Aandagsoek

17 11 2010

Nell het nogal iets interessant kwyt geraak ten op sigte van mense wat soms soos narre op optree:

Ek wonder net soms hoe ver mense sal gaan om aandag te trek? Sulke uitbundigheid is regtig raar as inherente karakter eienskappe van mense.

Ek moet seker die skoen aantrek en erken dat ek nie die mees spontane mens ooit is nie.  Skaam, terughouend met ‘n stok in die agterent is nogal ‘n raak beskrywing.  Aan die anderkant is skuheid nie juis ‘n remskoen vir my nie.  Ek kan my man net so goed so goed as iemand met ‘n sterk sosiale persoonlikheid staan.  Daarby ken my familie en vriende my as iemand wat ‘n nar is, wat nie juis stuit vir enige iets nie. 

Is dit my intense, onuitgesproke, dringende behoefte om aandag op myself te vestig?  Ek beskou myself nie as iemand wat nie kan lewe as al die aandag nie op my gevestig is nie.  Terselfde tyd intimideer aandag my glad nie.  Ek hoef nie vir aandag te soek nie, mense neem na my mening meer as genoeg kennis van my sonder dat ek moeite hoef te doen.  Tog trek my narstreke aandag op my.  Hoekom doen ek dit?

Elke diertjie het ‘n plesiertjie en myne is om mense te ontleed.  Die narstreke vermaak my en wie ookal in my geselskap is.  Ek beskou dit as skoon, veilige pret wat niemand kwaad doen nie.  Goed en wel, ek dring my dalk vir ‘n oomblik ongenooid in mense se aandag in, maar dit kos hulle niks.  Hulle kan die oomblik saam geniet sonder dat dit hulle enigsins iets kos. 

Maar kyk nou net hier . . . Hier EK, EK, EK; ek en Herriemerrie gaan mos nie oor EK nie.  Daar is ‘n rede hoekom mense nie van aandagsoekers hou nie.  Aandagsoekers kan met parasiete vergelyk word.  Hulle het ‘n suier wat jou beet kry en jou van elke ons energie leegtap.  Die suiers wat hulle gebruik is skrikwekkend. 

Daar is diegene wat alewig met een of ander skeet loop.  Jammer hulle skryf nie dagboeke vir mediese rillers nie, almal weet hulle praat snert, maar ‘n daar is mos nou ‘n reël dat ‘n mens nie sommer iemand in hulle gesig kan vertel hulle lieg nie.  Daag hulle uit en alles word op die dokter se skouers gepak en ‘n dag later ly hulle aan ‘n ander toestand. 

Patete is vir my ook sulke parasiete.  Die geval van kry my net jammer want almal is teen my en vertrap my.  Nuusflits.  Jy laat toe dat iemand jou soos ‘n vloerlap behandel en jy hou seker ook nog daarvan.  Anders het jy dit al lankal stopgesit.  Daar is diegene wat so verskriklik arm is dat hulle nie eers kan bekostig “to pay attention” nie.  Party mense is so ryk dat hulle heeldag moet loop en uitdeel sodat almal tog net moet kennis neem.   Daar is goeie parasiete (soort nie beskrywing nie), die emosionele parasiete, die meule parasiete, die kok parasiete ens.  Ek kan ure lank aangaan. 

Hoe voel julle oor aandagsoekers?  Is jy dalk self so ‘n parasiet?  Watter parasiete laat jou die vlaktes in hol?  Wat is die beste manier om die parasiete te behandel?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan die akroniem “DISC”?

Breinlosbrand:   Cecily von Ziegesar


Aksies

Information

11 responses

17 11 2010
Olga

dominance influence steadiness conscientious

Eerste!!!!!!!!!
of discrimination
of discovery
of discotique
of discount
of wil jy nog hoor????

Ai, die mense kan soms vermaaklik wees. Ek het onlangs met ene te doene gekry. Die sagte oumatjie wie almal se belange op die hart dra. Die ene wie heeltemal uit haar geloof uit gebom is wanneer jy onverwags daar aankom. Sy druk en soen almal. Ek het geen drank geruik nie, so waarmee bom sy?

18 11 2010
demoerin

Ek dink dis een of ander persoonlikheidstoets wat ek kan onthou. LAat ek gou die woorde google… Dominance-Influence-Steadiness-Conscientiousness

Ek glo daar is grade van aandag soek. Om pret te hê sal ek nou nie as aandag soek klassifiseer nie. Wat my die horries gee is mese met ipikonders (spelling?). Daar is niks wat my meer demoerin maak as mense wat kla om aandag te kry nie. Nog erger, mense wat erg lieg om aandag op hulle te vestig. Ek het eentyd saam so ‘n vrou gewerk… die stories kan ek nie alles onthou nie, maar daar word goed opgemaak – alles van erge kwale en siektes tot dood in die familie. ek onthou haar dogter was een tyd “dood”. Toe na sy gefire is het die einste dogter haar ma se goed kom oplaai by die kantoor. Mmmm, laat ek dink, daar is ‘n woord daarvoor… Munchausen Syndrome.

18 11 2010
Selene Phoenix

Goeie more!!

Ek is te skaam om aandag te soek… ek stress ook vreeslik oor Saterdag, want dan is alle aandag op my… damn!

Tweeling… as jy mense kan laat lag hoekom nie?? Jy het nie verniet met ‘n graaf Sisters geloop nie, en toe “val” jy nog die noodmensies aan ook nog 😆

Die lewe is klaar so suur… om grappies te maak gaan niemand dood maak nie! As jy nie daarvan hou nie, “move along” Maar as jy aandag soek vir die verkeerde redes soos altyd siek wees, en die lewe is so erg vir jou en alles loop altyd met jou verkeerd – dan moet jy uit my pad bly! Ek het so vriendin gehad wat altyd ‘n “asma aanval” gekry het as sy nie die “centre of attention” by ‘n braai was nie! 👿

18 11 2010
JWW

Aandag soek……. mmmm…. doen ons dit nie maar almal op een of ander manier nie ?

Ek hou daarvan om mense te laat lag, en oor amper alles te joke – maar dalk, steek ek my emosies weg agter ‘n helse MUUR met lemmetjiesdraad en elektriek fence bo-op. 🙂

18 11 2010
toortsie

mens kry aandagsoekers
mens kry spontane mense wat sommer net aandag kry
daar is ‘n verskil

18 11 2010
Perd van ‘n ander kleur

[…] lees vanoggend my hoefyster wat mense aanvang om aandag te trek… maar dan weer kry jy mense wat nie weet hulle trek […]

18 11 2010
Olga

die mense wie altyd in die hospitaal is want daar is fout met die fetus. Fb skree van hoe sy wil huis toe gaan. Van alles wat by die hosp met haar gedoen word. Dan kry jy die mamma jammer en wil haar dag opkikker met n mooi blommetjie en stuk biltong. Ai tog! Dan weet die hosp nie dat sy n pasient is nie. 4k grl, jy kry aandag want jy is swanger. As die tyd jou verveel, gaan MAAk n pot kos vir jou man. Lig jou gat! Raak besig. Dan gaan jx niemand op loop jaag en afpis nie!

18 11 2010
BB

LOL @ Olga!!

18 11 2010
BB

Mense wat op FB ‘n status plaas van: “Ek wens vandag was verby…” of “dit was die slegste dag van my lewe!!!” of “een van daai dae…” enige ander sin wat skree vir die vragie : “HOEKOM???”… en dan 🙄 tik hulle doodluiters in : “ek kan dit nie in public bespreek nie…”. Nee, ok dan. En die meeste ‘friends’ comment dan met (((‘s))) en xxx’s en watnogals. Ek vra nie meer vrae op sulke statements nie. Ek maak of ek dit nie sien nie. For crying in an ashtray!!! Phone a friggin’ friend!! ONE friend! (Selfs ek sal luister/raad gee/saam huil). Jy moet darem seker iewers tussen daai 981 friends enetjie hê by wie jy kan afpak?? Amuse ten minste die res van ons met die een of ander skerp reply, maar om hemels naam, moenie ons almal met empatie/simpatie vervul waarmee ons dan doelloos opgesaal is en uit pure radeloosheid vir mekaar left right ‘n centre hugs aanstuur aan ons ander gesamentlike 17 699 friends nie!!
Og! As ek weer so ‘n half-gebakte status kry, gaan ek myne maak: “Every time I feel the need to vent my feelings, I go check out “A’s” status… THAT makes me feel much better about myself 99.999% of the time. THANKS “A” – for being such a great friend – for only a true friend can make the worst in us feel good enough!!”.

18 11 2010
demoerin

😆 Slat jy nou ‘n spyker perfek op die kop.

18 11 2010
Xena Phoenix

Dit kan my ook laat rooi sien. Ek ignoreer dit altyd.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: