Twilight wil my nie glo dat ek deesdae net Wikipedia lees nie. Goed, ek jok dalk ‘n bietjie, maar ek lees nie naastenby soveel as wat ek graag sal wil lees nie. Die bib se ure is vir my ‘n steen des aanstoots. Geen werkende mens kan met hulle belaglike ure tyd kry om bib toe te gaan nie. Ek krap gereeld by boekwinkels rond, met die gevolg dat ek soveel boeke identifiseer, dat ek skoon in ‘n depressie verval omdat ek nie almal kan koop nie. Dan koop ek niks.
Laat ek dan kyk hoe ek Sonlig kan help. Ek het regtig geen probleem om ‘n roman (of romantiese fiksie as jy wil) te lees nie. Nadat ek honderde indien nie duisende van hulle gelees het, weet ek een ding. As jy een gelees het, het jy almal gelees. Geen wonder ook nie, daar is spesifieke reëls waaraan ‘n skrywer van die genre moet voldoen. Ek sal dus nie sommer geld mors om een te koop nie. Wel, tensy ek een wat ek baie geniet het iewers tweedehands kan raakloop. Ek sal ook maklik kinder of jeugstories lees. Dit bly altyd ‘n plesier en ‘n belegging. Ek hou ook egter van boeke van iets om die lyf. Boeke wat vrae stel, veral as daar nie ‘n swart en wit antwoord is nie. Blameer die filosoof in my. Ek hou ook van ‘n verrassende einde aan ‘n storie.
Deesdae lees ek op nogal baie op aanbeveling iets. Ek soek ook deesdae van die ouer, mens kan seker sê klasieke boeke op. As mense na dekades nog daarvan kan praat, dan moes daar iets daarin gewees het. Ek het juis onlangs “A Christmas Carol” van Charles Dickens aangeskaf. Die boek was die fondasie van hoe Kersfees vandag gevier word. Leo Tolstoy se “War and Peace” wag ook vir my verlof. Op die oomblik lees ek “Slumdog Millionaire” van Vikas Swarup. Dit is oorspronklik uitgegee as “Q & A”. Raai wat sou ek nou gedoen het as ek nie huiswerk gehad nie?
So van die huiswerk gepraat, ek het nou heeltemaal afgedwaal. Deesdae is daar nogal ‘n neiging om meer bewaringsbewus te wees. Daar was ook heelwat debatte gewees oor wat met wild wesies gemaak moet word. Die idee van rehabilitasie is nogal gewild. Raai egter waar het daardie idee ontstaan?
Baie van ons het die fliek gesien, wat gebaseer was op ‘n boek, Born Free, van Joy Adamson van 1960. Elsa was ‘n wees leeuwelpie wat in 1956 saam met die res van haar werpsel gevind is. Haar susters was later na dieretuine gestuur, maar Elsa het by George en Joy Adamson groot geword. Later het hulle besluit om haar, wat tussen mense groot gemaak is en geleer was om nie te jag nie, vry te laat. Hulle moes haar dus weer ‘n leeu maak en leer hoe om te jag. Hulle kry dit ook reg en Elsa raak weer ‘n wilde leeu. Dit is min of meer waar die fliek eindig.
Tog was daar oorspronklik 3 boeke, wat nou in een saamgebind is. Die boek maak ‘n mens lus om vir jouself ‘n tentjie te koop en iewers in Afrika tussen die wilde diere te gaan woon. Daar is byvoorbeeld gevalle waar Joy gaan stap net so tussen die wild. Dit moet ‘n ervaring en ‘n half wees. Dit beskryf Joy se verhouding met Elsa in meer besonderhede. Dit volg ook op oor wat met Elsa gebeur het nadat sy vrygelaat is: onder andere haar eie kinders, die Adamsons verhouding met haar welpies, haar dood en hoe die welpies gerehabiliteer moet word.
Dit is die naaste wat baie van ons gaan kom aan ons eie leeu, maar wys ook dat rehabilitasie nie so maklik is wat dit klink nie. Die boek lees maklik en daar is ook foto’s van Elsa en haar familie in. Dit is ‘n moet as die bewaring van diere jou na aan die hart lê en jy stilletjies wens dat jy ook wilde Afrika kan invaar.
“Ek is Anna” het destyds die land aan die praat gehad. Dit bly ‘n boek wat elkeen met oë moet lees. Die skrywer het my egter vasgevang. Goed, sy het ‘n storie gehad om te vertel, maar sy kon beslis skryf ook. Ek het na die volgende boek uitgesien, wat toe ook onder haar eie naam verskyn het. “Nooit is ‘n lang lang tyd” was geen Anna nie, maar ‘n lekker lees ligte boek gewees. Toe verskyn “Die besoeker” en ek koop dit net daar.
Ek is bevrees dit is die laaste boek van Anchien Troskie wat ek sal koop sonder om dit vooraf te lees. Ek het ‘n engel (soos uit die hemel uit) vreemd gevind, maar ek kon nog daarmee leef. Die boek het nogal die potensiaal gehad om ‘n goeie storie te word. Die hoofkarakter was iemand wat dwelms aan skoolkinders koop en dan wil uit. Troskie is ‘n aangename skrywer, dit is maklik om haar te lees. Tog is dit amper asof sy te veel afgebyt het en dit nie kon deurvoer nie. Dalk is dit omdat die persoonlike ervaring makeer, maar ek dink sy het ‘n goeie storie behoorlik opgemors het.
Dit is dan ‘n boek wat ek aanbeveel vermy moet word. Tensy jy verveeld is en niks anders het om te lees nie. Die boek stel teleur, maar daar is erger boeke in omtrek. Troskie moet dalk eerder op Romans konsentreer.
Dit is dan my raad. Dalk kan Girl van die Suburbs, Toortsie en Seegogga verdere aanbevelings doen.
trotskie wil skok. Maar nes ‘nooit is n lang tyd’ vertel ‘die besoeker’ ook baie sonder om werklik iets te se. Amper gee ek nou n bree vertelling van die stront wat so geyk is. Maar ek leer eerder ena murray, enige een n tiende keer voordat ek weer anchien trotskie lees.
ek soek egter aanbevelings. Ek wil nou n sangoma word en wil darem so bietjie swot. Ek soek n Afrikaanse boek oor kruie en hul kullinere en medisinale gebruik. Ook fotos of illustrasies sodat ek nie verkeerde goed gebruik nie. Uit God se tuin / apteek of so iets het geen illustrasies of fotos nie.
😉 Onthou net om dan as ‘n tradisionele dokter te gaan registreer, hulle het dieselfde regte as mediese dokters.
Oppas vir Wikipedia, enige persoon kan daar inligting “edit”, maar daarby wil ek nie sê dat niks daar “waar” is nie. Wikipedia is nie meer dieselfde Wikipedia van 5/6 jaar terug nie. Ek het bv ‘n link wat na my blog deurgekom het en toe ek dit terugvolg soontoe, was dit oor Lee Mead en toe het “hulle” op Wikipedia gesê dat die link [my blog] sy offisiële site is! – net omdat ek sy foto op my “about” bladsy het en verduidelik waar my blognaam vandaan kom! – ek moes toe spesiaal registreer om daar vir die ouens te laat verstaan dat my blog-bladsy NIE die offisiële site is nie. – wys jou HOE lees mense! toe ek dit later weer check – na nog ‘n “referrer” wat deurgekom het, was dit terugverander…maar met so ‘n maand terug se “check”, het “hulle” dit toe reggestel -‘n soortegelyke geval met ‘n ander link op my blog. Ons waarsku hoërskoolkinders in skole ook om nie meer staat te maak op Wikipedia [alleenlik] nie, maar om inligting te verifieer. Vroeër kon jy staatmaak op Wikipedia, maar met so baie wat nou al inligting bywerk, moet jy maar verifieer voordat jy dit aanvaar.
‘n Vroeë druk van die Born Free boek het ek gelees toe ek op hoërskool was, my ma het dit in die huis gehad, maar moet erken dat ek geblaai-lees het en sal die boek weer moet lees. Ek was ook in St7 rond en nie op daardie stadium regtig ‘n leser van boeke nie, maar eerder die Kennisboeke gesit en lees. [stupid ekke]
Wikipedia het my al eier op die gesig besorg, maar ‘n mens sal dink ek het my les geleer. Maar nee – wikipedia is net so maklik om te gebruik. Ek het darem gewoonlik ‘n idee wat ek soek, maar wil myself net nagaan. 😉
Nikita – ek hoop jy beskou jouself getag. Jy ken verseker ook ‘n paar boeke wat die lees werd is.
Ek stem, Wikipedia is soveel makliker en gouer. Ek myself gaan ook daarheen as ek nie lus is vir iets beters nie. [lekker lui] Ongelukkig is ek tot die 17de bietjie te besig vir ‘n ordentlike inskrywing, daarom die link met ‘n aantal links na boeke op my blog. Sommige mag ‘n Engelse titel he, maar met Afrikaanse boeke. Ek weet daar is nog, bv die onlangse een van “Oi, get off my train” – Engels, maar so kostelik. Ek het voorheen heelwat oor boeke geblog, daarom die link [ek kan nie eers bekostig om hier te sit en tik nie, maar ek laaik van “kuier” 🙂 ]
http://bit.ly/boeke_bymy
Dankie, ek sal gaan loer.
Kyk nou net hoe opgewonde raak Anna omdat sy die land aan die praat gehad het… 😳 Wonder nou net hoe sy sal reageer as sy die deur oopmaak en daar staan ‘n vrou met ‘n skietding in die hand en se: “Dis ek, Anna!” 😉
😳 😳
Sien julle nou hoekom ek myself moet nagaan?
O ja, ek kan net dalk byvoeg dat ek tans die volgende lees – vakansies alleenlik! – “In Search of South Africa” – H V Morton [deur ‘n skaakspeler hier in die UK vir my gestuur!], Springboks on the Somme – Bill Nasson – South Africa in the Great War 1914-1918 [Skande!! dat ons nooit Poppie-dag in SA gevier het nie – nou nog nie] Die swye van Mario Salviati – Etienne van Heerden [deur ‘n blogger vir my gestuur] [weet nie of sy gaan omgee as ek haar naam noem nie, dus hou ek liewer terug – van die Kaap af al die pad vir my gepos!] Alles LEKKER leesstof en die moeite werd!
Ek dink nou sommer hardop.
Wat van ‘n WordPress boekklub. Dit is meer as wat een mens kan hanteer. Maar gestel daar is nou verskeie administrators. Wanneer hulle iets lees, kan hulle die resensie op die spesifieke blog plaas. Dan is alles bymekaar. Ons kan dit seker uitbrei na flieks toe as ons wil.
Sal daar ‘n belangstelling wees vir so iets? Wat dink julle boekwurms daarvan. Laat weet my wat julle dink en of jy graag so ‘n resesent sal wil wees. Ek dink amper ‘n blog kan tot 30 administrateurs he.
Dankie vir die moeite! Ek het nog geen van die boeke wat jy noem gelees nie en sal beslis probeer om hulle in die hande te kry,
Die boekklub klink na ‘n uitstekende idee. Ek sal glad nie omgee om deel te neem nie.
Ek dink jou boeke blog kan werk. dan het mens altyd ‘n verwysing, want soms kry ek eers oor ‘n jaar tyd om by die boeke uit te kom en dan kan ek nie altyd onthou wasar ek van die boek gelees het nie. Xena, jy is sommer aangestel as hoof-administrator!! laat waai, meraai
Kry eers nog ‘n paar ywerige lesers (onthou die mense hoef nie eers hulle eie blogs te hê nie) en ek maak die blog oop. Dit gaan nie help as dit net stof vergader en niemand tree op as resent nie. Almal moet saamspeel vir dit om te werk.
Ek sal ook graag deelneem.
http://toortsie.wordpress.com/2010/11/15/boeke-wat-ek-lees/
ek glo weer om solank jy ‘n idee het, te begin… dalk werk dit. en as dit nou dalk nie so goed werk nie, wat daarvan? Mens sal nie weet voor jy nie begin het nie. En jy kan mos in die “about” seksie skryf dat ENIGE IEMAND wat voel hy kan ‘n bydrae maak, vir jou kan kontak. al begin jy met 4 mense, is dit al ‘n groot genoeg begin. ongelukkig weet mens nooit voor die tyd hoe so iets gaan ontwikkel nie. en dan moet ons dit mos maar op ons eie blogs “adverteer” om dit bekend te kry.
Hoe haa! Hoe haa! Enigeiets vir afriekaans ne. Solank ons netaandag kry, en gesien word.
Party mense kan darem negatief wees. ai
Dankie XP!
Nogals wintie van my om huiswerk uit te deel sonder dat ek eers ‘n blog het, nê?
😉
Dankie vir jou inset.
Huiswerk gedoen!