ‘n invloed hê? Restaurante is veronderstel om nie verdere drank aan aangeklamde mense te verkoop nie. Dit is gewoonlik wanneer mense hulle eie drank iewers heen sleep of by die huis suip dat daar marakkas kom. Drank kom nie altyd van wettige bronne nie. Drank kan ook baie maklik by die huis gemaak. As iemand wil drink, veral die probleem drinkers, is die bron van die drank maar ‘n klein besonderheidjie.
Volgende wil hulle ook advertensies van alkoholiese drankies stop. Net soos hulle destyds met die sigarette gedoen het. Dit beteken ook dat hulle nie meer borgskappe kan gee nie. Die afwesigheid van advertensies het mense nie laat ophou rook nie. Dit het nie gekeer dat nuwe geslagte begin rook nie. Maak nie saak hoeveel keer ek die Savannah advertensie sien, proe dit nog steeds soos kattepis. Ek kan nie sien hoe die gebrek aan bemarking mense gaan dwing om minder / glad nie te drink nie.
Ek is wel deeglik omge-ellie oor die moontlike verbod op borgskappe. SAB het byvoorbeeld verlede jaar R23 miljoen net aan die Britse en Ierse Leeus rugbytoer spandeer. Onthou hulle borg ander rugby, sokker en krieket ook. Sonder hulle borgskappe, wat gaan dan gebeur?
Ek sal julle vertel. Die borgskappe gaan nog swaarder op banke en selfoonmaatskappye rus. As die regering ‘n verbod op borgskappe wil sit, hoekom verbied hulle nie banke en selfoonnetwerke om borge te gee nie. Dit sal natuurlik geen verskoning laat hoekom selfoontatiewe en bankkostes so hoog moet wees nie.
Dit bly ‘n keuse om te drink of te rook. Jy het nie juis ‘n keuse sover dit banke aangaan nie en nie veel van ‘n keuse omtrent selfone nie. Terwyl daar geld uit drank en sigarette gemaak kan word (en gebrek aan advertensies beteken net minder uitgawes – onthou dat tot omtrent 80% van omset in bemarking gesteek word), hoekom dit dan nie vir borgskappe gebruik nie?
Hoe voel julle daaroor?
Breinvasbrand: Wie is die minister van Maatskaplike Ontwikkeling?
Breinlosbrand: Charms was reg met Alice in Wonderland.
eerste!
Bathabile dlamini.
Dit bly keuses. Die regering kan nie mense dwing om anders te DINK en BESLUIT nie. Ek glo onnodige tyd en geld word daarop spandeer, hulle kan eerder nog maatskaplike werkers aanstel of nog ARV’s aanskaf. Ek dwing geen ander persoon om in my geselskap te sit as ek ‘n siggaret wil rook nie. Ek glo ook nie alkohol in enige persoon se keel af nie. Dit bly keuses en veratwoordelikheid, want ek sal ook nie iemand laat bestuur, as hy/sy nie eers regop kan staan nie.
More More
Ek wil amper die K-woord hier gebruik. Kommunisme waar die regering namens die burgers dink.
Persoonlik is ek bly dat rook in openbare gebiede verbode is. Ek dink egter ook dat die rookwette soms aan bisaar grens. Soos bv: ‘n roker kan op sy/haar salaris gepenaliseer word as hulle in werkstyd rook.
Goeie more julle!
As ek my feite agter mekaar het gaan Std Bank nie meer sport borg nie… so as dit nie vir SAB is nie, wie gaan dan borg?? Die banke is almal besig om kostes te sny!
Ek het nie ‘n probleem met rook en drank advertensies nie – as jy gaan rook en drink gaan jy rook en drink! Self die gross fotos van longkanker op sigarette stop mense nie, so jammer dan gaan advertensies ook nie hulle stop nie! Wel ons – ek geniet ‘n drankie op sy tyd! 🙂 En rook so 1x keer ‘n jaar ‘n cherrie cigar! 😉
Ek wil juis van bank verander. Dalk moet ek standard bank bel. Ek hoop hulle is van plan om nooit weer sport te borg nie.
Wys weer eens net dat die regering GEEN benul van prioriteite het nie! Is ons ‘n moslem, komunistiese, demokratiese of christen land??? Want sover ek weet word drank in die moslem en komunistiese lande totaal verbied en laas toe ek gecheck het was daar ‘n demokratiese verkiesing hoe het dit skielik in komunime verander?? Wanneer het ons daarvoor gestem??
Snaaks genoeg is SAB die maatskappy in die land met die meeste verbruikersvertroue. Ek dink ook amper dat hulle die grootste brouerye in die wêreld is. Ons maak van die wêreld se beste uitvoerwyne. Dit maak seker nie saak om die inkomste te verloor nie.
Ek sien in Beeld dat 69% van mense die wetgewing steun. Ek dink die meeste mense kan die algehele verbod op drink en bestuur verstaan. Dit is streng, maar nie onredelik nie. Verder as dit, dink ek regtig hulle jaag aan. Vat eers die onwettige verkopers (sommige op straathoeke) behoorlik vas. En gaan van daar af verder.
As ek ‘n onrealistiese regeringsamptenaar is, sou ek gesê het verbied moeilikheidmakers om enigsins drank te gebruik. (Moeilikheidmakers – dronk bestuur, baklei, vrou slaan etc). Eerste oortreding dalk 6 maande, tweede oortreding 2 jaar, derde oortreding lewenslank. Hulle moet natuurlik gemonitor word, dalk sommer elke aand in die plaaslike polisiestasie slaap (volgens ondersteuners van die wet, gaan die tronke mos nou leeg wees). As hulle oortree, moet hulle die res van die tyd in ‘n behoorlike tronk deur bring. Dit sal miskien drank MISbruik aanspreek – maar dit gaan baie moeite vat.
😆 Die mense wat dit steun vergeet dat hierdie regering nie ‘n skoolsokkie kan reël nie – dit gaan net nog vemorste geld wees. Selle met hierdie nuwe tolpaaie om Jozi en PTA. Wie gaan dit administreer? Dit gaan een enorme balls-up wees.
komunisme…. sorry
mense dink nie aan rook en drink as eie vrye keuses nie. Mensie dit as reels, ja, en reels is mos GEMAAK OM GEBREEK TE WORD. Hoe sotlik tog.
Volgende mag ons seker nie meer koffie koop nie.
Rein gedagte. Ek betwyfel egter of die regering gaan bereik met die voornemende wetgewing wat hulle graag wil. Mense sal dan maar net op ander plekke drink. Die probleem met alkohol is dat mense verskillend reageer op dieselfde hoeveelheid alkohol. Vir sommige is een glas inderdaad te veel en hulle behoort hoegenaamd nie te bestuur na hulle gedrink het nie. So, ek dink nie die wetgewing sou onbillik wees nie, net moeilik afdwingbaar. Ek is ook ‘n sosiale drinker (net nie nou nie ). Dit sal my egter glad nie pla as ek by ‘n restaurant kom en daar word nie drank bedien nie. Maak dit regtig soveel saak? Wie sê mens moet alkohol drink om lekker te kuier? Ek het self ‘n paar vieslike gewoontes. Maar ek verpes dit as ander mense rook oor my blaas. En net so is ‘n dronk mens flippen belaglik. Ek wil nie eers dink hoe dit moet wees om saam met ‘n alkoholis te probeer leef nie.
Soos ek sê: Rein gedagte.
O ja, wat die borgskappe aanbetref. Daar is tog oorgenoeg ander maatskappye wat as borge kan optree van sport en/of kultuur? Al is dit ‘n groter klomp kleinder borge.
Die borgskappe is vir my regtig die grootste pyn omtrent die storie. Nie dat ek enigsins omgee of sport borge gaan hê nie. Dit stuit my net teen die bors dat ek nou daarvoor moet gaan betaal. Selfsugtig, ek weet. 😉
Damn… sien nou eers die tannie moet stadig oor die klippe!! Sy val amper uit haar top uit! 😳
Die banke betaal nie vir die borge nie… ons doen!!
En hoekom krieket… dis soooo boring! Borg eerder pina colades vir al jul kliente… dan sal julle nie sulke ongeskikte kliente hê nie 😆