Koerantbrokkies

12 11 2010

Kots waarskuwing:  Fikile Mbalula, nuwe minister van sport, wil wit rugby transformeer. Met Saterdag se wedstryd was daar 5 spelers van kleur op die veld gewees.  Mbalula wil met skole rugby begin omdat die kwotastelsel nie werk nie.  Hy wil glo sien dat wit skole teen townshipskole speel en ook LO terugbring skole toe.  Volgens Mbalula:  “Enige teenstander van transformasie is die vyand.”  Plaas vaardig hulle net ‘n wet uit dat wit mense nie aan SA sport mag deelneem nie en kry klaar.

Die man wat die Honda Civic bestuur het en die ongeluk met Baba Ruben veroorsaak het, het homself aan die polisie oorgegee.  Die 24 jarige man het nie eers ‘n bestuurslisensie nie.  Hy was glo geskok en het daarom van die toneel gevlug.  Hy het glo ‘n bus gevang en by ‘n vriend in die ooste van Pretoria gaan skuil.  Hy sal Maandag in die hof verskyn.

Dirk Prinsloo se appèl in Belo-Rusland is van die hand gewys. Daar is nog lande wat nie tyd het vir kaartmannetjies nie.  Hy sal sy vonnis van 13 jaar in  ’n strafkolonie in Belo-Rusland onder streng voorwaardes moet uitdien.  Die hof het ook gelas Prinsloo moet die koste van sy verhoor vergoed, ’n bedrag belasting aan die staat betaal en vergoeding van 5 miljoen roebel aan sy slagoffers betaal vir hul “morele en materiële skade” weens sy dade.

As iemand dalk omgee:  Koert en Dunay gaan nie voor hulle troue saam bly nie.  Hulle veroordeel glo nie mense wat dit wel doen nie, maar voel dat dit die regte ding is om te wag tot met die troue.

Verjaarsdae:  Prinses Grace; Benni McCarthy; Ryan Gosling en Anne Hathaway


Aksies

Information

4 responses

12 11 2010
Olga

aarde tog. Waar gaan dirk en cezanne die geld uitkrap om al die eise teen hul te betaal. Ek dink haar regskoste moes astronomies gewees het. Sy het oortree.

12 11 2010
demoerin

Shame, dis so edel van Koert. Veral dat hy almal daarvan wil vertel. Seker ook in volgende week se huilgenoot.

Ek hoop dirkie suffer, en wonder wat doen hulle in so ‘n strafkolonie. gaan gou google en kyk of ek iets vind.

12 11 2010
Olga

wat het nig google te se?

12 11 2010
demoerin

Kry niks oor wat hulle daar doen nie…. maar daar was al mense in daardie straf kolonies wat probeer selfmoord pleeg het. Klink vir my na net die plek vir dirkie.

Lewer kommentaar