Makiti

12 11 2010

As ‘n mens op die N3 sien jy so ‘n snaakse plekkie tussen niks en nêrens.  Goed, tussen Villiers en Warden sal jou as reisiger seker beter help om die plek te vind.  Dit is sowat 34 km van Warden af.  As jy so ‘n nuuskierige siel soos die uwe is, is dit net daar waar jy die afrit neem om te gaan rondneus en spyt sal jy nie wees nie.

Ek is geen liefhebber van die Vrystaat nie.  Ek dink dit is ‘n vermorsing wat ‘n baie goeie binnelandse see kon gewees het.  As ek dus lofsgesange oor iets in die Vrystaan aanhef, dan moet julle weet dat dit die moeite werd is. 

Die plek het selfs oornagsfasiliteite en glo vir my dat dit glad nie vergesog is nie.  Daar is soveel interessante hoekies om te gaan krap, dat jy maklik van die see kan vergeet en eerder oorbly. Hulle spog met ‘n kunsgallery, ‘n restaurant, ‘n herdenking winkeltjie, ‘n tuisnywerheid en ‘n slaghuis.  Die mense is vriendelik en die pryse is billik. 

 Ons was op ‘n Sondagmiddag daar – net betyds vir hulle buffet.  Dit het voorgereg, hoofgereg en nagereg ingesluit.  Die hoofgereg het bestaan uit twee soorte vleis, twee slaaie, ‘n stysel en twee groentes.   Vingerleklekker.  Teen R55 per kop kan ‘n mens dit amper oorweeg om op ‘n Sondag deur te ry. 

Buitekant is genoeg om enige woelwater gelukkig te hou.  Plaas sonder om stadsjapies te intimideer.  Daar loop kalkoene, hoender en twee vet honder rond.  Daar is selfs ‘n emu in ‘n kampie.  Orals is daar vreemde, interessante voorwerpe neergesit om die verbeelding te prikkel. 

Die beste van alles is dat die mense nie omgee as jy hulle plek net geniet nie.  Die geldmaak deel is maar ‘n bysaak, wat ironies genoeg ‘n mens lus maak om te koop.

Volgende keer as jy verby jaag, doen jou self ‘n guns en stop ‘n bietjie.  Jy sal nie spyt wees nie.


Aksies

Information

7 responses

12 11 2010
demoerin

😳 Ek weet presies waar… volgende keer stop ek!

12 11 2010
Xena Phoenix

En as jy bloos?

Glo my, jy sal nie spyt wees nie.

12 11 2010
Selene Phoenix

Jy moet vir my wys waar!! Sal graag wil gaan… sien mens dit van die hoofweg af?

12 11 2010
Xena Phoenix

Ja, mens sien dit van die N3. Dit staan nogal uit. Vanaf Johannesburg is dit aan jou linkerkant.

12 11 2010
Selene Phoenix

Cool!!

Kan nou nie dink of ek dit al gesien het nie… wys jou ek slaap seker inni kar! Goeie ding ek bestuur nie!

12 11 2010
Xena Phoenix

Of jy het nie ‘n nuuskierige sel in jou liggaam nie.

12 11 2010
Wille Kjind q

Tjoh! Ek ry altyd donker nag na enige bestemming. Sal bietjie kyk

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: