Gee talent

28 11 2010

Kan julle glo dat vandag al weer die eerste Sondag van Advent is?  Ons gaan weer om elke hoek en draai herinner word dat dit ‘n tyd is om te gee.  Verkieslik in kontant, maar nuwe speelgoed en klere sal ook help. 

Ek luister nou die dag weer na “The little drummer boy”.  Die seuntjie stertjie agter die wyse manne aan om na die baba Jesus te gaan kyk.  Hy moes seker geintimideer gevoel het met die geskenke wat hulle vir Jesus gehad het.  Hy het weinig meer gehad as sy drom.  Nie dat hy iets meer nodig gehad het nie.  Sy geskenk aan die baba Jesus was sy allerbeste spel op sy dromme.  Daarvoor was hy met ‘n glimlag van Jesus af beloon. 

Ons glo dikwels dat gee beteken dat ons beursies dunner moet word.  Daar is ‘n paar van ons wat glo dat ons tyd moet opoffer om werklik te kan gee.  Tog dink ons selde daaraan hoe ons ons Godsgegewe talente kan aanwend om te gee.  Dalk is ons net te gewoond aan sekere dade van liefdadigheid om ‘n bietjie verder te dink.  Net omdat die manier waarop ons wil help dalk nie die gewone manier is nie, beteken dit nie dat dit ‘n slegte manier van help is nie.

Elke talent moet tog na goed lei.  Trek ‘n lys van jou talente op en kyk hoe jy dit vir een of ander liefdestaak kan aanwend.  As jy dalk goed is met konflik, daar is baie mense daar buite wat verontreg was en wie jy kan help om te baklei.  As jy dalk weer goed is met administrasie – daar is baie organisasies waar die werkers bloot nie by die admin uitkom nie.  As jy mal is oor tuinmaak, kan jy sekerlik iewers help om ‘n tuin te vestig.

Help mense / diere / omgewing / wat ook al deur met jou talente te woeker.  Dalk nie net met Kersfees nie, maar met elke tydperk, seisoen of selfs dag in die jare vorentoe.


Aksies

Information

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: