Hoekom sal ek tog my tyd en energie aan ‘n VIGS skrywe afstaan? Soos iemand nou die dag uitgewys het. Almal is gatvol vir VIGS, hulle kry ‘n oordosis daarvan in die media en skool. Dit is in elk geval glad nie nodig nie. VIGS is ‘n siekte vir moffies en lesbene. Dit is hulle straf omdat hulle afskuwelike seksuele dade pleeg. Anders kry net swart mense dit. Dit kan ook nie anders nie. Soos die goed aanteel moet die natuur die getalle afbring. Dit raak my nie. Ek is ‘n heteroseksuele, wit vrou – ek weet nie eers hoe ‘n kondoom lyk nie. Ek is verhewe bo VIGS.
Nee, ek dink nie werklik so nie. Daar is wel baie mense wat presies so dink en wat waarskynlik sterk aanstoot gaan neem met wat ek gesê het en nog verder gaan sê. Eendag gaan daar dalk pille wees wat die MIV virus sal kan hok slaan, maar daar sal nooit pille vir sotlikheid wees nie. VIGS diskrimineer nie. As meer blankes dit besef het en in ag geneem het, sou die hoogste infeksies nie onder die blanke jong mense gewees het nie.
Nie almal wat MIV positief is het daarvoor gesoek nie. Dit is wel waar dat jy met ‘n verantwoordelike leefwyse jou kanse op MIV infeksie kan beperk, maar daar is geen waarborge nie. Neem nou die vrou wat in haar lewe net met haar man seks gehad het en dan die skoknuus verneem dat sy MIV positief is. Sy word dan boonop deur haar man verwerp as ‘n slet, terwyl sy deur hom die infeksie opgedoen het. Meneer is net nie bereid om dit te erken nie. Hy is nie gay nie, hy is nie swart nie, hy is nie vuil nie . . .
Wat nog van babas wat MIV van hulle ma’s gekry het? Hulle het niks gedoen waarmee hulle Vigs kon verdien nie. Daar is vandag nog mense wat deur bloedoortappings met MIV besmet word. Daar is verkragtings, besmette mediese toestelle, opsetlike besmetting. Alles goed waarteen nie een van ons gevrywaar is nie.
Nie dat ek met die regering se bewusmakingspogings saam stem nie. Dit is bloot net nie effektief nie, dit behoort verder te strek as net die bevordering van kondome. VIGS is die enigste siekte wat al ooit polities beskerm is. Dit kon dus nooit met aggressie aangepak en uitgeroei word nie. Aan die ander kant is daar geen ander keuse as om VIGS slagoffers (en daarmee saam ook VIGS) te beskerm nie. Wanopvattings en voordele vier vandag nog hooggety – en nie onder die onopgevoede ploerte nie.
Het jy al ooit daaraan gedink dat een van jou vriende dalk MIV positief is? Een van jou familielede? Hulle verkies dalk om dit vir hulleself te hou uit vrees vir jou minagting en verwerping. Genadeloosheid en ondeurdenke woorde skop die een wat lê nog verder. Asof hulle nie genoeg het waarmee hulle moet verwerk nie.
Ek het wel ‘n punt wat ek probeer maak. Tot die dag wat die algemene publiek se houding teenoor VIGS gaan verander, gaan dit beskerm moet word. Terwyl dit beskerm moet word, sal geen aanslag suksesvol wees nie.
Ken jy iemand wat VIGS het? Is jy bang vir VIGS-lyers? Sal jy een met die hand groet? Wat sal jy doen as een van jou vriende of familie jou vertel hulle is MIV positief? Sal jy bereid wees om die wêreld te vertel as jy MIV positief is.
As jy dalk nou selfvoldaan reken dat jy nooit in daardie bootjie sal kom nie, het jy ‘n probleem.
Breinvasbrand: Watter lid van Queen is dood weens VIGS verwante longontsteking dood, ‘n dag nadat hy erken het dat hy MIV positief is?
Breinlosbrand: Demoerin was reg met WikiLeaks.
Eerste!!
Ek ken niemand persoonlik met VIGS nie (nie waarvan ek weet nie)
En ja, ek sal iemand met VIGS met die hand groet!
Om almal te vertel ek het VIGS… weet nie so mooi nie, ek sal seker te bang wees ek word anders na gekyk, maar ek probeer ‘n redelike oop persoon wees so ek sal tien teen een almal vertel omdat ek dalk more seer kan kry en as hulle inspring om te help moet hulle darem weet ek het VIGS en moet versigtig wees.
1. Freddy Mercury
Ek dink nogal ek sal die mense in my lewe vertel van my HIV status. Wat is die ergste element aan die stigma? Die siekte self of hoe jy dit opgedoen het?
Ek ken nie/glo nie ek ken iemand nie. Het ook nog nooit met iemand te doen gekry wat ek geweet het VIGS het nie. Ek sal graag wil dink/glo dat ek nie ‘n probleem sal hê om so ‘n persoon se hand te skud of drukkie te gee, of wat ookal nie…. maar is daar nie maar altyd daai stemmetjie in jou agterkop nie, daai een wat sê dalk kan ek die eerste een wees wat deur deur gewone kontak optel? So, sonder dat ek wetend in so ‘n situasie is, kan ek nie ‘n antwoord gee nie.
More Almal
Die stigma kleef aan die siekte self. Mense voel ‘n veer oor waar dit vandaan kom, hulle wil net nie daarmee te doen kry nie.
Die eerste keer dat ek met iemand wat HIV positief te doen gehad het, was ek 19. Ek het nog lekker met die baba gespeel toe die maatskaplike werker my vertel dat sy HIV positief is (ek het toevallig die baba ontmoet toe sy twee dae oud was en het haar ma ook geken).
Ek het so effens gevries, daaraan gedink dat ek in maande niks daarvan oorgekom het nie en verder met die baba gespeel. Ek het dus nie hang-ups daarmee nie. Ek het al met verskeie kere daarna ook met MIV + mense te doen gehad.
Ek ken iemand persoonlik wat HIV+ is. Ek groet die persoon soos altyd niks minder of meer nie. As hy homself goed oppas kan hy 80 jaar oud word. Volgens die dokters moet hy dit vermy om enige virus (verkoue, griep ens.) op te tel want dan KAN dit omsit in Vigs. Hy kry ‘n baie sterk “imune boosts” en gaan een maal ‘n maand vir bloedtellings en sover is als nog okay. Hy is getroud en sover ek weet is sy vrou skoon en sy gaan ook elke keer saam om getoets te word. (Ek neem aan hulle tref voorsorg)
Ek moet seker byvoeg dat ek al ‘n kind gesien het, wat VIGS gehad het. Bedoelende sy was net net positief nie, sy was al besig om dood te gaan. Dit ruk aan ‘n mens.
Ek het wel haar handjie vasgehou toe ons gebid het – maar ek het ook my hand behoorlik agterna gewas. Ek is seker dus ook maar skuldig. Ek sal egter volgende keer weer haar hand vat of haar vashou.
Ek gee die plaasvrouens en kinders drukkies, het selfs al ‘n man of 2 ook gedruk as ek gevoel het dis nodig. Sommige van die aan wie ek al geraak het, is op ‘n onverklaarbare manier dood… dalk was dit my aanraking? dalk was dit vigs? dus…. ek raak aan mense wat moontlik vigs of ander siektes het, ek gee vir hulle liefde, drukkies, hulle druk vir my terug… vandat ek dit begin doen het, het ek minder verkoue gekry as voorheen… ek dink nie drukkies dra vigs oor nie, maar dit dra liefde en vertroue en goed voel oor jouself oor..
Wat van die dokter wat per ongeluk raakgesteek word met ‘n naald wat nou net ‘n vigspasient behandel het?
Xena, baie dankie vir hierdie onderwerp wat jy met baie moed aangepak het. well done!!
Jy is beslis nie skuldig as jy jou hande daarna gewas het nie. Nee, jy is VERANTWOORDELIK! En daarmee dink jy nie jy is beter as die ander persoon nie, maar ons moet ons hande gereeld was en in daardie proses dra ons minder kieme oor.
Ek ken nie iemand met VIGS nie (nog niemand naby my het dit al ooit genoem nie). Dis moeilik om te sê hoe ek sal optree siende dat dit nog nooit my pad gekruis het nie.
Ek werk daagliks saam met drie mense wat MIV positief is en dit openlik erken. Ek wil nie eens raai hoeveel daar is wat dit net nie erken nie. Twee van hierdie mense is baie oulik en ons is baie goeie voet met makaar. Die derde een vermy ek sooos die spreekwoordelike pes, nie omdat hy MIV+ is nie, maar omdat ek nie van sy maniere en sienings hou nie. Ek is al vir baie jare blootgestel aan MIV+ mense in my werkplek en glo my, hulle is net so mens soos ons.
Ek is bevrees, ‘n drol bly ‘n drol, ongeag van watter siekte hy het.
Presies!