Wat gaan die mense sê?

16 11 2010

Ek hou nie baie van strepe nie.  Wat kan in elk geval van ‘n streep gesê word behalwe dat dit maar ‘n verbeeldinglose lyn is.  Militaristies en kaal.  Niemand kan my seker blameer dat ek ‘n paar strepe verloor het nie.  Boonop het my bont varkie aangebied om dit te gaan soek en het nooit terug gekeer nie. 

‘n Baie lang storie om te verduidelik dat ek nie skroom om dinge te doen wat mense as strooi praatjies beskou nie.  Julle ken die epos wat omgaan oor hoe om jy jouself kan vermaak?  Een van die voorstelle is om jou parkering met ‘n noot te betaal.  Wanneer jou kleingeld uitgekeer word, dan skree jy kliphard:  “Ek het gewen!  Ek het gewen!”  Ja, ek het dit al gedoen.  Baie.  (Veral snaaks wanneer die mense wat by jou is nie weet jy gaan dit doen nie.)  Ek wil baie graag nog die een van die haardroeër doen, eendag. . .

Die beste van sulke . . . e . . . sal ons dit gedrag noem is die toeskouers se reaksie.  Daar is die wat jou aankyk asof jy van Neptunus af kom en ander vererg hulle bloediglik vir sulke verspottigheid.  Party is oortuig dat jy nie normaal is nie en dan is daar die wat geamuseerd saam lag. 

Die grootste rem aan ons voete is seker altyd wat gaan die mense sê.  Hoekom?  Wat maak dit saak wat die mense sê?  Hulle moet nie met jou saam lewe nie en jy kan jouself nie ontsnap nie.  Is dit dan nie die moeite werd om jouself gelukkig te maak of net ten minste met jouself pret te hê nie?  Jy moet tog eendag vir jou kleinkinders stories vertel van toe jy jonk was en wat is nou die moeite werd om oor te vertel as jy jouself altyd ordentlik gedra het. 

Ek het ‘n jaar terug ‘n wynproe by Groot Constantia bygewoon.  Die les van die dag?  Drink die wyn waarvan jy hou.  As jy van bokswyn hou, koop dit.  Om die wyn af te wurg omdat die etiket reg is, is net ‘n vermorsing van geld en boonop ‘n straf.  Hoeveel verder gaan dit nie?

Hoekom jou strokiesboek in ‘n dik ingewikkelde boek wegsteek?  Lees dit openlik.  Die wat dit benede hulleself beskou is eintlik net jaloers dat hulle nie saam kan lees nie.  As jy lus is om te gaan swaai – gaan.  Moet net nie ‘n kind afgooi om ‘n swaai in die hande te kry nie, wag jou beurt af.  As jy lus het om kliphard in die mall te sing, sing!  Iemand begin dalk net saam sing. 

As ander nie daarvan hou nie, is dit doodeenvoudig hulle probleem. 

Hoeveel invloed het ander mense op jou?

Breinvasbrand:  Wie was die skrywer van die Gossip Girl boeke?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Daniel Zaaiman


Aksies

Information

20 responses

16 11 2010
Olga

😆 EERSTE!!!! 😛

16 11 2010
Olga

Man, ek is gek na sushi, maar kan nie ‘n vy met Japneus stokkies geeet kry nie. Ek wens julle kan soms mense se gesigte sien as ek gerus vra vir ‘n mes en vurk en die sushi met lus met ‘n mes en vurk eet nie. Maar weet julle wat?
4k die establishment. Dis my sushi. Ek sal dit ordentlik eet. 😆

17 11 2010
Xena Phoenix

😉 Snaakse ding van die stokkies – hoe meer jy daarmee oefen, hoe makliker raak dit. Mens eet sushi eerder met die hand as met ‘n mes en vurk.

Gelukkig is ek nie ‘n mens nie.

17 11 2010
Charms

Ag dis soms net lekker om silly te wees. Ek onthou Kobie het altyd as ons gery het sommer vir vreemde mense getoet en gewaai – sommiges het teruggewaai maar die meeste het ons net snaaks aangekyk. Partykeer sou hy sommer ‘n vreemdeling voorkeer in ‘n winkelsentrum en begin “hoe gaan dit nog…..” asof hy die persoon jare lank ken. Dit was nogal snaaks want party het nogal saamgesels 🙂 Ek onthou die een vakansie in PE – ons het afgeloop strand toe, toe hy weer waai vir ‘n kar. Ek en Rooikop het natuurlik gedink dis weer een van sy poetse en net vinnig aangestap, maar hierdie keer het hy regtig die mense geken. Sy niggie het seker gedink ons is vreeslik ongeskik 🙂

Soos R altyd sê “Ek hoef niemand te impress nie”.

17 11 2010
Xena Phoenix

Ek skrik my altyd oor ‘n mik as ‘n vreemdeling maak of hy my ken. Ek probeer dan altyd uitpluis wie de hel is dit terwyl ek maak of ek hulle ook ken. 😳 Julle sal julle dood gelag het.

17 11 2010
Charms

Dit sou nou ‘n goeie lagsessie gemaak het 😉

17 11 2010
demoerin

😆 Ek wen ook gereeld die jackpot by die parkering-betalings-boksie. Dis pret. Ek stem saam met jou – nevermind die mense, ek is die mense en basta daarmee. Hoekom ‘n droë, oninteressante, saai lewe lei (y)? As my lewe op my deathbed voor my oë verbyflits moet dit interessante Oscar-materiaal wees, nie ‘n 4 uur dokumentêr oor ‘n korrel sand nie.

17 11 2010
Xena Phoenix

Hangaf van watter oog jy na die korrel sand kyk? 😆 Grond kan baie interessant wees, maar dit is nou nie die punt nie.

Ek kan seker nou nie vingers wys na die mense met ‘n stok in die hol nie (het self een daar), maar baie mense dink hopeloos te veel van hulle self.

17 11 2010
olga

more, more.
4 uur dokkie oor n korrel sand? Dit sal nie deug nie.

17 11 2010
Girl van die Suburbs

Ek wonder net soms hoe ver mense sal gaan om aandag te trek? Sulke uitbundigheid is regtig raar as inherente karakter eienskappe van mense.

17 11 2010
Xena Phoenix

Aandag trek? Ek dink jy het vir my n nuwe blogonderwerp gegee. Dankie.

17 11 2010
JWW

Wel, ons lewe in die samelewing, nie op eilande nie, dis uiters hoekom ons ons kinders maniere leer, so dis tog belangrik wat ander mense sê en of dink van ons, maar dit moet ook nou nie alles wat jy doen oorneem nie.

17 11 2010
Xena Phoenix

Hoor wie praat! 😉

Op ‘n ernstige noot is dit soms nodig om die gemeenskap uit te daag. Tog is daar wette en goed waaraan ‘n mens ag moet gee.

17 11 2010
demoerin

Net so, die lewe kan prettig wees sonder om ‘n wet te hoef oortree 😆

17 11 2010
Xena Phoenix

Hmmm – wet oortree kan ook pret wees; behalwe as die verkeerde mens jou vang.

17 11 2010
toortsie

party dae kan ek tog baie ordentlik wees. maar as die HOE is, raak van my varkies soek…. ai tog!! ek glo net om nie ten koste van ander simpel te wees nie. my hare het nou ‘n hele ruk ‘n lekker pers stuk ingehad… maar dit het nou uitgewas. dis te lekker as ek sien hoe die mense se oë aanmekaar soontoe getrek word. en niemand kry mos seer daardeur nie, of hoe??

17 11 2010
Xena Phoenix

Ten koste is ‘n bietjie wyd. Ek trek die streep daarby om iemand anders te beseer of te verkleineer.

17 11 2010
Ek is Anna

Merrie, jy klink nou soos ‘n sekere ma en haar twee dogter as hulle so nou en dan uitbreek en gaan “shop” in die stad. ‘n Ander lekker een is om op ‘n besige sypaadjie te staan, die lug in te staar, die lug in te beduie en gedemp met mekaar te praat. Dis te koddig om te sien hoeveel ander mense ook die lug begin instaar om te sien waarna jy kyk. Simpel, maar lekker.

17 11 2010
Xena Phoenix

Het daardie ma en dogters ‘n naam? :mrgreen:

Begin te krap en almal krap gou-gou saam.

17 11 2010
Aandagsoek « Herriemerrie

[…] het nogal iets interessant kwyt geraak ten op sigte van mense wat soms soos narre op optree: Ek wonder net soms hoe ver mense sal gaan om […]

Lewer kommentaar op Ek is Anna Kanselleer antwoord