Koerantbrokkies

11 11 2010

Nicole Lohmann (6) is deur haar tannie, Rene Pretorius, wat ‘n obsessie oor die kind gehad het, vermoor.  Nicole se ma wat Pretorius se suster en is sowat 4 jaar gelede dood.  Pretorius het daarna haarself om die lewe gebring.  Nicole se pa het eers geweier dat Nicole Saterdag saam met Pretorius gaan ná ’n geskiedenis van onmin tussen hulle en ’n obsessie wat Pretorius oor Nicole ontwikkel het.  Welsyn beamptes het hom aangeraai om die kind te laat gaan omdat sy en haar tannie ‘n band het.  Pretorius het vooraf haar diere uitgesit en R250 000 getrek.  Die geld is in koeverte by hulle lyke in ‘n hotel by Gold Reef City gevind.

Maggie Sotyu, adjunkminister van polisie, is ook maar lekker agter die klip.  Die saak wat sy aangehaal het oor blankes wat ligter strawwe kry, moet nog in die hof voorkom.  Die man is op R50oo borgtog uit – en hy het nie eers die werker aan die bakkie vasgemaak nie.  Dit skeel Sotyu maar min:  “Daar is talle, maar (ek) kan dit nie (nou) onthou nie. Dit kan nie betwis word nie: Dis ’n feit dat ons regstelsel nie getransformeer is nie.”  Sy soek ‘n swart regsbank en basta.

Markus Hofmeyr, hoof van veeartsenydienste van die Krugerwildtuin, het al gesien hoe word hy seekoeikos.  Hulle het ‘n verdowingsmiddel op seekoeie getoets die 13de Oktober.  Die seekoei was die 20ste een wat getoets het en daar was nooit voorheen probleme nie.  Dit is besonders moeilik om seekoeie te verdoof, want hulle hardloop by die water in en verdrink dan.  Die seekoei het dan ook in die vlak water sy bewussyn verloor.  Terwyl hulle aan hom gewerk het, het sy kop in die water gesak en het die seekoei vermoedelik water in sy neus gekry.  Dit het hom weer bygebring en toe breek die hel los.  Die seekoei moes op die einde geskiet word.  Die veeartse sal in die gevolg ook die diere se bekke toebind voor hulle aan hulle werk.

Verjaarsdae:  Rhodesia het in 1965 hulle onafhanklikheid aan Engeland verklaar.  Angola het in 1975 onafhanklik geword.  Magda Goebels; Demi Moore; Calista Flockhart en Leonardo DiCaprio.


Aksies

Information

4 responses

11 11 2010
Olga

was et se moordenaar, ja, MOORDENAAR nie uit op n skamele r5 000 borg nie?

11 11 2010
hx

Die lewe in Suid-Afrika is vreeslik. Almal gaan aan oor die wonderlike reënboognasie, maar meeste mense, wit en swart, koester nogsteeds haat.

11 11 2010
Xena Phoenix

Baie welkom, HX

11 11 2010
Olga

as die swartmense wie in die lokasies weggesmyt is beter kanse op n lewe gegun word, en die blankes nie elke dag in die swart bemagtiging en onterwing moet vaskyk nie, sal daar geen vyandigheid wees nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: