Mense is darem maar vreemde wesens. Kyk maar gerus net na die koerante die afgelope tyd.
Eerstens het die regtige hekse aanstoot geneem met Manda Reyneke se verwysing na haarself as die wit heks. Reyneke sou ook ‘n kersie brand en met die gees van waarheid praat om te hoor of Helberg regtig dood is. Geen normale mens kan Reyneke ernstig opneem nie. Dit was bloot bangmaakpraatjies waarvoor nie eers die Nigeriërs geval het nie. Die South African Pagan Rights Alliance voel anders. Wit heks kan glo ‘n verwysing wees na ‘n tipe toorkuns. Volgens Damon Leff, hulle direkteur, beskou hekse toorkuns as hul godsdiens en nie as ’n toweragtige manier om te intimideer, af te pers of geweld te veroorsaak nie. Die hekse vrees glo dat die saak gebruik gaan word om vooroordele teen en die belastering van regte hekse te bevorder.
As ek nie so bang was om getoor te word nie, het ek nou sommer reguit gesê dat die hekse juis aandag op hulle gevestig wil hê. Geen haan sou andersins die verband tussen Reyneke en regte hekse gebring het nie. Nou weet Suid-Afrika dat daar hekse is wat toor in plaas van bid.
Nog steeds by Reyneke. Ene Koos Botha (moes sy van nie dalk Van Der Merwe gewees het nie?) reken dat daar ‘n heksejag onregverdige veroordeling van Reyneke is. Volgens hom is sy op 47 op haar topvermoë. Ek haal aan: “Me. Manda Reyneke het haar Boerebloed nie verwater in ’n see van ordentlikheid soos sommige Afrikaner-vroue nie, maar nou word dit aan die groot klok gehang.” Botha voel dat die skuld op Helberg se skouers moet rus.
So met ander woorde behoort Reyneke nie vir haar drange verantwoordelik gehou te word nie. Die feit dat sy op die stadium getroud was is seker maar net ‘n onbelangrike besonderheid. Dat Helberg eintlik met haar dogter uitgegaan het, maak seker ook nie saak nie. Ma se drange geniet voorkeur, al is Helberg oud genoeg om haar seun te wees.
Nou kom ons by die sepie aktrise wat aan ‘n vrou verloof geraak het. Lindie Stander het al ‘n paar maande gelede haarself aan Lucille Koen verloof, elkeen nogal met ‘n ring ook. Eers moes ek gaan soek het wat die aktrise blykbaar gewild maak. Sy vertolk glo die rol van Suster Elize in Binnelanders en was op ‘n stadium ook ‘n aanbieder van Pasella. Hoekom ek nog die moeite doen om die kommentaar van sulke artikels te lees, weet ek nie. Dit is altyd dieselfde.
Wat die kersie op die koek is, is die mense wat van nouaf Binnelanders gaan boikot omdat een van die aktrises openlik gay is. Al weet ek nie eers wie Stander is nie, weet ek dat sy beslis nie die enigste gay aktrise / akteur in die land is nie. Ek wonder nou: As jy een program boikot omdat een van die toneelspelers gay is, moet jy seker almal boikot waar daar ‘n gay persoon in speel. Jy moet seker die mense agter die skerm ook in ag neem. Kan jy nou iets kyk as die haarkapper van die reeks gay is? Wat gaan daar oorbly om te kyk.
Gee die duiwel wat hom toekom. As iemand goed is in wat hy/sy doen, maak dit seker nie saak met wie of wat hulle slaap nie. Gayheid gaan nie deur ‘n televisieskerm afsmeer nie. Anders weet hulle dalk iets wat ek nie weet nie.
😆 Ek het ook daai Koos stuk gelees… hy het heeltemal die pot misgesit… en ook vergeet hy verdedig ‘n ontroue vrou wat mense gehuur het om ‘n moord te pleeg.. sy brief was nie dalk uit die tronk uit nie?
Bwahaha @ DMI
Merrieperd – nes die armes, sal ons die armsaliges ook altyd met ons he. Daai boikotters moet sommer hulle TV’s skenk aan die minder bevoorregtes. Fok tog, ek het nie meer krag vir sulke idiote nie. Regtig waar.
HOOR, HOOR!
Toets toets……….
Dankie tog! Ek het wragtag gedink my blog dae is kort geknip. Ek weeti wat ek aangevag hetti ma ek het errors gekry
I’ts a strange, strange world we live in … Master Jack! 🙄