Pieter Blomerus (Blom) van der Lith (65), sy vrou, Henna, en een van hulle werkers is dood op hulle plaas naby Vivo gekry. Hulle kon moontlik al die naweek vermoor gewees het. Hulle lyke is ontdek toe iemand lusern op die plaas wou gaan koop het. Lede van TLU SA-noordstreek was teen vroegaand steeds op die plaas om die polisie te help soek na leidrade. Die polisie weet nog nie of iets gesteel is nie.
Metielheksaneamien kan vrylik in die voorwinkels van apteke gekoop word. Dit kos tussen R390 en R550 en word glo deur liggaamsbouers voor ‘n oefensessie gebruik. Die verspreiders gooi nou wal en sê dat hulle professionele sportmanne waarsku dat dit die verbode metielheksaneamien bevat. Metielheksaneamien is ’n bestanddeel in olie van die malvaplant. Chris Hattingh van die Instituut vir Dwelmvrye Sport: “Baie van die aanvullings is van twyfelagtige herkoms. Dit gebeur soms dat aanvullings in dieselfde fabriek vervaardig word as verbode middels soos steroïede en groeihormone.”
Brett Garland (36) het die BMW wat in hulle vasgejaag het se nommerplaat saam met sy beseerde dogtertjie (6) se ambulans gelaai om seker te maak die BMW verdwyn nie net nie. Die BMW het glo ‘n rooi lig verontagsaam en met die gesin in Hamilton straat in Pretoria gebots. Die bestuurder het glo om verskoning gevra. Danielle, die kind, bloeding op die brein en diep snye in haar gesig opgedoen en haar ma het haar heup beseer.
Die diesel engin aan een van die vloot se fregatte het gebreek en het toe boonop seewater ingekry. Dit gaan glo R16 miljoen kos om te herstel. Jislaaik, hoeveel kos ‘n hele boot dan? Volgens Bernie Teuteberg, hoofdirekteur: maritieme strategie: “Die enjin moet vervang word. Dit beteken ons sal die romp moet oopsny, die enjin uithaal, vervang en weer toemaak. Dit gaan ’n reuse-operasie wees, maar ons het die geld en het reeds ’n nuwe enjin bestel,” Ek sidder by voorbaat. Die vloot gaan glo ook gebuk onder klein en onvoldoende begrotings en die deurlopende verlies aan kundigheid. Dalk tyd om die vloot weer iets te maak om op trots te wees en die kundigheid bly dalk aan.
‘n Kyknet aanbieder wat met ‘n bekende sportman getroud is (ek het geen idee wie bied Kyknet aan nie, maar hoe moeilike som kan dit nou wees) se 12 jarige seun het ‘n klag van aanranding teen haar ingedien. Sy mag nie identifiseer word nie om die seun se identiteit te beskerm. Sy het glo verlede Donderdag hom 18:00 gedwing om op te hou speel op sy X-box. Sy het hom in sy kamer glo gewurg en sy vingers omgebuig. Die ma ontken dit en reken haar seun gaan deur ‘n moeilike stadium.
Ten slotte: Prins William en Kate Middleton is verloof en sal volgende jaar afhak. Die aankondiging is gister deur Clarence house gedoen. Charles is glo in sy noppies en die Koningin is ook glo verheug. Die paar het glo tydens ‘n vakansie in Kenia in Oktober verloof geraak. William het met sy ma se verloofring verloof geraak (gaan Geskiedenis in die geval herhaal word?). Hulle sal na die troue in Noord-Wallis bly waar William met sy take in die lugmag sal voortgaan.
Verjaarsdae: David Livingston was in 1855 die eerste Europeër wat die Victoria Waterval gesien het (was hy die enigste blanke wat in die groep was?). In 1970 het Douglas Engelbart die patent vir die eerste rekenaarmuis gekry. Martin Scorsese; Danny deVito; Ryk Neethling; Rachel McAdams en dan natuurlik ook Son. Hoop die kind van die Son het ‘n baie lekker geselskap.
Arme Kate… Sy kry nie eers haar eie ring nie en moet tervrede wees met Di se ou verloofring… 🙄
Dag 2 hier op die eiland van Kate en William,,,,,ek is al klaar gatvol. Dit gaan ‘n lang jaar wees
wie gee om dat hul nou eers n ring nader pluk?
Swart lywe lyk mos goed in wit roomys pakke daarom wil die navy altyd op parade wees. Kundigheid? Nee, dit sal blues beteken. Swart en navyblue werk nie te leke saam nie.
Bmw bestuurders dink mos die pad behoort aan hulle. Ek hoop die ene gaan dunner as parafien kak. Breinskade, ai, dis erg. Sterkte aan die ouers. Innige wense vir hul kind se herstel. Mag dit volkome wees.
Die hof behoort te beslis dat n ouer beveel moet word om n ongehoorsame kind n dem goeie pakslae te gee.
Ek is al klaar moeg vir die “Royal Wedding”.
Ek hoop daai 12 jarige het weer ‘n goeie loesing gekry oor die klag wat ingedien is.
toe was ma seker te bang om dit te doen. Deftige loesing in die polisie se aanklag kantore sou n murse boodskap oorgedra het.