Ek lees iewers oor die naweek dat 1 uit elke 3 Suid-Afrikaanse mans al verkrag het. Dit is absoluut skokkend! Daar was ook al gesê dat ‘n vrou in Suid-Afrika ‘n groter kans het om verkrag te word as om te leer lees. Verkragting is seker nog steeds in die meeste gevalle ‘n stil misdaad. Baie mense voel dit is bloot nie die vernedering werd om die saak aan te gee nie. Kinders wat van jongs af verkrag word kan met die idee groot word dat dit normaal is. Hulle kan dit dan eendag weer met ander kinders herhaal.
Dan kry ‘n mens die gewone gevalle van mishandeling. Nog iets wat die slagoffer te vernederend is om oor te praat. Wat sommige seker as normaal aanvaar. Mens kan nooit weet wat agter geslote deure aangaan nie.
Jakaranda het weer hulle jaarlikse insameling teen vroue- en kindermishandeling ingesamel. Almal is seker verheug daaroor dat hulle meer as R300 000 ingesamel het.
Tog . . . . Met hulle telethon vir Renosters het hulle oor ‘n miljoen rand ingesamel. Goed, renosters skree dalk harder. Hulle baklei vir oorlewing en elke renostermoord haal die nuus. Hulle ly nie in stilte nie. Maar renosters gaan nie in die toekoms onder ander renosters stroop nie.
Laat 'n boodskap