Wie is nou eintlik skuldig

19 11 2010

Rome brand by my en in my haas om die malvalekkers bymekaar te krap, kom ek nie by die koerant uit nie.  Wie is in elk geval op ‘n Vrydag lus om koerant te lees?

Soos ek my oog oor die artikels gooi, sien ek dat ene Pastoor Cedric Miller van New Jersey die gebruik van Facebook gelyk stel aan egbreuk. Dikwels word MXIT, SMS’e, EPOS en seker ook Twitter en blogs in die mengsel gegooi.  Wie is nou eintlik te blameer?  Die selfoon of rekenaar wat eintlik net ‘n taak verrig?  Of is dit die persoon wat voor die rekenaar of met die selfoon in die hand sit?

Persoonlik amuseer dit my altyd dat tegnologie die skuld van verbreekte verhoudings moet dra.  Tegnologie is mos immers nie kneg, tegnologie doen niks as iemand dit nie gebruik tot ‘n doel nie.  Sou Meneer of Mevrou ontrou gewees het sonder Facebook?  Waarskynlik.  Maak Facebook dit makliker?  Waarskynlik, veral om hulle uit te vang.  Maak Facebook ‘n getroue persoon ontrou?  Nee.  Facebook doen net wat jy self daarop doen.

Ek voel sterk daaroor dat sosiale netwerke nie voor die voet verbied moet word nie.  Mens kan dalk geleer word om dit met meer integriteit (of dalk skelmheid?) te gebruik en daar is spesifieke grense wat gestel moet word.  Tog hang dit alles van die persoon wat dit gebruik af.

Gee die skuld aan die een wat skuldig is en moenie vir die skuldige verskoning soek nie.

Hoe voel julle?


Aksies

Information

4 responses

19 11 2010
demoerin

Dit is soos om jou sleutelbord te blameer vir jou spelfoute… dit gaan oor die persoon wat dit gebruik, of die persson wat daarvoor val. Soos enigiets, moet die sosiale netwerke met verantwoordelikheid gebruik word, en moet sommige mense en dinge baie meer as in ‘n gesig-tot-gesig scenario, met baie agterdog benader word. Maar jy persoonlik bly verantwoordelik… en ouers bly verantwoordelik vir hulle kinders op sosiale netwerke.

19 11 2010
seegogga

OOOO,Xena, jy het nou ‘n saak aangeraak wat my BAIE na aan die hart le!!!!! En terwyl ek nou juis hier sit en wonder waaroor ek kan blog, het jy my geinspireer! Ek gaan oor dieselfde ding blog, as jy nie omgee nie,

19 11 2010
Toortsie

Vir die swak ou is daar seker n kans om skelm te wees. Ekself blog soms skelm maar darem nie met n skelmpie nie, hoor?

23 11 2010
Charms

Daai liewe ‘onskuldige’ mens met die vingers op die knoppies moet maar opstaan en sê “guilty your honour”.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: