Perdedrolle is nie vye nie

9 12 2010

Ek het eendag iets gelees dat ‘n mens van een en almal iets goeds kan sê – selfs van die duiwel.  Satan is baie dinge, maar Satan is nie lui nie.  Daarvoor moet jy hom krediet gee.

Ek lees nou net dat Annelie Botes haar K. Sello Duiker-prys verloor het.  In die woorde van Morakabe Siekhoa, organiseerder van die toekennings:  “Haar benoeming is weens die rassistiese opmerkings wat sy in die media gemaak het, onttrek.” Dit in verwysing met Botes se onderhoud wat in die Rapport gepubliseer is.  Botes was gevra van watter mense hou sy nie.  Sy het eerlik geantwoord dat sy nie van swart mense hou nie, omdat sy vir hulle bang is en nie verstaan nie.  Sy het haar siening met ‘n paar voorbeelde geillustreer.  Wie van ons kan nie nog voorbeelde byvoeg nie?

Die afgelope paar weke het ons gehoor dat misdaad nie kleur ken nie.  Ek stem saam dat misdaad selfs nog erger is in die swart woongebiede.  Terselfde tyd weet ons almal wat sal gebeur as ‘n wit 17 jarige seun ‘n swart kleuter doodskiet.  Dit gaan nie net ‘n misdaad wees nie.  Dit gaan beslis nie kleurloos nie.  Daar gaan van die hoogste dakke rassisme gegil word en daar gaan geen genade vir die seun wees nie.  Al is hy nog minderjarig.  Ek kan nog ‘n 100 soortgelyke voorbeelde gee.  Jy mag net soos ‘n barbaar optree as jy swart is, van blankes word daar beter verwag.  Dit is seker maar eintlik ‘n kompliment.

Goed en wel, ek is seker nie gekwalifiseer om ‘n uitspraak te lewer nie.  Ek is blank en volgens Suid-Afrikaanse standaarde is ek ‘n rassis wat alle rassisme teenoor my as die straf van die vaders moet sien.  Ek dwaal nou eintlik af, eintlik het die feit of Annelie Botes ‘n rassis is of nie net mooi niks met die saak te doen nie.  Die K. Sello Duiker-prys word mos nie vir anti-rassisme toegeken nie.  Laaste waarvan ek verneem het was dit ‘n prys vir letterkunde.  Maak dit van haar nou ‘n slegter skrywer omdat sy nie politieskorrek is nie?  Die beoordelaars het mos haar boek beoordeel en nie vir haar as mens nie.

Dit is eintlik ironies dat dit die benoemde boek Thula Thula is.  ‘n Boek met swart karakters wat met baie deernis geskets en aan die leser oorgedra is.  Ek vind dit moeilik om te glo dat ‘n rassis die karakters met soveel sensitiwiteit kon skep.  Aan die ander kant, as Botes dan wel ‘n rassis is, verdien sy beslis elke prys van letterkunde wat daar is – juis omdat sy nie haar vooroordele in haar werk laat deurskemer nie.

Dit is egter net my mening.  Iemand wat glo dat die duiwel maar kan kry wat hy verdien.  Hoe voel julle hieroor?  Word prestasie verdien op die werk wat jy gelewer het of op die oordeel van jou as mens?  Sal ons ooit die dag bereik waarop ons mense se werk kan beoordeel, sonder dat persoonlike gevoelens in die pad kom?

As jy oor Thula Thula wonder, gaan lees gerus hier.

Naskrif:  Ek dink nie Thula Thula is die beste boek nog nie.  “Dis ek Anna” het die onderwerp na my mening beter aangespreek.  Annelie Botes is nie my gunsteling skrywer nie, ek vind haar ‘n tikseltjie te realisties.  Ek reken wel dat sy ‘n briljante skrywer is.  Ek dink wel dat die gronde waarop sy die prys verloor het bitter onregverdig is en dit maak my kwaad.  Ek wil amper sê dat Media 24 haar uitverkoop het.

Breinvasbrand:  Watter Annelie Botes boek is gebore uit haar eie dobbelverslawing?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg.  Dit was die enigste lied van ABBA waarop daar ander vocals (van ‘n kinderkoor in Swede) as die 4 hooflede is.


Aksies

Information

16 responses

9 12 2010
Olga

eerste!
Sabbatsreis.

9 12 2010
Olga

k. Sello was of is dalk n swart mens maar die prys was vir haar skryfwerk, nie vir liefde teenoor swart mense nie. Wat het gebeur met die wit seun wie die swart mense vroeer doodgeskiet het?

9 12 2010
Xena Phoenix

Hy was. Hy het in 2005 selfmoord gepleeg.

K. Sello Duiker took his own life on 19 January 2005, a little over a month after another gifted young South African writer, Phaswane Mpe, had died, and at whose funeral he had read the eulogy. Duiker, who suffered from bipolar affective disorder, committed suicide in a state of depression he attributed to his mood-stabilising medication, which he felt was “taking too great a toll on his artistic creativity and joie de vivre” (Van der Merwe, 2005). He may have died by his own hand, but there is no doubt that what killed him was a potentially lethal illness that is stigmatised, little understood and often poorly managed.

http://www.feministafrica.org/index.php/k-sello-duiker

9 12 2010
Xena Phoenix

Johan Nel het 4 lewenslange vonnisse gekry. Plus ‘n ekstra 68 jaar vir elke mens wat hy gewond het (7 jaar) en 4 jaar vir elke een van die mense op wie hy geskiet het. Hy het ook tronkstraf gekry vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Hy gaan nooit weer die buitekant van ‘n tronk sien nie.

http://www.mg.co.za/article/2008-12-12-skierlik-killer-denied-leave-to-appeal

9 12 2010
Twilight

As ek ‘n swart skrywer dieselfde hoor kwytraak het oor witmense, sou ek my verseker vervies het, maar twyfel darem of ek sou geeis het dat hy ‘n welverdiende prys ontneem word.

9 12 2010
Son

Annelie se prys is weggeneem. Wat kan ons eis moet weggeneem word van Julius Malema? 😈

10 12 2010
Xena Phoenix

Sy VIP beskerming.

10 12 2010
Olga

sy tong? More, more.
Hoe oud was johan nel toe hy die moorde gepleeg het?

10 12 2010
Xena Phoenix

18

10 12 2010
demoerin

Ek dink dit gaan weereens oor veralgemening. Om te dink voor jy sê en ‘n kombers oor almal gooi. Ek glo sy is geregtig op ‘n opinie, net soos Steve – maar jy moenie na die tyd by my kla as jy nie verantwoordelikheid vir jou woorde kan aanvaar – en skielik (soos Steve en sy lyfwagte/doodsdreigemente storie) jouself in ‘n victim wil verander nie.

10 12 2010
Xena Phoenix

Rassisme in die Suid-Afrikaanse konteks is nogal ‘n interessante verskynsel. Baie blankes sien niks fout in Botes se woorde nie en so sien baie swartes niks fout in “Skiet die boer nie”. Elkeen is egter dadelik op hulle perdjie as hulle voel daar word nou rassisties teenoor hulle opgetree.

Die Media floreer op reaksie en rassisme is een verseker manier om reaksie te kry. Dit raak dan ‘n oog vir ‘n oog. Swart het sus gesê, daarom kan Wit so sê. Omdat Wit so gesê het, kan swart dit weer sê. En voordat ons weet is die hele wêreld blind.

Ook interessant dat die groepe wat teen rassisme skree baie selektief is oor wanneer iets rassisties is. Daar is nie ‘n vasgestelde stel reëls wat regverdig teenoor almal (ongeag van ras) toegepas word nie. Dit is dalk wat die probleem is. Wat dan boonop verder deur sensasies en emosies aangedryf word.

10 12 2010
Xena Phoenix

Ek voel wel sterk daaroor dat die prys aan haar toegeken is oor haar skryfvernuf en letterkundige vermoë. Dit het niks te make met haar as mens of haar sieninge nie. Ek kan nie sien hoe haar opmerkings haar boek nou minder goed kan maak nie.

10 12 2010
Xena Phoenix

Headpage.co.za
It sux dat this lady lost her award cause she was being real. I’m black but there are some black people i don’t like cause i don’t understand them. Maybe she used the wrong platform. What i don’t understand if she hates black why did she call her book thula thula? thula thula is a zulu saying and all zulu’s are black! Fcuk hofmeyer tho. http://www.headpage.co.za on the way, March 4th 2011 …look out!

http://www.sowetanlive.co.za/news/2010/12/09/racist-writer-snubbed

10 12 2010
Selene Phoenix

Goeie more julle!!

Ek voel dieselfde, sy was vir haar boek / letterkunde benoem nie vir wie of wat sy is nie… en dit kan hulle nie nou na die tyd terug trek nie.

Sy moes dalk nie haar stelling so gestel het nie… maar dis haar eerlike opinie en dink sy was baie braaf om dit te sê. Daar is baie mense van wie ek nie hou nie, swart mense en wit mense… maak dit my nou ook ‘n rasis? Of net die deel waar ek nie van seker swart mense hou nie?

Ek voel as hulle nie wil kleur sit by geweld nie, moet hulle nie ons as wittes so erg straf en hulle eie mense dieselfde dag nog borgtog laat kry nie, want shame hulle het daai dade gedoen agv apartheid… maar die se naam kan nie genoem word nie want hy / sy is minderjarig!!! 👿 Bleddie hel, hulle was toe nog nie eers ‘n idee in hul pa se gedagtes nie!

10 12 2010
11 12 2010
seegogga

Uys Krige se Herzogprys is ook destyds van hom weerhou omdat hy in tweede wereldoorlog aan verkeerde kant geveg het. Omdat daar daardie jaar niemand anders was wat goed genoeg was nie, is die prys toe aan niemand toegeken nie. (Ek kan ongelukkig nie die jaartal onthoue nie. ) Jare later is die prys toe wel aan hom toegeken, maar as ek reg onthou het hy dit toe in beginsel van die hand gewys.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: