Die prentjie vir skoolverlaters en afgestudeerdes lyk op die oomblik nie juis rooskleurig nie. Tog sal ‘n paar van hulle vir onderhoude genooi word. Iewers het hulle seker al geleer wat hulle alles by die onderhoud moet doen. Tog is daar daardie ekstra goedjies wat niemand hulle kan leer nie. Daar is ook daardie goed wat hulle eerder nie moet doen nie.
Ek het byvoorbeeld eendag netjies – met sykouse nogal – in my kar gespring en na ‘n onderhoud toe gery. Daar aangekom het ek die onderhoud gedoen en alles wat daarmee saamgaan. Eers terug in die kar kom ek agter dat ek nooit my hakskoene gedoen het nie. Ek het nog steeds my plakkies aangehad. En ironies genoeg het ek op die ou einde van hulle ‘n aanbod gekry.
Ek het ook al ‘n onderhoud met ‘n leer in my sykouse gedoen en dit eers daarna uitgevind. Ek het die spesifieke pos ook gekry. Daarna het ek besluit dat ‘n mens nie veronderstel is om perfek vir ‘n onderhoud op te daag nie.
Watter onderhoud stories het julle?
ek
haat
onderhoude
😡
Ek is Pretoria toe genooi vir ‘n onderhoud by een of ander Staatsdepartement. Daar was egter ‘n halwe dag se vertraging omdat ons vliegtuig moeilikheid gegee het en daar eers vir ‘n onderdeel gewag moes word. Teen die tyd wat die onderhoud uiteindelik begin het, was ek reeds moeg verby en kom toe nog agter hulle voer ‘n onderhoud met my vir ‘n pos waarvoor ek NIE aansoek gedoen het nie. Die plek waar ek sou moes werk was in die kelderverdieping van ‘n gebou en daar was nie ‘n venster in sig nie. Erg bedrukkend. Dit was ‘n aaklige onderhoud. Ek het die pos gekry – die een waarvoor hulle my in gedagte gehad het. Met ‘n salaris minder as die wat ek toe verdien het. Ek het mooi nee dankie gesê, maar ek was baie lus om minder mooi te wees. Wat ‘n mors van tyd.
Die vliegtuig was dan verseker ‘n teken. 😉 Aan die ander kant, jy kon die pos aanvaar het en almal sou gedink het jy lê in die kelder begrawe. Dubbel salaris, jy weet.
Ek het al by ‘n plek opgedaag vir ‘n onderhoud. Ek het aangedring dat “Kate” geweet het ek is oppad en moes reelings tref as sy siek was om my onderhoud te doen. Niemand het geweet waarvan ek praat nie en later my reiskostes betaal om jammer te se hulle het nie geweet nie.
Toe ek uitstap besef ek ek was by die verkeerde plek en die eintlike plek wat ek soek is so twee deure af met die pad.
Ek het toe daar ingeloop en gese jammer ek is laat die treine was erg. Ek het ‘n oproep later gekry wat se ek het die werk gekry maar ek kon nie dink ek moes elke dag verby die ander verkeerde plek loop nie toe laat ek dit maar vaar.
Gelukkig nou want dit het gely op die keuse om die werk wat ek nou het te vat.
Dit is absoluut classic! 😆 😆
met een ouderhoud vra die voorsitter van die beheerliggaam van ‘n skool vir my in Engels ‘What are your hobbies?” Ek slaat toe soos ‘n kleios en kan aan geen hobby dink nie – net aan die enigste 2 karatelesse wat ek nog in my lewe gehad het- (ek is so ongekoordineerd soos 10 en het nie eers sport op skool gedoen nie). Maar ek moes iets se, en toe se ek maar, “well, I do karate…..” Toe vra die ou my: “Don’t you like reading?” Toe word ek eers wakker! Lees, skilder, musiek, noem maar op – ek onthou dit toe uiteindelik.
En toe ek na sy vraag oor my gunsteling boek omslagtig verduidelik dat “die groot verlange” ‘n boek oor Eugene M se lewe is en nie deur hom geskryf is nie, knik hy sy kop en se”A biography” . Maar ek het die pos gekry!