Daar is mos deesdae ‘n nuwe spesiale sport. Kry ‘n baba en gooi hom / haar weg. Verskoon my, maar ek jok nou. Daar was die afgelope jaar dikwels berigte van babas wat oorsee weggegooi is. Ek onthou nou juis die geval van die vrou wat op die vliegtuig gekraam het en die baba probeer wegspoel het. Hoe op aarde kom niemand agter as iemand op ‘n vlug kraam nie.
Asof dit nie erg genoeg is nie. Daar word gereken dat vir elke een baba wat so gevind word, daar 50 is wat nooit gekry word nie. Dus 5o vrouens wat teel soos hase en van die onverwagte pakkie ontslae raak.
Ek kan dit bloot nie verstaan nie. Benewens van voorbehoedmiddels en selfs aborsies wat vrylik en in sekere gevalle gratis beskikbaar is, is daar geen rede hoekom jy ‘n kind wat jy nie wil hê ooit in die wêreld hoef te bring nie. (LW: Ek is geen voorstaander van aborsie nie). Daar is plekke en geleenthede waar jy jou baba kan laat aanneem. Vervlaks, jy kan selfs jou baba verkoop as dit daarop neerkom. Hoekom op aarde sal jy jou eie maaksel wil weggooi asof dit ‘n leë melkbottel of gebruikte toiletpapier is?
Weet die vrouens bloot nie van beter nie of probeer hulle een of ander stelling maak. Daar word verskonings gegee soos armoede en nageboorte depressie. Is dit aanvaarbare verskonings? Kan so iets geduld word? Kan ‘n vrou werklik vir 9 maande lank ‘n swangerskap wegsteek? Belangriker nog, hoe gaan die euwel stop gesit word?
Ek het al lankal gesê dat dit jammer is dat ‘n mens nie op een of ander manier geskik verklaar moet word voordat jy kan voortplant nie. Dit sal soveel onheile in die lewe uitvee.
Hoe voel julle? Kan julle dit verstaan? Kan julle empatie met die moeders wat babas weggooi toon?
Breinvasbrand: Watter Bybelse baba was tussen die riete weggesteek waar sy suster ‘n ogie kon hou?
Breinlosbrand: Olga was reg met 1919.
eerste!
Moses?
ek dink ek het dit al gese, maar kom ek se dit weer. Jy kan nie n baba net gaan registreer nie. Jy moet die baba fisies toon om dit te registreer. Rite.
Nou gaan jy volkswelsyn toe. Want jy het die beboorte sertifikaat. Rite.
Nou gaan doen jy aansoek vir n kinder toelaag. Nou het jy nie meer die baba nodig nie. Wat nou? Gooi die ou dingetjie weg. Volkswelsyn gaan nie volgende jaar se bring vir liefiediefie saam nie. Hul hou net aan betaal tot kindjie lindjie 18 is. Easy peasy.
Het jy geweet, oumense moet elke jaar gaan aanmeld en vingerafdrukke laat neem om te bewys hul is nog lewendig. As hulle nou dieselfde vereiste vir die kindertoelaag stel, gaan die ou weggooi babas skielik opdroog. Die Vader alleen weet weet watter gruwels gaan dan so n kindjie se lot wees.
Ek dink dit is die moeite werd om verdere ondersoek in te stel.
Ek wil nie eers hieraan dnk nie. Dit gaan my verstand te bowe, veral as jy ‘n scenario in ag neem soos wat Olga hierbo noem. Die hartseer gedeelte is dat daar dinge soos hierdie, verkragting en geweld is wat vir sekere mense aanvaarbaar is. Watse tipe mens moet jy wees? Is jy ooit werd om mens genoem te word?
Sjoe, dis ‘n eina ding die! Daar is soveel mense wat alles sou gee vir die kans om so ‘n kleinding in te neem en groot te maak.
more, more!
Die mensdom verstom elke dag my maar net . . . ek het lankal gedink hy kan nie laer daal nie. . . ek is weereend verkeerd gewees 😯
As jy hulle mense wil noem. Ek hou nogal van die term suurstofdiewe . . .
ek wonder soms hoeveel die mense weet… van blommetjies en bytjies. baie sien die dinge, maar besef hulle dit??? dalk weet hulle net van instink, maar niemand het ooit vir hulle van die gevolge vertel nie
Dan woon hulle wragtig waar in ‘n grot. Ek dink eerder dat dit mense is wat glo hulle is diere. Maar dan aan die ander kant – diere gooi ook nie sommer hulle kinders weg nie.
hulle weet van vroeg af waar die bytjies en die blommetjies vandaan kom toortsie. Hul lewens omstandighede in ag geneem, kan nie anders nie. Ma en pa / minnaar, sus en haar kerel, dalk in dieselfde vertrek. Wie weet, dalk is oupa en syne ook onder dieselfde dak.
ons kerk help n weeshuisie met sowat 60 kinders. Ek wil eerder niks verder se nie.