Wie sal na die kinders kyk?

5 12 2010

 

Julie, Augustus, September, Oktober, November, Desember . . . . Sedert Junie het daar nou al 6 maande verloop.  ‘n Halwe jaar.  Nogal baie tyd as jy my vra.  Meer as genoeg tyd vir baie dinge.  Veral as jy weet dat daar verskeie kinders is wat as akteurs vir seksflieks ingespan word.  Dit is egter net my mening – ek meen, ek kry darem af en toe iets te doen. 

Vrydag het die bom gebars dat die Polisie ‘n kinderpornografienes oopgevlek het.  Die nuus het die meeste van ons met walging en woede vervul.  Rapport het vandag ‘n bietjie meer inligting gehad en ek kan maar net vra:  “Waar sal kinders se hulp vandaan kom?”.

Twee pleegkinders (6 en 8 jaar oud) het van babadae af by die betrokke familie gewoon.  Klaarblyklik was hulle in die proses om die twee formeel aan te neem.  Welsynwerkers het ingespring toe die twee kinders swakker op skool presteer het.  Dit was in Junie vanjaar.  Welwetende dat daar nog kinders in die nes is, het dit hulle 6 maande geneem om verder op te tree.  ‘n Halwe jaar waar die kinders nie net in haaglike omstandighede gewoon het nie, maar ook op bloedstollende wyses uitgebuit is. 

Ek kan nog aanvaar dat daar bewyse gesoek moet word om die kinderpornografieklag gewig te gee.  Aan die anderkant verstaan ek dat nie een van die 8 volwassenes werk nie.  Ekskuus, ek is seker voorbeoordeeld, volgens hulle is hulle boere en tuisteskeppers.  Ten tye van hulle inhegtenisname het die huis krioel van kokkerotte en maaiers, en het die reuk van urine en ontlasting in die lug gehang.   Ek twyfel of dinge veel beter was toe die maatskaplike werkers die pleegkinders kom wegneem het.  Keuring van pleegouers is seker ook nie meer wat dit was nie.   In die halwe jaar kon die  Gautengse departement van gesondheid en maatskaplike ontwikkeling nog nie tyd vind om by die betrokke maatskaplike werkers uit te vind hoe die hef aan die vurk steek nie. 

Kan ons Maatskaplike Rade nog vertrou word om na die weerlose kinders van die gemeenskap om te sien?  Sal hulle ondersoek instel as jy hulle laat weet van kinders wat honger ly of wat mishandel word?  Is ek net ongeduldig of is 6 maande ‘n aanvaarbare tyd vir ‘n kind in nood om te wag?

Met die wat Maatskaplike Rade nie juis welsyn as ‘n prioriteit opneem nie, wat staan ons te doen?  Is dit dalk tyd om te doen wat gedoen moet word?  Ek neem aan die Rade gaan nie 6 maande wag om jou te laat aankla vir ontvoering nie. 

Ek weet nie!  Ek weet net ek vertrou die “Welsyn” niks nie.  As een saak van ontvoering dalk die aandag op laksheid en onverskilligheid kan vestig en regstel, word ek vandag nog ‘n ontvoerder.  Ek is net nie so seker dat ek my aandag net by ontvoering gaan bepaal nie.  Daar sal waarskynlik ‘n moord of 2 ook op my kerfstok hê.  As ek dan die beskermheer van kinders by die staat moet oorvat, kan ek net sowel die takie ordentlik doen.

Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Wie het Oliver Twist geskryf?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met  Samuel Cohen.


Aksies

Information

5 responses

6 12 2010
Olga

eerste!

More, more,

charles dickens.

Het jy hulp nodig of wil jy n vigilantegroep stig?

6 12 2010
Xena Phoenix

More More

Ek wil my nogal verstout met ‘n vigilante groep, want terugsit en wag staan my nie juis aan nie.

6 12 2010
Olga

die tyd vir regte mense vir die regte pos is nou. As die stront vir beurse en lenings vir ‘featha stadies’ gaan wegval, sal minder denkers en mediteerdes ‘teachas en sosjal wherkas’ word omdat hul mi telling te laag is om drs en ingenieurs te word en die leerwerk te veel is om ‘loijas’ te word. Dan mag ons weer mense kry wat werk. As meer maatskaplike werkers aangekla word van hierdie gruweldade, met die boosdoeners as medepligtiges, sal dit meer maatskaplike werkers van hul gatte af lig.

6 12 2010
demoerin

Na aanleiding van gisteraand se Carte Blanche, wil dit voorkom asof, soos gewoonlik, die probleem lê by die staat sosiale dienste departement. En dit is sad. Daar is mense wat wil help, maar hulp van die staat se kant af is bietjie min.

6 12 2010
Olga

daar sal seker maar min van kom as die ma weier om in te sien dat daar verkeerde dinge aangegaan het.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: