Keuses, keuses

9 12 2010

Eendag, in ‘n skielike, onverklaarbare werklus besluit jy om daardie hoekie (lees laai, kas, kamer, motorhuis, boks wat ookal) reg te sien.  Soos jy jou pad deur die stof werk, verhelder alles vir ‘n oomblik en dan verskyn ‘n feetjie.  Oop en bloot, met haar handjie uitgesteek om jou te groet.  Half betowerd bied jy jou pinkie vir haar aan.  Jy begin nou wonder of sy jou sal knyp as jy haar vra, dan klink haar klokkiestem op.

Die feetjie is van die moderne soort.  Drie wense is sou oud soos die berge en sy het iets meer realisties ingedagte.  Dit is nou nie nodig om jou vraatsig te maak nie.  Jy het ‘n feetjie met die hand gegroet, wat meer wil jy hê?  Sy bied jou ‘n keuse, baie opwindend maar iets wat jou lewe gaan verander. 

“Wil jy onsterflik raak of wil jy deur tyd kan reis?”

Niks in die lewe is verniet nie, ook nie keuses van feetjies nie.  As betaling moet jy verduidelik hoekom jy gekies het wat jy gekies het.

Wat sal jy haar antwoord?


Aksies

Information

12 responses

9 12 2010
Olga

ek wil deur tyd reis. Ek wil oral kom waar my voorouers was. Sal ek net 1 bestemming kan he? Of sal ek kan oppak en verder reis ma die vorige geslag?

9 12 2010
Selene Phoenix

Ek wil deur tyd kan reis! Ek wil nie sien hoe almal vir wie ek lief is om my dood gaan nie, en ek bly lewe nie.

En dan kan ek gaan kyk watse nonsens ek as kind aangejaag het… en so paar mense weer sien!

9 12 2010
Xena Phoenix

Ek sal ook eerder deur tyd wil reis. Onsterflik beteken dalk dat jy weet wat die toekoms gaan inhou, maar vertel jou nie veel van die verlede nie. Buitendien, Einstein het bewys hoe verder jy in die verlede terug gaan, hoe jonger word jy.

9 12 2010
Gogga

Ek sal deur tyd reis, Ek sal alles wat ek nie meer kan onthou nie wat ek graag wil onthou gaan neeskryf en seker maak dit brand dieper vas in my gedagtes.

Ek sal nie dinge wil oordoen nie ek wil net gaan onthou.

9 12 2010
Twilight

Nee, genade, kan sy my nie liewer help regpak nie?

9 12 2010
Xena Phoenix

TSK!! Met sulke ondankbaarheid gaan sy jou huis omkrap soos jy nie sal kan glo nie!
😉

9 12 2010
Olga

Ek kan die ou feetjie in ‘n werkbui waardeer. Njannies waar.

10 12 2010
demoerin

Ek wil deur tyd kan reis. Ooo, daar is so baie mense wat ek graag die hand van sal wil skud, tientalle vrae… en ander wat ek graag persoonlik ‘n skop onder die alie wil gee.

14 12 2010
ekisanna

Ek sal onsterflikheid kies slegs as Edward Cullen my byt 😳 Tydreis sal baie interessant wees. Dan kan ek sommer vir myself gaan kyk hoe hierdie hele skepping/evolusie ding gewerk het en moenie eens praat van die interessante mense wat ek so op my reise gaan ontmoet nie!

14 12 2010
Charms

Definitief deur tyd reis tot diep ver laaank terug om my paadjie van dag een af weer te kyk en te beleef.

20 01 2011
Kies ‘n waarborg « Herriemerrie

[…] Paar weke gelede het jy ‘n feetjie ontdek terwyl jy ‘n bietjie reggepak het.  Jy het jou keuse gemaak, maar nooit besef dat jy […]

12 03 2019
Net een klap | Herriemerrie

[…] jare gelede was daar mos hierdie feetjie wat uit my kas getuimel het.  Letterlik – dit was een keer in ‘n dekade wat ek ‘n poging aangewend het om […]

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: