Die parkie

20 11 2010

Hallo Maatjies

Vandag gaan ek in die parkie speel.  😀  Ek hou van parkies, ‘n mens maak altyd lekker maatjies daar saam met wie jy kan speel.  Net soet maatjies moet in die parkie speel, stoute maatjies moet eerder in die hoekie gaan sit. 👿   Almal moet in ‘n ry staan as jy wag tot dit jou beurt is.  😡  Egbrekers bederf net almal se fan. 

Ek hou nie van al die speletjies in die parkie nie.  Die swaaiers en draaiers maak my koppie lam.  🙂  Net soos baie van Tannie Ougat se rooi koeldrank maak.  Ek dink daar is dalk gif in.  😯  My kossies wat in my magie is raak dan ook snaaks.  👿  Hulle wil dan buite speel.  😡  As hulle buite gaan speel gaan my magie leeg wees en dan gaan ek baie honger raak.  Daar is nie ‘n sterretjies kombuis in die parkie nie.  👿

Ek hou van die glyer.  :mrgreen:  Dit is baie trappies wat ek moet klim en hulle is hoog.  😯  Merriegriet moet my help klim, want my bene is te kort.  Dan gaan sit ek mooi bo anders gaan ek af val!  😀  En sjoesh!  Op my boure gly ek dan af.  Dit is baie lekker.

Tannie Ousie het gesê dat sy vir ons rooi koeldrank gaan bring as ek koek bak.  Tannie Ousie vervel vandag.  😆  Merriegriet sê my koek gaan haar tande breek maar sy dink net weer sy is koningin by.  👿  Grrrrr  😡

Veels geluk tannie Ousie

Omdat jy vervel

Bring jy die rooi koeldrank

Met baie pirsente

En ek deel my koekies

Met al die maatjies.


Aksies

Information

2 responses

22 11 2010
leonvonmoltke

Nice!

22 11 2010
toortsie

Laviga! Ek het verlang na jou!! Het merriegriet vir jou my toringkies gewys?? Die liggies is af, maar jy sal mos nie omgee nie, ne???
tatta. die koekies lyk lekker

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: